“Ek het na haar toe gestap en op my knieë geval en al wat ek kon doen was glimlag.”
Kaapse ouma (80) en haar Tazz op pad terug van Londen
Die 80-jarige Kaapstadse ouma wat die lang pad tussen die Kaap en Kaïro voorheen in haar 20 jaar oue Toyota Tazz aangepak het, het nou in dié einste motortjie weer van die Kaap tot in Londen gery – en nou sy is reeds weer op pad terug huis toe.
Mej. Doof stap 70 km in ysige koue om baba te help
“Aan die einde van die dag is die gemeenskappe van die dorpie baie klein; elkeen het maar ʼn behoefte om te help waar hy of sy kan. En dit was groot pret: Die temperatuur was by tye op vriespunt gewees, maar dit is iets wat hulle vir altyd sal onthou.”
Foto’s: Gemeenskap help motorwagte met hul droomtroudag
“Die dankbaarheid wat uit dié twee mense kom kan amper nie in woorde beskryf word nie.”
Pta-meisie ontslaan ná maande in hospitaal
Byna vier en ʼn half maande gelede is die 10-jarige Divenette Streicher van Pretoria op ʼn bed in ʼn hospitaal ingestoot waar sy om haar lewe geveg het. Vrydag, nadat sy byna 22 kg verloor het, kon sy op haar eie uitstap en uiteindelik huis toe gaan.
Matriekvraestelle binnekort beskikbaar op jou foon
“Met dié groen lig wil die iPass-span daarin probeer slaag om hoop te bring vir talle leerders wat droom om geleenthede te verkry deur goeie punte op hul matrieksertifikaat.”
Comrades-medalje vir chirurg wat sy lewe red
“Toe ons hom ná die fratsongeluk behandel het, het ek met Danie gepraat en vir hom gesê: ‘Jy is nou op die herstelpad en ek wil vir jou ʼn uitdaging gee: Ek daag jou uit om weer die Comrades-marathon te hardloop.’ En hy het my ernstig opgeneem.”
Klein kankerlyertjie verower landwyd harte
“Hy het gegaan van vel-en-been tot my klein pokkeltjie. En ons sou dit glad nie anders wou hê nie; ons soek net ʼn gesonde en gelukkige klein seuntjie.”
Die verhaal van die blinde motorfietsryer
Ek stap oor na iemand wat daar rondstaan en vra vir Jason. “Jason help net gou die blinde ryer,” antwoord die vreemdeling. “Die wat?” vra ek verbaas. In die koue het ek seker nie reg gehoor nie. “Jacob. Die blinde ryer. Hulle help hom net gou om op die baan te kom.”
Busdrywer geloof vir goeie daad
Sharon vertel haar man was aanvanklik ontsteld en omgekrap oor die voorval. Hierop het die busbestuurder tergend gesê: “Ja, ek het hulle huwelik gered.”
Hartontvanger al 25 jaar lank ‘dankbaar vir elke ekstra dag’
Ná ʼn uitgerekte stryd oor dekades heen met swak gesondheid, sewe hartaanvalle en ʼn verhuising na ʼn nuwe provinsie om nader aan die hospitaal te wees, het die lewensveranderende oproep uiteindelik gekom – ʼn skenker vir ʼn hart is gekry.
Pippie kry spesiale ‘maat’ kort ná verjaardag
“Dit was liefde met die eerste oogopslag! Hulle is mal oor mekaar!”
Grootste onderwysbeurs in SA bekendgestel
Een van die grootste onderwysbeurse vir opleiding in die private hoër onderwys is Dinsdag in Pretoria bekendgestel.
Akademia gaan referate by internasionale konferensie lewer
Vyf akademici van die privaat hoëronderwysinstelling, Akademia, is genooi om voorleggings by ʼn konferensie aan te bied, wat handel oor die verbetering van universiteitsonderrig in Port Macquarie in Australië.
Hoe om beter te wees – in alles!
Daarom sê ons by Solidariteit Jeug #WeesBeter: ja, beter as ander aansoekers, beter as die wette en regulasies wat jou terughou. Bowenal, wees môre beter as wat jy vandag is!
Vir Vadersdag: Koop vir jou ’n storie
En so, terwyl my kind ver in ’n ander land is, dink ek aan Paulus se raad oor die tyd. Hy sê ons moet dit uitkoop. Koop die tyd. Dit kom nie verniet nie. Doen die moeite. Jou lewe is herinneringe saam met hulle vir wie jy lief is. Koop vir jou stories. Koop vir jou geluk. Dis verniet. Maar baie duur.
Koben: ‘Julle het sy bloedklont weggebid!’
“Die Here het ons kind vir ons teruggegee. Daar is ander ouers wat enigiets sou gee om net weer hul kinders se stemme te hoor. Ons gaan nie werk met hoe hy was en hom heeltyd vergelyk met hoe hy was nie, ons gaan vorentoe kyk.”
‘Kokkedoor’-man bak vir ʼn vale melkterte vir sy seun
Hy bak tussen 40 en 60 melkterte per dag vir sy seun.
Video: Vrou wil ‘uit hospitaal stap’ ná ongeluk op dam
“Ek vertrou op die Here, hy sou nie hierdie kind so ver gebring het net om haar nou te los nie. God het ʼn plan met haar lewe, ek is oortuig daarvan.”
Vrou ná 13 jaar met familie herenig danksy weldoener
Daar was iets omtrent haar wat Anton nuuskierig gelaat het: haar storie was nóg soortgelyk nóg verskillend aan dié van duisende ander op Suid-Afrikaanse strate; daar was iets aan haar verhaal wat hom bygebly het.