ʼn Afvaardiging wat deur die polisie se adjunk- nasionale kommissaris, lt.genl. Tebello Mosikili, gelei word, het intussen in Tanzanië aangekom waar Thabo Bester en sy medepligtiges vasgetrek is.
Soekresultate vir: thabo bester
Bester en kie vasgetrek toe hulle na Kenia wou vlug
Bester, sy vriendin en ‘n Mosambiekse burger is deur lede van wetstoepassingsagentskappe gewaar toe hulle ʼn hotel in ʼn swart sportnutsvoertuig verlaat het.
Thabo Bester glo weer vasgetrek
Die sogenaamde Facebook-verkragter en veroordeelde moordenaar is glo saam met sy vriendin en nog ‘n Suid-Afrikaner vasgetrek.
Suid-Afrika het ‘n mafiastaat weens die ANC
Intussen word diegene wat probeer om wet en orde te handhaaf en misdaad en korrupsie te beveg maklike teikens in ʼn land waar die koste van ʼn lewe goedkoop is.
Polisie fynkam Thabo Bester se skuilplek
Dié herehuis van sowat R12 miljoen is die laaste bekende plek waar Bester hom bevind het.
‘Koppe moet rol’ oor Thabo Bester-ontsnapping
Tien maande ná Thabo Bester se beweerde dood het dit aan die lig gekom dat hy eintlik uit ʼn maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein ontsnap het en nie doodgebrand het soos die owerhede voorheen aangevoer het nie.
DNS-agterstand laat Thabo Bester-slagoffers in steek
“As die departement van korrektiewe dienste en die polisie dadelik deur middel van die DNS-uitslae besef het dat die liggaam nie aan Bester behoort nie, kon hulle dadelik die soektog na hom begin het.”
Thabo Bester: Groot beloning uitgereik
ʼn Beloning is uitgereik vir enige inligting wat sal lei tot die suksesvolle inhegtenisneming en vervolging van die sogenaamde Facebook-verkragter en veroordeelde moordenaar Thabo Bester.
Gevangenis se bestuur tydelik gepos oor Thabo Bester-sage
Ondersoekers het tot die gevolgtrekking gekom dat Bester se ontsnapping “goed beplan en georganiseer was”.
Thabo Bester: Moordsaak ondersoek; jongste oor ondersoek
Daar is intussen kommer oor onlangse berigte van hoëvlakkorrupsie en onderbemanning by korrektiewe sentrums, sowel as wydverspreide omkopery van korrektiewe amptenare deur oortreders.
Thabo Bester-sage: Drie tronkbewaarders gepos
Die private veiligheidsmaatskappy G4S voer aan hy het die polisie bewus gemaak van beweerde ongerymdhede rakende die brand by die maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein wat glo tot Thabo Bester se ontsnapping gelei het.
Ondersoek na Thabo Bester se ontsnapping nou prioriteit, sê polisie
Verskeie eenhede is deur die polisie aangewys om die berugte Facebook-verkragter op te spoor en sy ontsnapping te ondersoek.
Departement erken Facebook-verkragter het ontsnap
Die departement sê nou dat hulle geen steen onaangeroer sal laat om die berugte verkragter en veroordeelde moordenaar op te spoor nie.
DNS van oorledene glo nie dié van FB-verkragter
Teenstrydighede in die nadoodse ondersoekverslag, asook die uitslae van DNS-toetse, blyk bewerings te staaf dat die sogenaamde Facebook-verkragter moontlik uit die tronk ontsnap het.
Korrektiewe dienste oorval met vrae oor ‘Facebook-verkragter’
Maande nadat die veroordeelde verkragter Thabo Bester glo in die tronk dood is, doen foto’s van ʼn man wat ʼn sterk ooreenkoms met Bester toon en wat inkopies in Johannesburg doen die rondte.
“Facebook-verkragter” kry lewenslank
Die sogenaamde “Facebook-verkragter”, Thabo Bester (23), is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof in Kaapstad tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Vermeende Facebook-verkragter se saak uitgestel
Die verhoor van die sogenaamde “Facebook-verkragter” is tot 19 Desember in die landdroshof in Kaapstad uitgestel.
“Facebook-verkragter” in hof op aanklag van moord
Die sogenaamde “Facebook-verkragter”, Thabo Bester, sal Donderdag in die landdroshof in Kaapstad verskyn op aanklagte van moord.
‘Facebook-verkragter’ smeek om versagting na hy 50 jaar tronkstraf kry
Die sogenaamde “Facebook-verkragter”, Thabo Bester, het in trane uitgebars terwyl hy Vrydag in die Durbanse landdroshof verduidelik het hoekom hy die misdade gepleeg het.