As joernaliste verskoning móét vra, is dít hoe die verskoning sou lyk, skryf Alex Eliseev.
Alles deur die skrywer Ander skrywers
Refleksies oor die gebeure by die NWU
Annette Combrink meen die NWU is nou na tien jaar by ’n kruispad en moet aanpas, maar dit moet verkieslik gedoen word om die ideaal van die “nuwe universiteit” te realiseer. Om die huidige gebrekkige belyning reg te stel is daar nie ’n ontwrigtende bestuurstruktuurverandering nodig nie, maar huidige bestuurders moet hulle mandaat na behore uitvoer.
Waar is die basiese bestanddeel – voeding?
Suid-Afrika is die enigste land ter wêreld wat nog veralgemeen as dit kom by sportdiëte. Geen twee mense of spelers is geneties dieselfde nie.
In memoriam: Stephen Ellis
Dit is hoe ek hom sal onthou: die lang man met die helder oë, die forse en kritiese blik van ’n historikus, die energieke deelname aan besprekings. Hy het onverpoos gesoek na die historiese feite, maar selde sonder ’n kwinkslag iewers daarby.
FAK se teenvoeter vir wanvoorstellings van Afrikanergeskiedenis
Dawie du Plessis het ʼn verslag vir die FAK se NP van Wyk Louw-sentrum opgestel oor die “leuens, foute en wanvoorstellings” wat in die gr. 4 tot 12-kurrikulum oor die Afrikanergeskiedenis vervat is. Du Plessis het ʼn opsomming van die verslag verskaf en ook verduidelik wat lesers en die FAK tans doen om dit reg te stel.
Gluten-vry of nie?
Moet jy oorweeg of jou liggaam ’n probleem met graan kan hê? In my opinie moet enigiemand wat in hierdie era leef, dié vraag ten minste oorweeg.
Is daar ʼn toekoms in landbou?
Die toekoms van die landbousektor word gereeld gedebatteer op boeredae, algemene raadsvergaderings, in die media en ook die politieke arena.
Ons staan nie stil nie: ‘n Toekomsberaad
Wat nodig is, is mense wat nie stil is nie, maar doen. Hou dus hierdie en ander gespreksruimtes binne Solidariteit dop en sorg dat jy nie stilbly nie!
Kuberbedel: Moenie ’n slagoffer wees nie!
Deesdae het byna elke persoon toegang tot ’n selfoon of rekenaar en is kuberbedel iets wat maklik op ’n oneerlike en manipulerende manier aangewend kan word om goedhartige skenkers uit te buit.
Ope brief: Koester Afrikaanse skole; moet hulle nie kasty nie
“Mnr. Lesufi, u het ’n indrukwekkende “struggle-CV”, maar u gebrek aan opvoedkundige opleiding en kennis laat u beslis in die steek,” skryf dr. Danie Brink.
Tussenkerklike Raad: Ope brief aan die ANC
Wedersydse erkenning van basiese morele uitgangspunte is na ons mening noodsaaklik vir enige toekomstige gesprek tussen die ANC, kerke en burgerlike organisasies.
Hemelvaartdag – 14 Mei
Hemelvaart is ’n dag wat die deur na die toekoms oopmaak, want ons word verseker dat ons nie soos weeskinders in hierdie wêreld agtergelaat is nie.
Krisisberaad: Ons is hier om te bly omdat…
U sal met my saamstem dat ons wat vandag hier bymekaar is, ’n baie goeie verteenwoordigende steekproef van die Afrikaners van Suid-Afrika is. – Danie Brink
Strategieë belangrik om toekoms te verseker
Solidariteit het in samewerking met die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) se sentrum vir risiko-ontleding die rol van gemeenskapsorganisasies in ʼn verswakkende staat tydens ʼn ontbytgesprek bespreek.
Luister: Navorser bespreek Rhodes-monument geskiedenis
Anne Redelinghuys, ʼn omroeper van Radio Namakwaland in die Vredendal-omgewing, het met Hendrik van Zijl, ʼn navorser en bekende in die radiostasie se opvangsgebied, gesels oor die Rhodes-monument debakel.
Die wig en die wrok van standbeeldhelde
Die maatstaf waarvolgens bepaal word of iemand ‘n held is kan nie gemeet word op grond van jou eie oogpunt nie, maar slegs uit die van die gemeenskap aan wie daardie geskiedenis behoort, skryf Liza-Mari Oberholzer.
Suid-Afrika is ook ʼn standbeeld
Waarvan is Suid-Afrika ʼn standbeeld en vir hoe lank nog gaan ons dit wees…? vra Janco Jordaan, direkteur van studentelewe by die NWU se Potchefstroomkampus, na aanleiding van die huidige debat rondom standbeelde in die land.
Tuisonderrig van albei kante bekyk
Tuisonderrig is ʼn veelbesproke onderwerp met baie wat vir of teen hierdie manier van leer is, maar kenners is dit eens dat daar voor- én nadele aan tuisonderrig is.
Aarduur op 28 Maart 2015
Honderde miljoene mense wêreldwyd gaan gedurende Aarduur hulle ligte vir een uur afskakel om te wys hulle wil bydra om die aarde te beskerm.
Uit die Puk-rektor se kantoor: Ondersteuning en gebalanseerde, verantwoordelike debat oor die NWU se toekoms
Ek wil graag my dank uitspreek vir die volgehoue ondersteuning en gebede wat ek en die NWU se Potchefstroomkampus die afgelope tyd van personeel, studente, alumni, ouers en die groter publiek ontvang het.