Stygende rentekoers laat jou dalk wonder of nou die tyd is om die rentekoers van jou huislening vas te maak. Oorweeg egter eers die opsies deeglik voor jy ʼn besluit neem.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
Nóg ʼn seisoen vir beleërde inmaakfabriek verseker
Die besluit om die Langeberg- en Ashton-fabriek se bedrywighede met nog ʼn seisoen te verleng, skep die ruimte vir ʼn konsortium wat die fabriek probeer red, om die finansiering daarvoor te bekom.
Talle kantore van inkomstediens gesluit oor staking
Die inkomstediens het belastingbetalers gevra om nie in hierdie stadium sy kantore te besoek nie en eerder van aanlyn dienste gebruik te maak.
‘Jammer, geen voertuiglisensies; die papier is op’
Die lisensiekantoor op Randfontein is gesluit omdat die munisipaliteit versuim het om die geld wat vir die uitreiking van voertuiglisensies ingevorder word, aan die departement van vervoer in Gauteng oor te betaal.
Phaahla ‘steek verslag oor Kubaanse program weg’
Die DA probeer vergeefs om ʼn verslag oor ʼn interne ondersoek na die verdwyning van studente se beurskontrakte in die hande te kry.
Polisiehoë sê Cele wou haar glo dood hê
“Ek vrees vir my lewe en vir my inkomste. Albei word bedreig omdat ek dit op myself geneem het om nie my besluite te laat beïnvloed nie en op my beginsels te staan.”
Standard Bank skort verpligte inenting op; talle egter reeds afgedank
Standard Bank het vandeesweek bevestig dat hy sy verpligte inentingsbeleid vir werkers opskort, maar daar is geen duidelikheid oor wat die besluit inhou vir die toekoms van minstens 40 werkers wat afgedank is omdat hulle hul nie teen die koronavirus laat inent het nie.
Vier wat glo mense smokkel bly agter tralies
Die pa en seuns van Suid-Afrika, sowel as die twee Mosambiekse broers, word daarvan beskuldig dat hulle mense onwettig die land ingebring het.
Polisiewaghond moet nog besluit oor Phala Phala-ondersoek
Die ATM het Opod gevra om onder andere die polisiehoof, genl. Fannie Masemola, sowel as sy voorganger, genl. Khehla Sitole, in verband met die beweerde diefstal op pres. Cyril Ramaphosa se wildplaas in Limpopo te ondersoek.
MTN se selfoonnetwerk (weer) voorloper
Volgens MyBroadband is MTN se voortgesette uitstekende vertoning hoofsaaklik te danke aan ʼn belegging van R50 miljard aan die netwerk die afgelope vyf jaar.
‘Stagflasie’ dalk SA ekonomie se voorland
Die skadelike driedubbele kombinasie van inflasie, hoë werkloosheid en stagnasie in BBP is die ergste scenario vir sentrale bankiers en wetgewers wat moet kies watter probleem om te beveg.
Staal jou vir nóg beurtkrag
Daar was Maandag steeds ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit, maar André de Ruyter, hoof van Eskom, beloof daar is lig aan die einde van die tonnel.
Regering ‘kan en wil’ beurtkrag beëindig
Ramaphosa sê ná meer as ʼn dekade van kragtekorte, kan Suid-Afrikaners met reg gefrustreerd en kwaad voel.
Foto’s: Tweede asem vir Mostert se Meul ná brand
Die ou meul was die laaste oorblywende meul in werkende toestand in Afrika en is meer as 200 jaar oud. Danksy die geesdrif van ʼn groep vrywilligers, word dit nou ná ʼn verwoestende brand tot sy volle glorie herstel.
Vonnis ‘skokkend onvanpas’ ná brandweerman kollega slaan
Duduzile Zuma, ʼn Johannesburgse brandbestryder, is in 2018 deur ʼn kollega aangerand. Sy stry sedertdien ʼn opdraande stryd om geregtigheid.
Betogings in Mpumalanga ‘saboteer’ ekonomie
“Ons land steier nog van die verwoestende pandemie wat baie mense werkloos gelaat het. Enigiemand wie se optrede die ekonomie saboteer, moet streng vasgevat word.”
Regering ‘kies’ om SA in duisternis te dompel
Solidariteit meen die oplossing vir die kragkrisis lê op die dak van elke huis, winkelsentrum of skool.
Tshwane vereffen Eskom-rekening
Die metroraad sê hy hoop nou dat Eskom die inwoners van Tshwane van “konstante en betroubare krag” kan voorsien.
Waarnemende OB stuit Mkhwebane se appèlaansoek
Die waarnemende OB sê in ʼn brief dat die regsfirma wat die aansoek namens Mkhwebane ingedien het, dit nie in opdrag van die OB se kantoor gedoen het nie.
Private verskaffers kan ‘kragrevolusie’ veroorsaak
“Die nuwe elektrisiteitsektor kan duisende nuwe werksgeleenthede direk en miljoene geleenthede indirek skep.”