“Prysig die Jirre, my siel hie binne in my! My God is byrie grootste groot veby!”
Alles vir die sleutelwoord "boekvoorlesing"
Luister: Griekwagebed – As ek ’n dyf gewas het
Luister hier na die Griekwagebed “As ek ’n dyf gewas het” deur Hans du Plessis. Dit word deur Veronica Geldenhuys voorgelees en het by Lapa Uitgewers verskyn.
Luister: Griekwagebed – Wees bly
Kom luister saam na “Wees bly!”, ʼn Griekwagebed uit “Karos orie dyne”. Dit is deur Hans du Plessis geskryf en word deur Veronica Geldenhuys voorgelees.
Boek: ‘Dog Man’ nou in Afrikaans
Dav Pilkey, skepper van die kinderboekreeks “Captain Underpants”, se “Dog Man”-strokiesprent is nou in Afrikaans beskikbaar met die titel “Hondman”. Kyk hier na ʼn videovoorlesing deur Beer Adriaanse, bekend vir sy rol as Thomas in die kykNET-reeks “Hotel”.
Video: ‘God is stééds God,’ sê Benescke Janse van Rensburg
“Soms gebeur dinge wat ons laat vra: ‘Waar is God? Is Hy steeds goed? Kan ek Hom stééds vertrou?’”
Elsa Winckler lees voor uit ‘Vreugde vir Larissa’
‘Vreugde vir Larissa’ is die laaste boek in die gewilde McGregor-reeks ná ‘’n Brief vir Reina’ en ‘’n Belofte vir Bippie’.
Esté Geldenhuys lees voor uit ‘Laat u Naam geheilig word’
Esté Geldenhuys verruil die klankateljee vir God se natuurlike ateljee. Luister saam hoe die voëls kwetter terwyl sy in haar tuin sit en voorlees uit ‘Laat u Naam geheilig word’. Haar fokus is op die naam El, wat “die Almagtige” of “sterk een” beteken.
Troula Goosen lees voor uit ‘Raaiselsee’
ʼn Grypdief, ʼn moeilike meisiekind en ʼn geheimsinnige Seevrou wat op Skulpiesbaai se strand spook. Luister hier na ʼn voorlesing uit ‘Raaiselsee’ deur Troula Goosen.
Cecilia Steyn lees voor uit ‘Die vinnigste skoene in die hele wêreld’
Nie net drie nie, maar sewe minute lange pure storiebederf deur Cecilia Steyn. Luister hier wat gebeur wanneer Wouter per ongeluk ʼn paar ‘superhero-tekkies’ aantrek. Dit is geskik vir kinders tussen ses en nege jaar oud.
Boekvoorlesing: Keegan en Samier word sleutel-speurders
Die skrywer André Trantraal se ma, Charmaine, sit ’n handjie by met dié voorlesing uit ‘Keegan en Samier 1: Die Sleutel Speurders’. Laat die jong span vir twee minute saam luister. Dit is geskik vir kinders sewe jaar en ouer.
Adriana Faling lees voor uit ‘Die Seders van Libanon’
In “Die Seders van Libanon” kruis vier vroue se paaie en elkeen moet besluit of sy bereid is om te doen wat God van haar vra.
Theresa van Baalen lees voor uit ‘Z-A-K: Die reis na Zenkion’
Vir die volgende vyf minute kan jy jou skoolwerk opsy skuif en na ʼn voorlesing van “Z-A-K: Die reis na Zenkion” luister. Dié jeugroman deur Theresa van Baalen is die opvolg van “Z-A-K: Die Blou Planeet” en dit is geskik vir tieners dertien jaar en ouer.
Luister na ‘Sweepslag’ deur Annerle Barnard
“Wat help dit as sy skree? Wie sal haar hoor?” Skuif nader en luister saam na ʼn voorlesing van Annerle Barnard se debuut-jeugroman “Sweepslag”.
Deon Lamprecht lees voor uit ‘Die Brug’
“Die Brug: Na die hel en terug in Angola” vertel van dienspligtiges se reis van jong man na veteraan. Die boek gee ook ’n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is ’n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.
Neels van Jaarsveld lees voor uit ‘Merk’
Rudie van Rensburg is terug met nog ʼn Kassie Kasselman-speurverhaal. Luister hier na Neels van Jaarsveld se voorlesing uit “Merk”.
Boekvoorlesing: Anzil Kulsen lees voor uit ‘Reënboogmelodie’
Wat verg dit van jou om in jou huwelik te bly, en is dit noodwendig die beste vir almal? Anzil Kulsen ondersoek dié en ander huwelikskwessies in haar jongste boek, “Reënboogmelodie”.
Annerle Barnard lees voor uit ‘Sindikaat’
Vakansie is sinoniem met ure lange pret met die jongste rekenaarspeletjies en fietsry in die straat. Maar vir Paul, Adriaan en Karlien ontaard die vakansie in ʼn nagmerrie. Luister hier na ʼn boekvoorlesing van “Sindikaat” deur Annerle Barnard.
Boekvoorlesing: Stories uit ʼn Mammahart
Wat is dan lekkerder as om ʼn groot bak springmielies nader te trek en na opwindende kinderstories te luister? “Stories uit ʼn Mammahart” bied 12 unieke kinderstories wat jou en die kroos ure lank sal vermaak.
Boekvoorlesing: ‘Stert’ bied iets vir elke jong leser
Het jy al gewonder hoe ʼn mens met ʼn stert sal lyk? Luister hier na Fanie Viljoen se voorlesing van “Stert” om vas te stel. Die kortverhaal is geskik vir kinders 13 jaar en ouer.
Boekvoorlesing: Gevleuelde bome
Dié week lees Johny Klein een van Tom Ackermann se kortverhale voor. Luister hier na “Gevlevelde bome”.