“Met hierdie fees wil ons die land se groot aanbod van boeke vir jong lesers vier, skrywers en illustreerders vereer, en lees en geletterdheid in die kollig plaas.”
Geniet ‘Die Gelofte’ nou nog langer
“Ons is nie daarop uit om net ’n vertoning aan mense te gee nie. Ons bied ’n ervaring.”
Nuwe teeltrop wildehonde vir Mabula
Met minder as 650 Afrika-wildehonde wat tans in Suid-Afrika oor is, dra hierdie nuwe teeltrop by tot die langtermynbewaring van wildehonde in die land.
Skool verras personeel met vliegtuigrit
“Dit was ʼn ongelooflike belewenis. Die personeel se individuele terugvoering het my hoendervleis gegee.”
Sewe dekades vir twee formidabele vroue
Maryke Roberts gesels met Antoinette Kellermann oor die toneelstuk “Die oerkluts kwyt” én oudword.
LLB-program nou voltyds op Akademia-kampus aangebied
“Om die regswêreld te betree is ʼn groot besluit, maar indien dit jou roeping is, sal hierdie beroep jou grootste verwagtinge oortref.”
Uitdagings, oorwinnings van verpleegsters gevier
“Daar is nie ’n sterker mens as ’n verpleegster nie. Sy is sterk genoeg om enigiets te kan hanteer, maar ook sag genoeg om enigiemand te kan ondersteun.”
David Kramer skryf liedjie vir donkies
“Dit het by my opgekom dat Eseltjiesrus vir ʼn mishandelde donkie soos die hemel moet lyk.”
‘Het van Verlangekraal’ nou op RSG
Van Nierop sê tong in die kies dit was “een e-pos te veel” wat hom laat besluit het om weer lewe in dié verhaal te blaas.
Maroela is op soek na ʼn senior datakoördineerder
Is jy ʼn dinamiese persoon wat graag deel wil word van Maroela Media se voltydse span? Ons is op soek na ʼn senior datakoördineerder wat die organisasie se data kan bestuur, organiseer en analiseer.
ANC gedwing om Afrikaans, Khoi en Santale as inheems te erken
Sodra die nodige wysigings aangebring is, sal Afrikaans, Khoi- en Santale wetlik beskerm wees teen enige pogings om hulle te ontneem van die hulpbronne wat toegeken word om inheemse tale te beskerm en ontwikkel, insluitend aan ons universiteite.
Grootste ossewa-trektog in 34 jaar
Meer as 180 jaar na die Groot Trek het inwoners van die Vrystaat Saterdag weer 16 ossewaens op hul eie groot trek gesien.
Uit die swart van rou spruit ʼn Engelprojek
“Ons hou elke jaar engelpartytjies op jou geboortedag. So maak ons ʼn verskil in ander mense se lewens deur jou.”
Klink ’n glasie sauvignon blanc
Danksy sauvignon blanc-wyn se skerp en verfrissende suurheid, sowel as natuurlike aromatiese intensiteit, is dit een van die gewildste witwyne wêreldwyd.
Delheim se Wilde Sampioen-snuffeltog is terug
Of jy lus is vir (padda)-wales of net uit jou gemak(stoel) wil opstaan, is dit jou kans om in ʼn wonderwêreld in die Delheim-woud te ontsnap.
Klein Leah ‘besige bytjie’ ses jaar ná operasie
Ses jaar ná Leah-Marie van der Riet as baba ʼn baanbreker-operasie ondergaan het om vir haar ʼn borsbeen te bou, is sy blakend gesond en lief vir die lewe.
Luister: Bekendes en hul kroos vier Moedersdag
“Ek glo die Heilige Gees fluister wysheid vir ’n ma. Ek dink die Here stel ma’s in staat om jou kind groot te maak, Hy ken hulle beter as wat ons doen.”
Gehoor word deel van laer in ‘Die Gelofte’
Die Gelofte skop vanaand, 6 Mei, in die AfriForum Teater in Pretoria af, en vertel die eeue-oue, dog soms vergete, verhaal van die mans en vroue wat dikwels die duurste prys moes betaal om te kon bly staan op hul stukkie aarde.
Plak ons pleisters of maak ons gemeenskappe gesond?
Kom kyk saam met ons met nuwe oë na die opbou en herstel van ons gemeenskappe.
Moedersdag – ʼn Pa se ode aan alle mammas
Het jy geweet ’n ma kan enigiets doen? Ma’s kan om hoeke sien, hulle kan kinders deur dik mure hoor, en hulle kan selfs hulle kinders se stiltes vertolk asof dit ’n ten volle ontwikkelde taal is …