Ná sewe Wêreldbeker-wedstryde het die Proteas reeds 82 keer die bal oor die grenstou laat seil om Engeland se rekord van 76 Wêreldbeker-sesse in ʼn enkele toernooi met ses groot grenshoue te verbeter.
Soekresultate vir: Aiden
No. 4 vir Quinton!
Met sy vierde Wêreldbeker-honderdtal het Quinton de Kock nou reeds 545 lopies in sy sewe wedstryde teen ʼn gemiddeld van 77,85 gemoker.
Sepiegids: Beatrice soek waarheid in ‘Arendsvlei’; Rhafiek se besluit word betwyfel in ‘Suidooster’
In “Binnelanders” verdwyn Karen se foon en sy is ontsteld wanneer sy uitvind saam met wie Liam stap. In “Diepe waters” word Meghan se verkoopooreenkoms gesteel.
Broekskeur, maar Proteas hak knoop deur!
Suid-Afrika is tans eerste op die Wêreldbeker-punteleer nadat hy vir Pakistan met een paaltjie in Chennai geklop het.
Kolwers sal nou staal in lopiejaagtog moet wys
Ná ʼn paar groot tellings weet almal dat die Proteas die pap dik kan aanmaak wanneer hulle eerste kolf. Hulle moet egter nou 271 lopies vir ʼn oorwinning teen Pakistan aanteken.
Maxwell verbeter Markram-mokerrekord
Glenn Maxwell, Australië se woer-woer-kolwer, het net 40 aflewerings benodig om sy honderdtal teen Nederland te vier.
Proteas lewer nóg ʼn kragvertoning
Die Proteas se 382/5 teen Bangladesj was die vierde keer dat hulle meer as 380 lopies in die jongste eendagkrieketjaar kon aanteken.
Proteas laat waai in Mumbai
Quinton de Kock [174 lopies] het sy derde honderdtal van die Wêreldbeker-toernooi geslaan en saam met Heinrich Klaasen [90 lopies] gesorg dat die Proteas 382/5 teen Bangladesj kon aanteken.
Proteas slaan die bal dat die sweet spat
In ʼn warm en bedompige Mumbai het Heinrich Klaasen [109 van 67 balle] en Marco Jansen [75 van 42 balle] ʼn barshou teen Engeland gespeel.
’Hoe zijn de helden gevallen’
“Ons sal die emosie moet laat insypel; dit dien geen doel om te probeer vergeet wat gebeur het nie. Die nederlaag gaan seermaak en dit moet ook seermaak.”
Reën speel ʼn rol in Protea-stryd
In bewolkte toestande kan die Protea-snelbattery van Marco Jansen, Kagiso Rabada, Lungi Ngidi en Gerald Coetzee bitter gevaarlik wees. Mits die reën dit natuurlik toelaat.
Sepiegids: Marissa oorspeel haar hand in ‘Binnelanders’; Bianca onseker oor aanbod in ‘Arendsvlei’
In “Diepe waters” hou die gruwelhuis net gevaar vir Bybie en Meghan in, en in “Suidooster” jok Lee-Ann vir Ty oor haar vergadering.
Proteas boaan WB-punteleer
Soos wat Quinton de Kock egter tereg gesê het: Daar moet eers nog baie water in die see loop; ʼn Wêreldbeker word nie ná die eerste twee wedstryde gewen nie. Tog is die Suid-Afrikaners op dreef in Indië.
Proteas weer Aussies se krieketmeesters
Die Proteas het nóg ʼn eendagkrieketwedstryd teen Australië gewen. Dié keer het hulle ʼn Wêreldbeker-ontmoeting met 134 lopies in Lucknow beklink.
Quinny moker nóg ʼn 100-tal!
Quinton de Kock het sy tweede Wêreldbeker-honderdtal op ʼn streep met ʼn sierlike ses van Pat Cummins se boulwerk bereik.
Wêreldkrieketbeker: Leë stadions, beserings en rekords wat spat
Hoewel daar in die eerste vier dae van die Wêreldbeker-kriekettoernooi rekords gespat het, was daar ook opmerklik min ondersteuners in die stadions, terwyl talle beserings onder spelers aangemeld is.
Sepiegids: Johan van ‘Diepe waters’ kry ʼn soen; moeilikheid broei by ‘Suidooster’ se Samsodiens
In “Binnelanders” is ʼn geliefde uit die verlede heeltemal anders as wat almal verwag het, en in “Arendsvlei” vorder Adam en Desmond se plan met die matriekvraestel goed.
Proteas laat rekords in Delhi spat
“Daar is baie passie in die span en ons wil bitter graag ons beste in dié toernooi gee,” het Aiden Markam ná sy speler van die wedstryd-vertoning gesê.
Proteas begin WB-veldtog op ʼn goeie wennoot
“In die geheel was dit ʼn goeie kolfblad, die bal het oor die grenstou geseil en dit was ʼn wedstryd wat vir hope aksie gesorg het,” het Aiden Markram gesê.
Markram en kie moker manjifieke honderdtalle
Aiden Markram het sopas die vinnigste honderdtal in Wêreldbeker-geskiedenis teen Sri Lanka geslaan.