In die vyfde episode van Onder die Bome, ʼn podsending-gebaseerde reeks wat handel oor filosofie, vra podsender Daniel du Plessis en Hercules Boshoff van die Chairefoon-inisiatief wat is reg en geregtigheid?
Verbruikersake: Al die selfoonregulasies
Die eindgebruiker en intekenaarsregulasies wat deur die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) ingestel is, is deesdae weer groot nuus nadat die regulasies oor data-oordrag verander is. Ina Opperman het weer die regulasies van nader beskou en verduidelik hoe dit jou regte beskerm.
Lesersbrief: Bevryding van die ANC en sy kamerade: Die ‘Parallel Polis’
Die idee agter Handves 77 en Parallel Polis is om totaal onafhanklik van die regering te raak, en dit is waarna Suid-Afrikaners moet strewe. Die minderheid het sekere magte wat ons moet aanwend om die behoud van ons werk, regte, kultuur en leefruimte te verseker.
Inklusiewe onderwys in Suid-Afrika: Is daar hoop?
Ben het ’n ernstige gehoorverlies in albei sy ore. Sal Ben ooit kan hoor? Sal hy kan praat? Sal hy na ’n gewone skool toe kan gaan? Die laaste vraag is seker een van die vrae waarmee meeste mediese persone deur ouers van kinders met spesiale behoeftes gekonfronteer word. Die antwoord op hierdie vraag is nie so eenvoudig nie.
Nóg hier, nóg DA
Die probleem is dat die DA totaal en al versuim het om ernstige en sinvolle aandag te gee aan die kwessies van absolute gelykheid, geregtigheid en regverdigheid, wat sentraal staan tot byna alle konflik in ons land, skryf Monica Mynhardt. Eerder as om met politieke integriteit ʼn ideologiese posisie in te neem, het hulle gepoog om almal gelukkig te hou, meen sy.
Hooftrekke uit die 2019-begroting
Na ons mening sê die syfers basies dat die ANC, selfs onder sy nuwe leierskap, dit klaarblyklik onmoontlik vind om die regering na enige ware en broodnodige hervorming van sy finansies te stuur. Dit is die kruks van die saak oor die 2019-begroting.
Ewie Cronje – Onbesonge held en mentor van vele
Ek sal Ewie Cronje altyd onthou as die toonbeeld van toewyding aan sport, wat sy alles gegee het vir sportmanne en -vroue en wat elke individu met wie hy te doen gekry het, se lewe onherroeplik geraak het.
Podlitiek: Kampus-kommer, DA se ‘ANC-manifes’ en Kodwa-klagtes
Daniël du Plessis, Paul Maritz en Daniel Eloff kyk hierdie week na die ontwrigtings op ons kampusse, die DA se 2019-verkiesingsmanifes en die beskuldigings teen die ANC-woordvoerder Zizi Kodwa.
Vuilspel met Trump-verkiesingsveldtog
In ’n neutedop is dít hoe die Binnekring (Deep State) in die magtigste demokrasie in die Westerse wêreld sake doen, skryf Rhoda Kadalie.
‘Army’-storietjies
“… maar die hoogste rang in ʼn roof se gedagtegange was dié van ʼn korporaal,” skryf Koos Greeff.
Lesersbrief: Berader-leraar praat oor Bultfontein se boere
“Weet jy,” vra ’n boer, “weet jy hoe dit voel wanneer ’n plaas wat al ses geslagte in die familie is, by jóú eindig?”
Westerse lande verloorders in konflik tussen Rusland en VSA
Dit is in almal se belang dat Amerika sy verhouding met Rusland normaliseer.
Van paaie gepraat (of geskryf)
Die reëls wat op die skryfwyse van straatname in Afrikaans van toepassing is, is so ‘n bietjie verstrooi, selfs in die AWS, en dit is dalk nuttig om dit in een dokument byderhand te hou.
Chris Chameleon: Moses (deel 2)
Moses was vir die eerste drie dae in ons huis ʼn stil katjie. Nie dat hy wou wees nie – hy het gereeld probeer miaau, maar ʼn sagte, skor fluistering was al wat hy kon baasraak…
Vyfduisend kilometer – met ʼn kano
Nou hoe beland hierdie stukkie Oos-Duitse geskiedenis in my Suid-Afrikaanse huis, mag julle vra. Eenvoudig.
VSA en Noord-Korea praat dalk verby mekaar oor kernwapens
Kim Jong-oen, Noord-Korea se leier, was met die skrywe hiervan nog op ’n sestien uur lange treinreis deur China op pad na Viëtnam, waar hy Woensdag en Donderdag in Hanoi met president Donald Trump van Amerika samesprekings gaan voer oor ’n kernwapenvrye Koreaanse skiereiland.
Wreedheid is aansteeklik
Niks goeds kan uit haatspraak kom nie.
Kan die ANC sy beleid fundamenteel verander?
Suid-Afrika hóéf geen mislukte staat te word nie. Maar dan sal die ANC sommige van die belangrikste aspekte van sy benadering drasties moet verander. Miskien kan ’n taamlike skok by die stembus help om hom wakker te skud, skryf Leopold Scholtz.
Mboweni se balanseertoertjie
Dat Mboweni die probleem van die oneffektiewe staatsdiens wat die begroting dreineer, pak, en dat hy die vermindering van poste en die vermindering van voordele in vooruitsig stel, is uiters noodsaaklik, maar ook besonder dapper in ’n verkiesingsjaar.
Nie ʼn woord oor OSV by grondkonferensie
Presies hoe gebeur dit dat ’n konferensie oor grondhervorming op dié tydstip kan plaasvind sonder enige werklike bespreking van OSV?