“As Amsa ernstig is om die Suid-Afrikaanse staalbedryf te red, moet die vervaardiger moeilike operasionele besluite neem terwyl so ʼn reddingspoging indrukwekkende beleidsbesluite van die regering sal vereis.”
Ongerymdhede by EOH oopgevlek
Die maatskappy het te midde van die aankondiging ook bekend gemaak dat drie van sy direkteure bedank het.
Plaaslike entrepreneurs wil laerskoolleerders inspireer
Albei hierdie inspirerende individue gaan ook vanjaar as beoordelaars vir AfriVriendelik en AfriForum Onderwys se Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie vir laerskoolleerders optree.
Kganyago versterk Reserwebank-bastion
“Met ons regering wat sy finansies soos ʼn peuter in ʼn lekkergoedwinkel bestuur, kan Suid-Afrika net baat by die sterk en stabiele hand wat Kganyago oor die land se monetêre beleid hou.”
Finansiële welstand: Basiese spaarwenke vir Spaarmaand
Julie is bekend as Spaarmaand in Suid-Afrika. Wanneer ’n mens doelbewus op die uitkyk is vir moontlike geleenthede om te spaar, raak dit makliker. Dit is nie altyd nodig om te soek vir groot besparings nie.
Ramos op interim direksie van OBK aangestel
Tito Mboweni, minister van finansies, het ná konsultasie met die kabinet ʼn interim direksie by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) aangestel.
Minister skilder rooskleurige prentjie oor mynbou-toekoms
In ʼn belangwekkende aankondiging het hy gesê daar word goed gevorder met boorgate in die omgewing van Beaufort-Wes om vas te stel hoe die grondwaterreserwes van die Karoo inmekaar steek.
Forex-kursusse: ʼn Beginnersgids tot verhandeling
Forex-verhandeling is die koop en verkoop van geldeenhede met die doel om ʼn wins te maak. Hierdie kursus leer jou alles wat jy moet weet.
Só eis jy van die Padongelukkefonds
Hier is ‘n stap-vir-stapgids hoe jy van die Padongelukkefonds (POF) kan eis.
Luister in 3 minute: Nuwe belasting vir munisipaliteite en vryer handel in Afrika
Gerhard van Onselen bespreek die finansiële en fiskale kommissie se voorstelle vir munisipale belastings. Hy neem ook die tekort aan verpleegpersoneel in Suid-Afrika onder die loep en gesels oor die Afrika-vryehandelsooreenkoms wat Nigerië onlangs onderteken het.
Stappe vir Afrika-vryhandelsgebied verwelkom
“Die AfCFTA is ’n belowende ontwikkeling, want dit is daarop gemik om die ekonomie te bevorder deur regeringsbeperkings te verwyder – al moes daardie beperkings in die eerste plek nooit daar gewees het nie.”
Inflasie en die prysstyging van water en elektrisiteit se invloed
Sulke prysstygings sal beslis vervaardigers wat hoogs afhanklik is van water en elektrisiteit, as produksie-insette onder druk plaas.
Verbruikersake: Voertuigopsporing, maar jou motor is steeds weg?
Baie verskeringsmaatskappye vereis dat verbruikers, wat hul motors verseker, ’n satellietopsporingstelsel laat installeer om te verseker die motor word gevind as dit gesteel word. Ina Opperman gee raad oor hoe om jouself te beskerm wanneer jy hierdie soort ooreenkoms sluit.
Rand staan sterker
Die rand het vroeër Donderdag weer suksesvol deur die R14-vlak teenoor die Amerikaanse dollar gebreek.Dit is die plaaslike geldeenheid se beste vertoning sedert die einde van April teen die dollar.
Verbruikersake: Hof verlig verbruikers se kredietpyn
Verbruikers wat jare lank ontevrede was met hul banke, wat geld wat hulle byvoorbeeld op hul kredietkaartrekeninge geskuld het, summier van hul tjek- of spaarrekening afgetrek en oorbetaal het sonder hul toestemming, hoef nie meer daaroor bekommerd te wees nie. Ina Opperman vertel meer.
Verbruikersake: Vermy die pyne van direkte bemarking
Ina Opperman verduidelik wat jou regte oor direkte bemarking is.
Swangerskap of mediese fonds – watter een eerste?
Swangerskap en geboorte kan een van die wonderlikste ervarings van jou lewe wees. Dit kan ook een van die duurstes wees. Voordat jy dus aan gepaste name begin dink, maak seker dat jy ’n lid van ‘n mediese skema in Suid-Afrika is.
Luister in 3 minute: Raswette in die appèlhof, ouditverslag en lae sake-siklus
In vandeesweek se aflewering van 3 sake, 3 minute bespreek Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, dié organisasie se regsaak in die hoogste appèlhof oor ras-wette.
Nico Bezuidenhout terug as hoof van Mango
Bezuidenhout het in 2016 by Mango bedank om by Fastjet aan te sluit.
ʼn Kat in die eiendomshoenderhok
Die eiendomsagentskapbedryf is in rep en roer oor ʼn bevinding van die hooggeregshof in Bloemfontein dat ʼn agentskap in die stad nie wettig bedryf is nie omdat nuwe waarborgfondssertifikate nie uitgereik is toe dit verander is van ʼn beslote korporasie na ʼn maatskappy nie.