Die huidige (Oktober 2015) mode is #…MustFall. #RhodesMustFall, #TotiusMustFall en #FeesMustFall. MustFall is die gonswoord van die huidige onrus by universiteite en ʼn uitdrukking van die afbrekendheid van massas wat baie wil hê, maar die telbord wys niks van opbou nie.
Alles deur die skrywer Ander skrywers
Wat veroorsaak leesprobleme?
Lees is koning in die klaskamer. Dit is onontbeerlik vir akademiese sukses, in die hier en nou, sowel as in die toekoms. Daarom is ʼn kind wat sukkel met lees, gewoonlik ʼn groot kopseer vir ʼn ouer. Behalwe vir negatiewe gevolge op akademiese vlak, kan leermislukking ʼn kind se hele persoonlikheid benadeel en daarom is dit belangrik dat ons erns maak van ʼn leesprobleem.
Staan op vir jou kerk, moenie die NG Kerk verlaat nie
Wat die Algemene Sinode van 2015 betref, is daar met groot teleurstelling kennis geneem van ingrypende besluite. Die bloot emosionele besluit van die Algemene Sinode vír gay huwelike wys dat die kerk toe nie bo die tydsgees kon uitstyg nie.
Lynsaad: Hoog in vesel en laag in koolhidrate
Lynsaad word al die afgelope 6 000 jaar geëet. Dit is klein, bruin- of goudkleurige saadjies wat die rykste plantaardige bron is van omega-3 vetsture in die wêreld!
Ekonomiese oorsig: VSA se bankkoers onveranderd en die impak op SA
Die VSA se Federale Reserweraad het besluit om die bankkoers onveranderd te laat. Die hoofrede is dat die inflasiekoers steeds laag bly en min tekens van versnelling toon.
Die Drawwer se Moses
In die Boesmanland beweeg min dinge vinnig. Dalk net die windpomp se wiel as die oostewind die dag opsteek, of miskien die dag as die springbokke dit in hulle kry om so aan die spring te raak, met die ruggies so sekelkrom getrek, die beentjies stokstyf en die pronkies wit teen die helder winterson. Dis al wat vinnig beweeg in die Boesmanland.
Naskokke van VSA se onveranderde rentekoers
Dit is baie duidelik dat die wêreld nie ekonomies gesond is nie, maar is dit so erg dat dit die Amerikaners se besluite sal beïnvloed, ten spyte van al die tekens binne die VSA wat aandui dat hul ekonomie mooi herstel het?
Oom Sopie en die kôktyl
Dit was maar ’n half aardige bedruktheid wat daardie Saterdagmiddag daar tussen ons kom nesskop het. Ons het gevoel ons oë het ons dalk bedrieg, maar ons het tog self gesién wat ons gesien het, en ons móés glo.
Is Suid-Afrika se grondwet voldoende vir sy diverse samelewing?
By die lees van die Keniaanse grondwet, wat sover min aandag geniet het in Suid-Afrika, val dit op dat die opstellers daarvan nie net heelwat oorgeneem het uit die Suid-Afrikaanse grondwet nie, maar baie verder gegaan het om aandag te gee aan die uitbreiding en verskansing van sekere regte en vryhede.
Ope brief aan President Jacob Zuma oor misdaad in Suid-Afrika
Ek is steeds ‘n trotse burger van Suid-Afrika en sal enigiets in my vermoë doen om ‘n verskil te maak. Ek vra net dat die eerste burger dieselfde doen. Mnr. die President, sal u vir ons opstaan?
Só sê FW De Klerk-stigting oor transformasie by universiteite
Die debat by Stellenbosch kan verrykende gevolge inhou vir die toekoms van Afrikaans-medium-skole – en vir die toekoms van enige openbare opleiding in Afrikaans, skryf die FW de Klerk-stigting.
Die wysheid tref oom Sopie
“Tja, dat die wysgeit ’n mens nou so op hierdie laat dae van jou lewe moet kom staan en tref.”
Die noodlot van die noodlot
Die internasionale pers het aan die begin van September foto’s van die heersende Europese vlugtelingkrisis wat merkbaar ontstellend is gepubliseer, veral die nou reeds bekende foto van die seuntjie wat dood lê op ʼn Turkse strand.
Open Stellenbosch, transformasie en die US
Die atmosfeer op die Matie-kampus kan met een woord beskryf word: elektries.
Waar kruip jy weg, Afrikanervrou?
Waar is jou “kaalvoet oor die Drakensberge”-geveg vandag? Daardie vroue se bloed druis ook deur jou are en dit maak dat jy wil DOEN. Nie vra nie, nie smeek nie, doen. Bou aan ons land, sodat ons iets vir ons kinders kan nalaat.
Ekonomiese oorsig: Die wêreld-ekonomieë voer ‘n opdraande stryd
Die wêreld-ekonomieё wil maar net nie behoorlik op dreef kom nie. Die een oomblik word die indruk geskep dat sake beter verloop, om dan maar weer met swakker nuus gevolg te word. Die nuus uit die VSA is beter, maar swakker vanuit China.
Opinie: Ondersteun jou span, maar…
Ons almal het grootgeword met sportliedjies waarmee ons nie net ons skole se atlete ondersteun het nie, maar ook vir die ander spanne gesê het wat ons van hulle dink.
Open Stellenbosch se propaganda
“Open Stellenbosch stel nie belang in samesprekings nie,” is die boodskap wat duidelik deur die groep se leiers oorgedra word.
Chia die supersaad
Daar is so baie redes om chiasaad te eet en daar is nie ʼn beter tyd as nou nie.
Plaasaanvalle: Slagoffers en hul menseregte
Dit wat ʼn slagoffer van ʼn plaasaanval moet deurgaan, kan nie opgesom word in een of twee paragrawe in ʼn ondersoek nie.