Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het haar gedistansieer van die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, se stellings teen Afrikaans as onderrigtaal, en ʼn sterk pleidooi vir moedertaalonderrig gelewer.
Alles deur die skrywer Jan-Jan Joubert
Druk laai op om ambassadeur te herroep
Koloane was destyds Suid-Afrika se hoof van protokol en dit is hy wat aangedring het dat die vliegtuig daar land, al was dit onwettig.
Stryd tussen Gordhan en OB raak vuil
Die stryd tussen die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, en die Openbare Beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane, ontwikkel in ʼn vuil oorlog wat minstens een, en miskien albei van hulle, hul pos gaan kos.
Nasionale Gesondheidsversekering beslis op pad
Wat vandag duidelik was, is dat die minister haastig is om met die stelsel te begin, of daar genoeg geld daarvoor is of nie.
Getal treinpassasiers daal dramaties
Passasiers wat van Suid-Afrikaanse treine gebruik maak, is besig om teen ʼn verstommende spoed te verminder.
EFF-LP’s met geweld uit Gordhan-debat verwyder
Dit is die eerste keer dat so iets in die Suid-Afrikaanse parlement gebeur.
Struktuur van brandstofprys gaan hersien word
Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, het Donderdagmiddag in sy begrotingsrede gesê die struktuur van die brandstofprys gaan ondersoek word om dit dalk anders saam te stel.
VF Plus neem DA-wyk af in Stilfontein
Die VF Plus het vir die eerste keer in agt jaar ’n wyksraadslid tot ’n stadsraad verkies gekry toe die party wyk 30 in die Matlosana-munisipaliteit in Noordwes by die DA afgeneem het.
Drie ringkoppe moet e-tol-debakel oplos
Met Mbalula nou ook op die taakspan, hel die waarskynlike uitslag van die gebeure oor daarna dat die stelsel wél geskrap gaan word. Mbalula het reeds verklaar dat hy wéét mense wil daarvan ontslae raak.
Minister skilder rooskleurige prentjie oor mynbou-toekoms
In ʼn belangwekkende aankondiging het hy gesê daar word goed gevorder met boorgate in die omgewing van Beaufort-Wes om vas te stel hoe die grondwaterreserwes van die Karoo inmekaar steek.
Minister wil met onteiening op Kaapstad fokus
“Ek is so bly die parlement het uiteindelik ’n punt bereik waar ons grond kan onteien, en ek wil graag die voortou neem.”
Eerste groot oorsigvergadering toon verskille tussen ANC en opposisie
Die eerste vergadering van die parlement se belangrikste oorsigkomitee, onder leiding van die nuwe voorsitter, het vanoggend belangrike verskille in die benadering van die ANC en die opposisie tot die kwessies voor die komitee geopenbaar.
Syfers van politieke asielsoekers bekend gemaak
Die omvang van die getal buitelanders wat in Suid-Afrika wettig om politieke asiel aansoek doen, is bekend gemaak.
Nuwe wetgewing op pad teen plastiekafval
Sy het daarop gewys dat navorsing deur die Wêreld Ekonomiese Forum en die Ellen McArthur-stigting bevind het daar kan teen 2050 meer plastiek as vis in die see wees as huidige tendense nie stopgesit word nie.
Só vorder sport met kwota-teikens
Krieket, rugby en netbal vorder die vinnigste met rastransformasie, maar roei, rolbal, jukskei, swem, tennis en hokkie sukkel.
Nasionale Vergadering wys lede van regterlike dienskommissie aan
Die Nasionale Vergadering het die Suid-Afrikaanse parlement se verteenwoordigers in ʼn verskeidenheid plaaslike en internasionale liggame aangewys.
13 uit 18 skoon munisipale oudits onder DA-beheer
Boonop word die ouditeur-generaal se opdragte ter verbetering van gedrag aan munisipaliteite willens en wetens geïgnoreer.
ANC neem Wes-Kaapse munisipaliteit oor
Die Cederberg-munisipaliteit in die Wes-Kaap is in omstrede omstandighede deur die ANC oorgeneem nadat die DA-speaker van die raad, Bertie Zass, in ʼn verrassende en klaarblyklik onregmatige stap ʼn mosie van wantroue in sy DA-kollegas laat dien het, toe bedank en hom by die ANC aangesluit het.
SA feitesending na Maputo oor skietery op Mosambiekse grens
ʼn Feitesending met verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is na die Mosambiekse hoofstad Maputo gestuur nadat twee Mosambiekse polisielede deur Suid-Afrikaanse weermaglede doodgeskiet is in ʼn skermutseling op die grens van Mosambiek en KwaZulu-Natal.
Ramaphosa praat bietjie oor misdaad en grond
Oor grond het hy gesê herverdeling is noodsaaklik.