Vier soldate, insluitend die twee vlieëniers, is oorlede.
Alles vir die maand Desember 2020
Strenger Covid-19-maatreëls dalk vanaand al aangekondig
Die verwagting is dat die president die land binnekort oor die nuwe besluite sal inlig – hetsy vanaand of later in die week.
Luister: Griekwagebed – Onse Vader
“Onse Vader wat innie jimmel in sit, ons wil nou vedag net vi U kom bid.”
Dié beeldhoutuin bring ons terug na die tuin wat ons verloor het
Dylan Lewis se beeldhoutuin op Mulberryplaas, buite Stellenbosch, is ’n plek van harde werk, maar ook ongelooflike vrede.
Resep: Franse roosterbrood met sjokoladegeur
Bederf jouself met hierdie heerlike Franse roosterbrood vir ontbyt!
SA boulers lewer ’n vuisvoos-vertoning op eerste dag
Die Proteas se boulaanval is weliswaar onervare – Lungi Ngidi, Anrich Norté, Lutho Sipamla en Wiaan Mulder het nog net in ’n handjievol toetse gespeel – maar dit het met tye gelyk asof ’n goeie hoërskoolkolwer hulle ook hoofbrekens sou gegee het.
Kragonderbrekings in KZN ná hewige storm
Verskeie dele van KwaZulu-Natal word deur kragonderbrekings geraak ná ʼn storm Eskom se infrastruktuur beskadig het.
Sewe sterf in brand by hospitaal
Minstens sewe Covid-19-pasiënte is Saterdag dood toe ʼn brand by ʼn hospitaal in Kaïro, Egipte, uitgebreek het.
Bedrywighede verskerp by Mount Ayliff
Die polisie het sy bedrywighede verskerp in Mount Ayliff in die Oos-Kaap ná agt persone op Kersdag dood is.
Opeenhoping by Beitbrug-grenspos is opgelos
Die departement van binnelandse sake het Sondag bevestig die opeenhoping by die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is opgelos.
Vier sterf op Piet Retief-pad
Vier persone is Saterdag in ʼn motorongeluk dood op die R543-pad naby Piet Retief in Mpumalanga, tussen Mkhondo en Mahamba.
Só lyk jongste Covid-19-statistieke
Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.
Gedagte vir die dag: Vrede
Soos die môreson sal Hy opgaan om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede. (Lukas 1:78-79)
Curriebeker: Bonuspuntsege vir die Streeptruie oor Griekwas
Die WP het ʼn bonuspuntesege behaal.
Laat daar hoop wees
Dit was die jaar wat my weer hoop gegee het vir die mensdom. As daar flieks gemaak word van die jaar 2020, laat hulle fokus hierop: die Liefde.
Brittanje, EU maak post-Brexit-ooreenkoms bekend
Brittanje en die Europese Unie het Saterdag die volledige teks van die post-Brexit-handelsooreenkoms gepubliseer wat die vennootskap uiteensit wanneer die Verenigde Koninkryk die blok oor vyf dae verlaat.
Pikkewyne wat mekaar ‘troos’ wen fotokompetisie
Die twee het albei hul maats verloor en ontmoet gereeld om mekaar te “troos”.
Proteas bal vuis teen rassisme
Die Suid-Afrikaanse krieketspan het Saterdag voor die aanvang van hul toets teen Sri Lanka by SuperSport Park in Centurion met hul vuiste om hoog gestaan, ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging.
Medelye betuig met afsterwe van NUM-hoof
Solidariteit voer aan hy het juis te midde van hierdie ongelooflik uitdagende jaar uitgestaan as ʼn leidende figuur vir veiligheid onder in Suid-Afrikaanse myne.
Video: Krokodil gryp jagluiperdwelpie
Beeldmateriaal uit Suid-Afrika van die oomblik waar ʼn jagluiperd skielik deur ʼn krokodil oorval en in die water ingesleep word, maak opslae op sosiale media.