Geboue se dakke het afgewaai, bome is ontwortel, informele behuising is verwoes, spoorweë is beskadig en paaie is gesluit nadat ʼn erge storm die Wes-Kaap omstreeks 23:00 Dinsdag getref het.
Groot hartseer vir Adam
Terwyl die Afrikaanse sanger Adam Barnard die afgelope paar maande teen neuropatie-sindroom veg, is hy Dinsdag deur ʼn groot tragedie getref.
SA resessie: Gigaba wil met sakeleiers vergader
Die nasionale tesourie het Dinsdag gesê Malusi Gigaba, minister van finansies, sal met sakeleiers vergader om strategieë te bedink om die ekonomiese resessie teen te werk.
Wes-Kaapse universiteite sluit ook
Teen Woensdagoggend het mense reeds foto’s op sosiale media gedeel van bome wat ontwortel is, paaie wat versper is en vloede wat plek-plek voorgekom het. Metrorail-treindienste tussen Wellington en Bellville is ook opgeskort.
Klasaksie teen die GEPF dan aangehoor
Solidariteit doen aansoek om namens meer as 1,2 miljoen staatsamptenare te kan optree om die GEPF gevolglik verantwoordbaar te hou vir die eensydige wysigings wat aan die formule aangebring is.
ANC raadsheer met spesiale verlof ná verkragtingsklag
“Ons het hom nie geskors nie, maar op spesiale verlof gesit. Hy sal ook nie ʼn interne dissiplinêre verhoor kry nie.”
Hertzogville se water ook veilig
Hertzogville se watergehalte is onlangs getoets.
Lyk sedert Desember in lykshuis, polisie vra hulp
Die polisie in die Vrystaat is op soek na die familie van ’n vermoorde man, asook die verdagtes wat verantwoordelik is vir sy dood. Die man se lyk is op 20 Desember 2016 by ’n gholfklub gevind.
Man vas vir 5-jarige se moord
Dit kom ná Minentle Lekhatha se liggaam Sondag in die Strand gevind is.
Pta-gruvonds: Liggame uitgeken
Die drie mense wie se verkoolde liggame Maandagoggend in ʼn veld buite ʼn spog gholflandgoed in Pretoria gevind is, is deur hul familielede uitgeken.
Hoërskoolleerder geskors oor ‘k-woord’
ʼn Leerder van ʼn bekende meisieskool in KwaZulu-Natal is geskors nadat sy na bewering die k-woord in ʼn selfoonstemboodskap gebruik het.
Befondsing van politieke partye ondersoek
ʼn Ad hoc-komitee sal saamgestel word om die befondsing van politieke partye wat in nasionale en provinsiale wetgewers verteenwoordig word te ondersoek.
Wes-Kaapse storm: Skole gesluit
Die Wes-Kaapse departement van onderwys het gesê hy moes die “ongekende besluit” neem ná ʼn vergadering met die nasionale weerdiens en provinsiale rampbestuur.
Bekende drawwer sterf in tref-en-trap
ʼn Bekende Kaapstadse drawwer is in die vroeë oggendure dood ná ʼn tref-en-trap-ongeluk in Belvedere-weg in Claremont.
Verkoolde lyk in kattebak gevind
ʼn Saak van moord word ondersoek nadat ʼn verkoolde lyk Maandag in die kattebak van ʼn uitgebrande motor in Oos-Londen gevind is.
Suid-Afrika nou in resessie
Suid-Afrika is in ʼn resessie nadat die bruto binnelandse produk (BBP) vir twee agtereenvolgende kwartale ingekrimp het.
[Foto’s] Nege sterf in gru-botsing
Nege mense is Dinsdagoggend in ʼn gru-botsing in Limpopo dood.
Staalaanleg staan op uit die stof
Highveld Steel in Witbank (Emalahleni) skakel vandag vir die eerste keer sedert die enorme afleggingtragedie in 2015 ʼn gedeelte van die aanleg aan.
Pta-man glo weer slagoffer van sekswerkers
Die Pretoriase polisie ondersoek twee sake van motordiefstal nadat ʼn jong man van die stad glo in twee afsonderlike voorvalle deur sekswerkers besteel is.
Vrou kraam op stasie toe hospitale haar glo weier
ʼn Vrou het geboorte geskenk op die vloer van Park-stasie in Johannesburg nadat twee hospitale haar glo weggewys het.