Veel minder retoriek en baie meer inhoud sal van pres. Cyril Ramaphosa verwag word wanneer hy vanmiddag tydens ʼn gesamentlike sitting van die parlement sy repliek lewer op die debat oor sy staatsrede.
Alles deur die skrywer Jan-Jan Joubert
EFF stap uit toe Gordhan praat
Die laaste skof van Dinsdag se marathondebat oor die staatsrede het op dramatiese wyse begin toe die EFF uitgestap het uit protes teen die spreekbeurt van die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan.
Buthelezi vra Ramaphosa: Waar sal die geld vandaan kom?
“Waar is die geld vir al die drome? Ons moet geld leen net om te oorleef.”
Vonke spat in debat oor staatsrede
Dr. Pieter Groenewald van die VF Plus het onder meer gepraat oor plaasmoorde, en gevra waarom ’n kommissie om moskee-aanvalle te ondersoek aangestel is, maar nie een oor plaasmoorde nie.
Druk laai op in DA oor Van Damme
Druk is in die DA aan die oplaai dat optrede moet volg oor die jongste voorbeeld van ʼn omstredenheid op sosiale media waarby ʼn DA-parlementslid betrokke is.
Openbare beskermer nou in ANC se visier
Die huidige onmin tussen die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, en pres. Cyril Ramaphosa, kan die doodsklok vir haar ampsposisie lui as gerugte in die wandelgange van die parlement waar is.
ANC, IVP en DA wen groot in tussenverkiesings
Die ANC, die IVP en die DA het landswyd groot oorwinnings in vandeesweek se munisipale tussenverkiesings behaal.
Cyril se superstad en droom van 2 miljoen werkgeleenthede
Pres. Cyril Ramaphosa het ‘n droom dat 2 miljoen werkgeleenthede binne die volgende tien jaar en ‘n hele nuwe superstad in Suid-Afrika gaan verrys – en hy wil hê Suid-Afrikaners moet saam met hom daaraan bou.
Hoogwaardigheidsbekleërs begin aankom vir staatsrede
Hoogwaardigheidsbekleërs, uitgevat in wat elkeen as ʼn gepaste en stylvolle uitrusting beskou, het by die parlement in Kaapstad begin aankom vir vanaand se staatsrede deur pres. Cyril Ramaphosa.
Inkatha-LP waarskynlik volgende Skoor-voorsitter
Goed ingeligte bronne het aan Maroela Media gesê die posisie is aangebied aan dié LP.
Breinknoper: Hoe groot was die Ramaphosa-faktor in die verkiesing?
Om te probeer vasstel hoe groot die Ramaphoria/Ramaphosa-faktor in verlede maand se verkiesing was, en hoeveel stemme die president dus van opposisiepartye weggeneem het, is ‘n moeilike en dalk onmoontlike breinknoper, maar kom ons probeer – as die begin van ‘n gesprek, skryf Jan-Jan Joubert.
Verskeie omstrede persone as komiteevoorsitters aangestel
Verskeie omstrede persone is deur die ANC genomineer om portefeuljekomitees in die parlement te lei. Twee sleutelaanstellings is nog nie gedoen nie.
Hiér is opposisieleiers se verwagtings van staatsrede
Wat veiligheid betref het Maimane gesê plaasmoorde moet dringend tot prioriteitsmisdaad verklaar word, terwyl Groenewald veral wil hê die gewoonte om wit mense te blameer vir alles wat verkeerd loop, moet duidelik deur Ramaphosa veroordeel word.
Stryd in ANC vertraag werksaamhede in parlement
Binnegevegte in die ANC vertraag tans die aanstelling van parlementêre portefeuljekomitee-voorsitters en as sulks die behoorlike funksionering van die parlement.
Beleggings van R6 miljard wyl Tshwane-koalisie wankel
Beleggings van sowat R6 miljard in twee motorfabrieke in Pretoria is Dinsdag deur die burgemeester van die Tshwane-metro, Stevens Mokgalapa, aangekondig terwyl die DA-geleide koalisie in die land se hoofstad wankel.
Video: Vuisgeveg ontsier EFF-hoofkantoor
Die land se derde grootste politieke party, die EFF, is al weer in die nuus oor geweld en vuisgevegte – en hierdie keer slaan hulle mekaar.
Inkatha vat ANC-wyk af in tussenverkiesing
Die Inkatha Vryheidsparty het ‘n ANC-wyk, wat die duikoord St Lucia insluit, net-net in ‘n naelbytstryd by die ANC afgeneem nadat die DA nie ‘n kandidaat gestel het nie.
Parlement gereed as EFF Cyril wil ontwrig
Die parlement is voorbereid op die moontlikheid dat die staatsrede volgende week deur die EFF ontwrig kan word, en sal streng volgens die reëls optree indien so iets gebeur.
Parlementslede dié week touwys gemaak
Só ʼn induksie is baie nodig, want die parlement is ʼn ingewikkelde plek vol reëls en gebruike wat verstaan en eerbiedig moet word as die instelling – die hart van die land se demokrasie – behoorlik wil funksioneer.
Parlement se komiteevoorsitters binne dae bekend
Komiteevoorsitters is baie belangrike rolspelers, want hulle bepaal watter wetgewing en watter onderwerpe deur die parlement hanteer word.