Die minister van gesondheid het intussen gesê die situasie reg oor die land word deurlopend gemonitor en dat dit sal bepaal of verdere beheermaatreëls of beperkings nodig is.
Alles vir Donderdag 17 Desember 2020
Luister: Griekwagebed – Dit gat goed
“Dit gat goed met dies wattie Jirre dien
en goeterse doen sos wattie Jirre vra.”
SA vrou in Ierland vas oor dwelms
Doeanebeamptes het haar voorgekeer en haar bagasie deursoek waarna op die dwelms beslag gelê is.
Boek: ‘Rooiborslaksman’ – Marinda van Zyl
“Soms moet die bloed maar vloei as jy self wil oorleef.”
Hond snuffel dwelms uit
Die planne van twee vermeende dwelmsmokkelaars om heroïen van meer as ’n miljoen rand na Griekeland te smokkel, is in die wiele gery toe die polisiehond Buddy snuf in die neus gekry het.
Vrystaat se Migael deel van Protea-groep
“Ons beywer ons om op ’n gereelde grondslag harde werk te beloon en hy het homself beslis bewys.”
Louiesenhof: Weduwee, nog 2 vra moontlik vandag borgtog
Zurenah Smit is vroeër vandeesweek in hegtenis geneem vir die moord op haar man op die Louiesenhof-wynlandgoed buite Stellenbosch verlede jaar.
Vandag se sportnuus
Frans Steyn sal Cheetahs se no. 10-trui teen Pumas dra.
Annelien se kombuis: Sjokoladekoek met stroop
’n Heerlike alles-in-een-koek wat gaste altyd na meer laat vra.
Luister: Pandemie is ’n oproep tot ’n gesonder leefstyl vir almal
Maroela Media het met Edmeades gesels om uit te vind wat sy benadering tot gesondheid en gesonde eetgewoontes is. Hy het wenke gegee oor hoe om jou verhouding met kos vandag nog te verander en ʼn gesonder lewe te begin lei.
Koppieteefontein: Kom ons wees dankbaar vir saamwees
As 2020 my iets kon leer, is dit die volgende: Saamwees is ’n voorreg. En soms kom dit saam met ’n bietjie stres, maar ons almal is net mense.
Tuinroete-strande: Regering vra nog tyd om te reageer
“Die feit dat die nasionale regering meer tyd gevra het om te antwoord op ons brief, waarin redes gevra word vir die besluit om die Tuinroete se strande te sluit, toon net dat daar geen redes was om mee te begin nie.”
Verbruikersake: Sou jy ’n bonus kry
Daar is vanjaar beslis minder verbruikers wat so gelukkig gaan wees om ’n bonus of dertiende tjek te kry ná ’n jaar waarin almal se finansies drasties geraak is deur Covid-19. Ina Opperman gee raad oor wat jy met jou bonus kan doen om die volgende jaar ’n bietjie makliker te maak.
Dood of besering van ’n kind by die skool. Wat sê die reg?
Is ouers egter geregtig op enige vergoeding vir emosionele skok wanneer sodanige ramp hulle tref? Lichel Helmchen van Akademia verduidelik wat die reg hieroor sê.
Cele, DA kap mekaar na Kampsbaai-voorval
Dit is Cele se optrede op Kampsbaai se strand wat die stad Kaapstad nou genoop het om ’n dringende aansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof te bring om ’n interdik te kry teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens.
Covid-19-statistieke: Meer as 10 000 nuwe gevalle
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand die jongste Covid-19-statistieke bekend gemaak.
Gedagte vir die dag: Stel jou tot sy beskikking
Maria sê toe: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” (Lukas 1:38)