“Gestel een hen lê vyf of ses eiers per week, dan onderproduseer die plaaslike mark soveel as 45 miljoen eiers per week. Tog word daar aan die publiek vertel dat daar niks is om te vrees nie.”
Aardverwarming: ‘Afrika-veeboere is nie sondaars’
“Ons is baie bekommerd oor die gesprekke wat oor die wêreld heen gevoer word oor die vervanging van diereproteïen met plantproteïen.”
Moontlike uitbreking van bek-en-klouseer in Noordwes aangekondig
“Epidemiologiese ondersoeke is aan die gang om die teenwoordigheid of afwesigheid van virus-sirkulasie te bevestig.”
SA se eerste sojabone na China
Die transaksie strook ook perfek met die doelwitte van die landbou-en-agro-verwerkingsmeesterplan (Aamp) en die verbintenisse wat onlangs by die BRICS-beraad aangegaan is, het Didiza gesê.
Uiterste klimaat pootjie Italianers se olyfoes
Die verlaging in produksie het egter nie net Sabina geraak nie. Die meeste van die sentrale en noordelike streke van Italië se produksie het afgeneem – die wêreld se naasgrootste produsent van olyfolie.
Meeste oppervlaktes neem toe in eerste oesskatting
Grondbone is die groot uitblinker met ʼn verwagte toename van 36%.
Duisende rande se vee terug danksy private ondersoekers
Vrystaat Landbou (VL) het vroeër vanjaar in samewerking met die LGV-veiligheidsmaatskappy ʼn projek geloods wat boeregemeenskappe en die landbousektor bystaan in sake waar vee gebuit is.
Geen hoendervleistekorte in feesseisoen verwag
“Die noukeurige biosekerheidsprotokolle en moniteringsprogramme wat die boere geïmplementeer het, was deurslaggewend.”
Kuilvoerkompetisie meer as net toekennings
Ernstige kuilvoermakers het die strawwe, mededingende kant van die bedryf gewys toe hulle vanjaar vir die tiende Santam Landbou- nasionale kuilvoerkompetisie ingeskryf het. Dit word deur Plaas Media aangebied.
‘Dood, vermink, verskroei’; boer vertel van veldbrand
“Doef. Doef. Doef. Klein kalfies, groot kalfies, jong koeie, ou koeie. Op ’n plek lê ’n kalfie reg langs haar mamma. Dit lyk of die koei haar onder haar wou wegsteek vir die vlammehel. Al twee is saam hemel toe …”
Interkulturele projek bevorder landbou-selfstandigheid
“Wanneer ons sulke hulp ontvang, sal ons in die toekoms op ons eie voete kan staan.”
Sonneblom allermins ʼn afskeepgewas
Sonneblom se aanpasbaarheid by verskillende omgewingstoestande word toegeskryf aan sy vermoë om droogtetoestande beter te hanteer en sal voordelig wees tydens die El Niño-weerpatroon.
Help Philippolis-brandslagoffers só
Volgens ʼn jarelange inwoner van Philippolis is hierdie die ergste brand in die geskiedenis van die gemeenskap.
‘Te min’ veeartse om uitbrekings te pak
Dit is kommerwekkend dat ʼn uitbreking van voëlgriep en hemorragiese haassiekte Suid-Afrika in die gesig staar met beperkte veeartse beskikbaar om te help.
Sitruskwekers vra minister moet Transnet-herstel in begroting prioritiseer
Spoorwegdienste bied geweldige voordele aan sitrusprodusente om hul gesogte produkte na hawens te vervoer.
Begroting: Minister moet verhoging in suikertaks omkeer
Suid-Afrikaanse suikerrietkwekers waarsku dat werksverliese weens die sogenaamde suikerbelasting allermins “teoreties” is. Dit kan die doodskoot vir duisende werkgeleenthede in veral die landelike gebiede van Mpumalanga en KwaZulu-Natal wees.
‘Heroorweeg minimumloon’ – arbeidskenner
“Daar is baie ideologiese probleme in hierdie land. Ons land word deur kommuniste en vakbonde in die drieparty-alliansie bestuur wat op die minimumloon volgens wetgewing staatmaak.”
‘Karoolam’ geniet nou beskermde status
Dit beteken produsente wat hul lamsvleis voortaan as Karoolam wil bemark, sal bewys moet kan lewer dat die vleis aan ʼn spesifieke stel reëls voldoen en veral uit ʼn spesifieke geografiese gebied afkomstig is.
Kleingraan is Graan SA-wenner se passie
Graan SA se boer van die jaar hou sy familie se naam hoog op hul plaas in die Wes-Kaap en plant kleingraan – al sê die omgewingskenners ook wat.
Hulp vir pluimveebedryf dalk gou op pad
Vroeër vandeesweek nog het amptenare van die departement oproepe om steun verwerp – van onder meer die DA en die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) – en aangevoer dat die departement nie die hulpbronne het om te help nie en ook onder geen verpligting is om enige vergoedingsteun te lewer nie.