ʼn Man wat skuldig bevind is aan Anni Dewani se moord, se aansoek om mediese parool is afgekeur.
Alles deur die skrywer Sapa
Foto’s: Prins George se eerste verjaarsdag
Prins George van Engeland vier Dinsdag sy eerste verjaarsdag en sy ouers het ʼn boodskap van waardering vir al die goeie wense met nuwe foto’s van George vrygestel.
Nkandla-ondersoek duur voort
Die presidensie het Dinsdag gesê die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek oor die president se privaatwoning by Nkandla duur voort.
Foto’s en video: Skokgranate op EFF-lede gevuur
Die polisie het Dinsdag met ʼn skokgranaat op lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) losgebrand toe hulle die gebou van die provinsiale wetgewer in Johannesburg wou betree.
Hof bekyk weer PTA-tiener se wrede moord
Die Pretoria-Noord-landdroshof het gelas dat ʼn geregtelike ondersoek gedoen moet word ná die gru-moord op Anika Smit, die 17-jarige skoolmeisie van Pretoria wie se hande afgesny is nadat sy in 2010 verkrag en vermoor is, het Beeld Dinsdag berig.
Ses mans vas vir tiener se moord
Ses mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn tienerseun Maandag by ʼn kroeg in die Oos-Kaap.
EFF ruk op na Gauteng-wetgewer oor rooi oorpakke
Daar is ʼn sterk polisieteenwoordigheid by die Gautengse wetgewer in Johannesburg se middestad nadat ʼn groot groep ondersteuners van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) daarheen opgeruk het.
Man se liggaam in stormwatersloot gevind
ʼn Man se liggaam is Dinsdag in ʼn stormwatersloot in Kaapstad opgespoor.
Noodsaaklike mediese toerusting gaar stof op
Die departement van gesondheid sal ondersoek by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein in die Vrystaat instel nadat noodsaaklike mediese toerusting en verbruikersgoedere in ʼn stoorkamer by die hospitaal gevind is.
E-tol-vervolging vir eers gestaak
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gaan gehoor gee aan Dipuo Peters, minister van vervoer, se versoek dat die vervolging van motoriste wat nie e-tolrekeninge betaal nie, vir eers gestaak word.
Vier sterf na bus in skare inploeg
Vier mense is Maandagmiddag dood nadat ‘n bus buite beheer geraak en in ‘n skare in Randburg ingeploeg het.
Selebi se regskostes moet nog bepaal word
Die proses om vas te stel hoeveel Jackie Selebi, veroordeelde oudpolisiehoof, die belastingbetaler in regskostes skuld is in ‘n “gevorderde stadium”.
R10 m. se kontrak om drie skootrekenaars te vind
Die staat se inligtingstegnologie-agentskap (Sita) het glo ‘n tender van R10 miljoen aan Mzwandile Petros, voormalige Gautengse polisiehoof, se maatskappy toegeken om drie gesteelde skootrekenaars te vind, berig die Sunday Times.
Ouers in hof ná hulle baba in kar los
Die egpaar wat Saterdag in hegtenis geneem is nadat hulle hul twee maande oue babaseuntjie in ‘n geparkeerde motor by ‘n winkelsentrum gelos het, het Maandag in die Tzaneen-landdroshof verskyn.
Op parool verkrag en moor hy glo
‘n Veroordeelde verkragter wat op parool was, is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 14-jarige meisie verkrag en vermoor het.
JacarandaFM beboet oor hoendergesprek
Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) het JacarandaFM beboet oor aanmerkings wat ʼn aanbieder oor ʼn voorval van bestialiteit gemaak het.
11 in hof vir groot renosterstroopsaak
Elf mense, waaronder twee veeartse en drie professionele jagters, het Maandag vlugtig in die Pretoriase hooggeregshof verskyn op aanklagte wat verband hou met renosterstropery, onwettige jag en afpersing.
Zuma-broerskind stel groot grondeis in
‘n Broerskind van president Jacob Zuma het ʼn groot grondeis ingestel wat meer as 60 plase in die Impendle-gebied in die KwaZulu-Natalse Midlands raak, het The Citizen Maandag berig.
Egpaar vas ná hulle baba in kar los
‘n Egpaar van Tzaneen in Limpopo is in hegtenis geneem nadat hulle hul twee maande oue baba in ‘n geparkeerde motor by ‘n winkelsentrum gelos het terwyl hulle gaan inkopies doen het.
Oscar glo kort ná skietery by partytjie
Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius het glo minder as twee maande nadat hy Reeva Steenkamp doodgeskiet het, partytjie gehou, het die Sunday Times berig.