Die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer het glo tenders van honderde miljoene rande aan konstruksiemaatskappye toegeken wat toe nooit in staat was om die projekte te voltooi nie.
Lees meerAlles vir Donderdag 19 Mei 2022
US se nuwe kanselier soek universiteit ‘sonder haat, vernedering’
Die Universiteit Stellenbosch se studenteraad (SR) het besluit om nie die inhuldiging van die nuwe kanselier by te woon nie, aangesien “daar soveel pyn op ons kampus is” weens die beweerde rasgedrewe voorvalle die afgelope tyd.
‘KZN kom weer op die been ná vloede’, sê premier
Hoewel die provinsie stadig maar seker weer op die been kom, gaan inwoners steeds gebuk onder die impak van die onlangse oorstromings, en die jongste weerwaarskuwing laat inwoners sidder om te dink dat nog verwoesting gesaai kan word.
Kyk: EFF ontwrig Tshwane-begrotingsrede
Weens die ontwrigtings kon die metro se begroting vir die komende boekjaar nie ter tafel gelê word nie.
Jansen van Vuuren is toerekeningsvatbaar – psigiater
Die verdediging het vroeër in die hof aangedui dat Jansen van Vuuren skuld ontken op grond van ’n diagnose van tydelike plofbare versteuring.
Eskom vandeesweek glo gesaboteer
Van die beweerde sabotasievoorvalle het plaasgevind terwyl die Tutuka-kragstasie in Mpumalanga besig was met voorbereidings om die opwekkingseenhede weer op dreef te kry.
ToekomsVenster: God se reddingsboei aan ons
Hy dwing dit egter op niemand af nie. Hy bied dit aan, sonder enige voorwaardes, geen spesifieke kwalifikasie word vooraf gevra nie. Net skuld en nogmaals skuld kwalifiseer jou vir die uitkoms.
Internasionale Museumdag gevier met skynoorlog
Die laserskietoorlog is egter slegs die kersie op die koek. Verskeie karakters in die geskiedenis was te siene op die monument se terrein, onder andere Paul Kruger, Jopie Fourie en Emily Hobhouse.
Dringende vergadering met minister versoek oor Taalmonument
“Dit is veral duidelik dat die minister van kuns, kultuur en sport geen snars verstaan van kuns, kultuur of sport nie en net nog ʼn kader is vir wie plek op die soustrein gekry moes word.”
Meeste jong SA’ners tot werkloosheid gedoem – verslag
“As jy al die jong mense wat werkloos is in ʼn ry laat staan – met elke persoon wat ʼn meter van die ander staan – sal die lyn van Kaapstad tot Kaïro in Egipte strek.”
Luister: Die era van die kind
Hoekom onderrig ons? Wat is die doel van onderwys en opleiding? Is dit om ʼn jong mens so vinnig as moontlik in ʼn beroep in te stoot? In hierdie episode gesels ons met prof. Danie Goosen, akademiese hoof van Akademia, oor hoekom jy leerders in verwondering moet laat oor die ware, die goeie en die skone.
Grootste rentekoersstyging in jare aangekondig
Die rentekoersstyging wat van môre van krag is, is die grootste verhoging sedert begin 2016.
Haai in Keurboomsrivier gewaar
Daar word vermoed dat die haai moontlik siek of gedisoriënteerd is.
Bulls jag goeie vertoning teen Ospreys
Die Verenigde Rugbykampioenskap mag dalk amper einde se kant toe staan, maar daar is steeds baie op die spel.
Cradock se naam verander dalk ook
Verskeie naamsveranderinge word weer in die Oos-Kaap beplan.
Gesteelde vee deur spanwerk opgespoor
Byna 20 beeste en bokke is binne twee dae in die Harrismith-omgewing gesteel.
Matie glo op kampus verkrag
Die beweerde oortreder, wat ook ʼn student aan die universiteit is, is reeds deur die polisie in hegtenis geneem.
Foto’s: Disney+ betower met magiese SA bekendstelling
Die skouspelagtige funksie is in eg-Disney-styl aangebied, volledig met glinsterende blou drankies, toweragtige virtuele toertjies en baie Mickey Muis-ore.
Skrywer wat blog oor moord, moor dalk self
Die skrywer was glo op die rand van bankrotskap, met verskeie lewenspolisse wat sou uitbetaal, sou haar man te sterwe kom.
‘Hersien wetgewing oor lisensies’
Die burgerregteorganisasie meen dis onregmatig om motoriste vir vervalde bestuurslisensiekaarte te straf, aangesien die wet nie bepaal dat lisensies kan verval nie.