ʼn 28-jarige man is oor die naweek dood nadat hy in ʼn KFC-kitskosrestaurant in Johannesburg met ʼn mes gesteek is.
Alles vir die sleutelwoord "Johannesburg"
Polisiebeamptes gewond tydens skietery
Twee polisiebeamptes is Woensdag gewond tydens ‘n skietgeveg met ‘n groep mans in Dawn Park in die ooste van Johannesburg.
“Meerminne” stuur vrou glo om te moor
Charnice Smith, ʼn 29-jarige vrou van Jan Hofmeyer in Johannesburg, is vir sielkundige waarneming gestuur nadat sy glo deur meerminne aangesê is om ʼn vyfjarige seun aan te val.
Drie in hof oor reuse-wapenvonds
Drie mense wat in hegtenis geneem is vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en springstof by ʼn huis in Norwoord, sal na verwagting Woensdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
Johannesburg glo uit R200 m. bedrieg
Winkelsentrums, hotelle, eiendomsagentskappe en motorhandelaars in Johannesburg het glo saamgespan om die stad uit meer as R200 miljoen te bedrieg, berig The Saturday Star.
SAL kanselleer drie vlugte na Hongkong
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het drie vlugte tussen Hongkong en Johannesburg gekanselleer.
Vier vas ná hoëspoedjaagtog deur JHB
Vier vermeende rowers verskyn Donderdag in die Alexandra-landdroshof nadat hulle, ná ʼn wilde hoëspoedjaagtog deur Johannesburg se noordelike voorstede, in hegtenis geneem is.
Nadine Gordimer oorlede
Die Nobelpryswenner Nadine Gordimer is in die ouderdom van 90 oorlede.
Voetganger sterf in ongeluk
‘n Jong man is dood nadat hy Donderdagmiddag deur ‘n motor raakgery is in Cresta, Johannesburg.
Man op borg skiet glo motoris dood
‘n Man wat op borg uit is, het glo ‘n motoris doodgeskiet en ander mense beseer in Lenasia, suid van Johannesburg, berig The New Age.
Voetgangers met speelgoedgeweer beroof
Drie voetgangers is glo deur mans met ʼn speelgoedgeweer in Johannesburg se middestad beroof, het die polisie Woensdag gesê.
Man sterf in trompop botsing
‘n Man is Woensdagoggend dood nadat sy motor reg van voor teen ‘n vragmotor gebots het.
Aanbidders in moskee beroof
ʼn Groep mans het aanbidders by ʼn moskee in Johannesburg aangeval en hul beursies en selfone geëis.
Man word vermis ná bylmoord
Die polisie in Gauteng is op soek na ‘n man wat Dinsdag glo sy vrou met ʼn byl vermoor het.
199 vas oor misdade in JHB
Altesaam 199 mense is oor die naweek in Johannesburg in hegtenis geneem vir verskeie misdade, het die polisie Sondag gesê.
Polisie skiet op kaalbas-betogers
Die Johannesburgse polisie moes Woensdag betogers, wat hul kaal boude gewys het, met rubberkoeëls en traangas uit mekaar dryf.
Tienerseun vas oor hy skoolkinders vervoer
‘n Tienerseun is in hegtenis geneem nadat hy met ‘n onpadwaardige voertuig en sonder ‘n rybewys 14 kinders by skole in Alexandra, Johannesburg wou gaan aflaai.
Ma vas oor kinders wat in geslote huis doodbrand
Twee kinders wat oor die naweek in ʼn huisbrand in Jabulani in Soweto gesterf het, se ma is Maandagoggend in hegtenis geneem.
Kinders in brandende huis vasgekeer
Twee kinders van Jabulani in Soweto, Johannesburg, is oor die naweek dood nadat hulle sonder toesig in ʼn brandende huis vasgekeer is.
Man en seun sterf in Orange Farm-brand
ʼn 60-jarige man en 14-jarige seun is vroeg Sondagoggend dood toe ʼn brand in hul informele huis in Orange Farm in Gauteng uitgebreek het.