“Ek het probeer om op my gewone vlak te speel, maar dit was glad nie maklik nie. Ben [Shelton] was die aggressiewer speler en ek het my bes gedoen om met die ritme van ouds te speel.”
Aussies trots op hul netbaldiamante
“Wanneer jy vir die Diamonds speel, is jy maar tog te bewus van die feit dat mense van jou verwag om suksesvol te wees.”
Britse MotoGP: Brad laat teenstanders se broeke bewe
Die spanning het Sondag op die Silverstone-renbaan hoog geloop toe dit tydens die Britse MotoGP begin reën het.
Wêreldbeker-netbal: Uganda beëindig Proteas se drome
Die Proteas se Wêreldbeker-netbalveldtog het Sondag in Kaapstad in groot teleurstelling geëindig toe hulle met 49-47 deur Uganda in die uitspeelwedstryd om die vyfde plek geklop is.
Nederland kelder Banyana se drome
Banyana Banyana kon vroeg Sondagoggend in Sydney nie daarin slaag om verder in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi vir vroue vorder nie, maar hulle keer as baanbrekers terug Suid-Afrika toe.
Wêreldnetbaltoernooi: Proteas slag Tonga af
Die Proteas kry Sondagoggend in Kaapstad die kans om die teleurstelling om nie vir die halfeindronde van die Wêreldbeker-netbaltoernooi te kwalifiseer nie, te versag wanneer hulle in die uitspeelwedstryd om die vyfde plek teen Uganda uitspeel.
Proteas wen, maar podiumdroom ly skipbreuk
“Dit is ʼn teleurstellende oorwinning teen Uganda – ek bedoel, ons het gelykop teen Nieu-Seeland gespeel en daardie uitslag het vir ons soos ʼn wen gevoel.”
Jamaika lyk na kampioenspan teen Silwer Varings
Jhaniele Fowler en haar spanmaats het ʼn uitspeelstryd-reddingsboei in Suid-Afrika se rigting gegooi toe hulle Nieu-Seeland met 59–48 geklop het.
Van teater na tennistriomf met hartoorplanting vir 18-jarige
Pedro se hele lewensuitkyk het ná die oorplanting verander. “Dié tweede kans was vir my ʼn bevestiging dat die Here ʼn besliste en bepaalde doel met my lewe het.”
Jong talent laat Norma glimlag
“Die jonger spelers het veral hul teenwoordigheid op die baan laat geld. Kyk net na Nichole (Taljaard) – sy is vir die tweede keer op ʼn streep as die speler van die wedstryd aangewys.”
Wát ʼn wedstryd!
Die Proteas het pas in ʼn titaniese Wêreldbeker-wedstryd in Kaapstad met 48-elk teen Nieu-Seeland gelykop gespeel.
Banyana-vreugde teen Italië!
Suid-Afrika is deur na die uitkloprondes van die Wêreldbeker nadat Thembi Kgatlana se span Italië met 3-2 geklop het.
Kiwi-afrigter lugtig vir Proteas se Norma en ondersteuners
“Norma Plummer is ongelooflik. Sy is een van die bestes nóg, ʼn legende en ek het baie respek vir haar.”
Geen keer aan vlieënde Verstappen
Ná agt oorwinnings op ʼn streep meen Helmut Marko dat Max Verstappen sy man in die geselskap van Juan Manuel Fangio en Ayrton Senna sal kan staan.
Groot Wêreldbeker-toets wag op Proteas
Die Protea-verdedigers sal op hul stukke teen Nieu-Seeland moet wees: Die Silwer Varings se Maia Wilson en kie is bitter gevaarlik in die doelsirkel.
Flinke Proteas terug op wenpad
Die Proteas het vanaand in Kaapstad korte mette met Trinidad en Tobago in ʼn Wêreldbeker-wedstryd gemaak. ʼn Veel strawwer toets wag egter Woensdag teen Nieu-Seeland.
‘Ons reis is nog glad nie verby’
Norma Plummer het vroeër haar 100ste sege as ʼn internasionale netbalafrigter gevier en sy is ongetwyfeld oorgehaal om nog wedstryde saam met die Proteas te wen.
‘Sunshine Girls’ lag laaste teen Proteas
ʼn Swak vertoning in die derde kwart van hul Wêreldbeker-wedstryd het beteken dat Suid-Afrika met 67–49 teen Jamaika in Kaapstad vasgeval het.
Super Max maak dit agt seges op ʼn streep
Die verdedigende wêreldkampioen het sy plek van sesde na eerste in die Belgiese Grand Prix oopgeveg.
Lara vierde ná Ruta wêreldrekord laat spat
Lara van Niekerk moes met ʼn vierde plek in die eindronde van die 50 m-borsslagitem ná Ruta Meilutyte, Lilly King en Benedetta Pilato tevrede wees.