Die verdedigende wêreldkampioen het sy plek van sesde na eerste in die Belgiese Grand Prix oopgeveg.
Lara vierde ná Ruta wêreldrekord laat spat
Lara van Niekerk moes met ʼn vierde plek in die eindronde van die 50 m-borsslagitem ná Ruta Meilutyte, Lilly King en Benedetta Pilato tevrede wees.
Wêreldbeker-netbaltoernooi: Proteas storm voort
Die Proteas het Saterdag in Kaapstad in die Wêreldbeker-netbaltoernooi met ʼn kliniese vertoning voortgebeur toe hulle Sri Lanka met 87-32 uit hul pad gevee het.
‘Dit beteken ongelooflik baie vir my’
Ine-Marí Venter is as die speler van die wedstryd in die Proteas se openingswedstryd van die Wêreldbeker-toernooi teen Wallis aangewys nadat sy soos ʼn wafferse ballerina in die doelsirkel rondgedans het.
Foto’s: Wêreldbeker-netbaltoernooi skop sierlik af
Die Suid-Afrikaanse vlag het in al sy glorie gewapper tydens die skouspelagtige openingseremonie van die Wêreldbeker-netbaltoernooi.
Proteas gee hul alles teen Wallis
Die Proteas het hul openingswedstryd van die Wêreldbeker-netbaltoernooi gewen en mensig; dit was omtrent vir jou ʼn partytjie in Kaapstad.
Schoenmaker hou by haar goue lees
Tatjana Schoenmaker is ʼn wêreldkampioen nadat sy sopas die eindstryd van die 200 m-borsslagitem in Japan gewen het.
Nog Kampioenskap-glorie wink vir Tatjana
Tatjana Schoenmaker swem vandag om 13:49 in die eindstryd van die 200 m-borsslagitem in Japan.
Banyana wag steeds vir eerste Wêreldbeker-sege
Suid-Afrika het vandag in Dunedin ʼn voorsprong van 2-0 in hul Wêreldbeker-wedstryd teen Argentinië weggesmyt.
Roger, Rafa nie eens beste van eie era – Connors
“Iemand het op Twitter ʼn foto van ʼn 50-jarige Novak Djokovic gedeel waarin hy steeds besig is om ʼn wennerstoespraak op Wimbledon se hoofbaan te gee. Ek was mal daaroor.”
Proteas moet WB op hoë noot teen Wallis begin
Die twee lande was al drie keer vantevore by die Wêreldbeker-skouspel slaags en die Suid-Afrikaners het nie net ʼn spul doele aangeteken nie, maar hulle was ook nog nie aan die verloorkant nie.
Lloyd ryg weer die kishoue in
Lloyd Harris begin weer momentum op die internasionale tennisverhoog opbou nadat ʼn gewrigbesering hom maande langs die baan gehou het.
Tatjana erken sy het nie medalje verwag
Teenstanders wees gewaarsku: Tatjana Schoenmaker moet nog haar voorkeuritem (200 m-borsslag) swem.
Super Schoenmaker swem silwer los
Oudergewoonte is ondersteuners met ʼn groot Tatjana Schoenmaker-glimlag beloon toe sy omdraai en haar tyd (1:05.84) op die groot skerm sien.
Schoenmaker maak litte vir eindstryd los
Tatjana Schoenmaker het vandag die derde vinnigste kwalifiserende tyd in die 100 m-borsslageindstryd by die Wêreldkampioenskap in Japan opgestel.
Netbal-wêreldbeker: Spanne in Kaapstad verwelkom
Suid-Afrika kom op 28 Julie teen Wallis te staan.
Meder trots op haar rekordtyd in Japan
Rebecca Meder het haar eie Suid-Afrikaanse rekord in die 200 m-wisselslagitem by die Wêreldkampioenskap in Japan verbeter.
Vingegaard wil weer wen ná Tour de France-triomf
“Ek sal graag wil terugkom en probeer om met ’n soortgelyke vertoning vorendag te kom.”
Red Bull herskryf die geskiedenisboeke
Red Bull het die eerste F1-span in die geskiedenis van die sportsoort geword om 12 wedrenne op ʼn streep te wen.
Netbal: ‘Ons is gereed’
Die Proteas begin hul Wêreldbeker-veldtog teen Wallis met wedstryde teen Sri Lanka en Jamaika wat volg.