“Baie van ons dink ons moet ʼn hospitaal bou om ʼn verskil te kan maak, maar die verskil maak begin die oomblik wanneer iemand iets uitkies wat vir iemand anders die wêreld kan beteken.”
Uitwerking van inperkingtrauma steeds tasbaar in klaskamers
’n Volwassene wat ’n kind met trauma na die speelterrein toe stuur wanneer hulle daaroor probeer gesels, veroorsaak ongetwyfeld dat ’n stuk vrymoedigheid verlore gaan.
Wat is belangriker as toetspunte?
Ek is onlangs tot stilstand geroep met die besef dat mooi prestasies wel vir ons kinders baie deure oopmaak, maar dit is net karakter wat daardie deure oop hóú. Ek moes myself afvra: Het ons die afgelope vier jaar belê in die ontwikkeling van ons kinders se karakter?
Tegnologie móét en kan geleidelik in enige klaskamer geïntegreer word
Onderwyskenners meen die integrasie van tegnologie in die klaskamer gaan ʼn groot kopskuif verg en hoef nie noodwendig oornag of met die jongste en duurste tegnologie te gebeur nie.
Digitale intelligensie kernbelangrik vir gesonde sosialemediagebruik
Volgens Dean McCoubrey van MySociaLifeSA moet volwassenes juis self digitale platforms gebruik en tot ʼn mate infiltreer om te verstaan wat die werklike gevare en uitdagings daarop is.
Kenners bekyk sukses, toekoms van Afrikaanse onderwys
“Die ondersteuning van die gemeenskap en ouers moenie gering geskat, of as vanselfsprekend aanvaar word nie.”
Bela-wet in kollig by eerste dag van onderwyskongres
“Ons werk om die toekoms van Afrikaanse onderwys te verseker, deur dit in stand te hou én nuut te bou, waar nodig.”
Lego: 90 jaar van boupret
Lego, die wêreld se grootste en sekerlik bekendste speelgoedvervaardiger, vier vanjaar nie net sy 90ste bestaansjaar nie, maar spog met blink verkoopsyfers, bokse vol uitbreidingsplanne en verskeie nuwe produkte.
Om net kind te wees
Swaarkry is sinoniem met baie mense se alledaagse bestaan. So ʼn geval is dié van Riana*, ’n saggeaarde tog gedrewe tienermeisie wie se grootste droom is om net haar skoolloopbaan te voltooi.
Nuwe Struisbaai-skool die ‘toekoms van opleiding in SA’
“As elke dorp ʼn soortgelyke skool het, kan ʼn dorp sy eie gemeenskap bemagtig om selfvoorsienend eerder as afhanklik wees.”
Gesonde gesinne die boustene van gesonde samelewing
Met Vadersdag wat Sondag gevier word, het Maroela Media met verskeie leiers in die Solidariteit Beweging gesels oor die lekkerste dele en grootste lesse van vaderskap.
Hofstryd om doodgebore babas: ‘Nou kan ouers kies’
Sonja Smith, die dryfveer agter die nieregeringsorganisasie Voice of the Unborn Baby, sê die uitspraak gee aan ouers ʼn keuse wat hul jare lank ontneem is – en kan bedroefde ouers help om ʼn mate van afsluiting te kry.
Doen-dit-self: Maak ʼn plantjie-platbord vir Vadersdag
Gee jou kreatiwiteit vrye teuels hierdie Vadersdag en gee vir jou pa ʼn unieke geskenk om te wys jy gee om.
Luister: Plaaslik geanker, maar vir die hele wêreld toegerus
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesels in hierdie episode oor die groter prentjie van ons skole se kultuur.
Dís dalk hoekom ma’s moor
Kenners wys daarop dat daar dikwels ’n aanloop tot die moord is – verskeie faktore wat eindelik ’n ma oor die randjie stoot.
Luister: Ouers, spruite gaande oor bekkige Lingi-beer
“Ek het gedink as dit ʼn verskil in een kind se lewe kan maak, sal ek tevrede wees.”
Bou aan jou kind se waardes
Ouers én onderwysers sal doelbewus daarop moet konsentreer om die waardes van verantwoordelikheid en hardwerkendheid by kinders te vestig, want sonder ʼn ruggraat is swaarkry hulle voorland.
Webinaar bekyk jongste tendense in die aanlyn leefwêreld van kinders
“Nou meer as ooit moet ons as ouers, ons blindekol konfronteer wanneer dit by ons eie kinders kom en besef ons kinders is betrokke in ʼn wêreld waar pornografie oral beskikbaar is en sekskletse modieus is.”
Só kan agterstand in skole gepak word
Navorsers het ʼn aantal planne voorgestel om Suid-Afrikaanse skole in geheel te hervorm om by die ongekende tye weens die Covid-19-pandemie aan te pas.
Covid-pandemie gooi skadu oor kinders se geestesgesondheid
Slegs 10% van kinders en adolessente wat behandeling vir geestesgesondheidsprobleme benodig, het toegang daartoe.