Shaik is gevra om eerder die direkteur-generaal by te staan met die belegging in en befondsing van waterinfrastruktuur.
Malema jammer oor vrou slaan-opmerking
“Ek moes nie tot dieselfde vlak gedaal het as die ANC nie.”
Beurtkrag wel die naweek ingestel
Fase 2-beurtkrag is nodig om die noodreserwes aan te vul vir die week wat voorlê.
Solidariteit wil dringend oor Vergoedingsfonds vergader
Solidariteit wil dringend met die arbeidsminister vergader om die gebrek aan dienslewering by die Vergoedingsfonds te bespreek.
Lesotho se eerste minister van moord beskuldig
Thomas Thabane, Lesotho se eerste minister, sal aangekla word van die moord op sy vervreemde vrou, Lipolelo, in Junie 2017.
Twee vas ná moord op Amerikaner
Twee persone is in hegtenis geneem in verband met die moord op Michael Clifford Edwards, ʼn Amerikaner wat in Januarie tydens ʼn kapingspoging in Midrand doodgeskiet is.
Vrou by ANC-tussenverkiesing doodgeskiet
ʼn 31-jarige vrou is Woensdagaand doodgeskiet tydens ʼn tussenverkiesing-vergadering van die ANC in die Rust-ter-Vaal-gemeenskapsaal buite Vereeniging.
Nadoodse ondersoek afgehandel ná kind by skoolkoshuis verdrink
Die nadoodse ondersoek is voltooi ná die verdrinking van Keamogetswe Seboko, ʼn graad 7-leerder aan die Laerskool Bekker.
Die wêreld in foto’s – 20 Februarie 2020
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
AgriSA waarsku teen vervaardiging van hennep, cannabis
Die kommersiële vervaardiging van dié produkte kan veroorsaak dat die vervaardiging van handelsprodukte vir voedselsekerheid afgeskeep word.
Ontkenning van apartheid as misdaad ‘hoogverraad’ – Ramaphosa
“Daar was destyds nie ’n enkele persoon wat nié deur apartheid geraak is nie.”
Roerende tonele buite vermoorde Tazné se huis
Pangaker verskyn weer môre in die hof en sal nou ook op ʼn aanklag van moord tereg staan.
3 nog soek ná aanval op bejaarde egpaar
Die Hattingh-egpaar is met elektriese koord vasgebind.
Opname: SA nie voorbereid vir kubermisdaad
Die meerderheid aanlyn gebruikers in dié lande is besorg oor kubermisdaad.
Sakeliga in hof oor rassekwotas
Dít nadat ʼn swart vroue-advokaat weens ʼn kwotastelsel nié ʼn spesifieke pos kan beklee nie.
Hof beveel departement om oorbevolkte klasse te pak
Leerders by dié skole kan kwalik hoor wat onderwysers sê en dis bykans onmoontlik om iets in die volgepakte klaskamers geskryf te kry.
Kind skuil in klaskamer ná ouma hom glo aanrand
Die seuntjie het verskeie kneusplekke aan sy lyfie gehad en onbeheerbaar gehuil en gebewe.
Honderde voorstelle ingedien om kragnood vinnig te verlig
“Onbetroubare elektrisiteitsvoorsiening is die grootste bedreiging vir ekonomiese groei, werkskepping en ontwikkeling.”
Internasionale uitgewersreus neem Lapa onder sy vlerk
Penguin Random House Suid-Afrika, ’n afdeling van die internasionale uitgewersreus Penguin Random House, het pas aangekondig dat hy Lapa Uitgewers by die ATKV gekoop het.
‘Sussex Royal’ dalk binnekort nie meer so koninklik
Dié handelsmerk is waarskynlik van die baan nadat Harry en Meghan besluit het om van die Britse koninklike familie weg te breek.