‘n 36-jarige man is Sondag op die N1 naby Midrand vir ‘n spoedoortreding in hegtenis geneem.
Alles vir die sleutelwoord "Johannesburg"
Twee rowers in JHB geskiet
Twee vermeende huisrowers is Donderdagoggend gewond tydens ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie in Johannesburg.
Valke ontken klopjag was op “verkeerde huis”
Die Valke het Woensdag ontken dat hulle op die verkeerde huis in Sandton toegeslaan het tydens ʼn operasie teen onwettige diamanthandel.
Groot rotte byt baba
ʼn Een maand oue babadogtertjie van Alexandra in Johannesburg moet ʼn operasie ondergaan nadat rotte drie van haar vingers en ʼn gedeelte van haar neus gevreet het, het The New Age Woensdag berig.
Pa sterf, ma en kind (6) kritiek ná botsing
ʼn Man, in sy 30’s, is dood en sy vrou en sesjarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat hulle Sondagaand in ʼn botsing met ʼn vragmotor in South Hills, Johannesburg, betrokke was.
Metropolisieman skiet vermeende rower
ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte het Maandag in die vroeë oggendure ʼn gewapende man in ʼn huis in Rosettenville geskiet.
Baba in veld gevind
‘n Pasgebore baba is Sondagoggend in ‘n plastieksak in ‘n oop veld in Sophiatown, Johannesburg gevind.
60 vas in JHB oor dronkbestuur
Altesaam 60 motoriste is Vrydagaand in Johannesburg vir dronkbestuur in hegtenis geneem.
Aardbewing in Johannesburg
‘n Aardbewing het Johannesburg vroeg Vrydagoggend getref.
Vrou se liggaam in veld gevind
Die liggaam van ‘n 20-jarige vrou is Woensdag in ‘n oop veld in Lenasia, suid van Johannesburg, gevind.
City Power-werknemers vas vir kabeldiefstal
Vyf werknemers van City Power, wat vir Johannesburg se kragbestuur verantwoordelik is, is in hegtenis geneem vir die diefstal van miljoene rande se kabels.
Polisieman, sewe ander vas vir renosterstropery
‘n Polisiekonstabel van Hillbrow in Johannesburg en sewe ander verdagtes verskyn vandag in die Modimolle-landdroshof in Limpopo nadat hulle die naweek vir renosterstropery in hegtenis geneem is.
Vier sterf in taxigeweld
Vier mense is Maandag dood na ‘n skietery in Orange Farm, suid van Johannesburg.
Man tydens rooftog by JHB-hospitaal geskiet
ʼn Veiligheidswag is Maandagoggend tydens ʼn gewapende roof by die Netcare Linksfield-hospitaal in Johannesburg geskiet en gewond.
Johannesburg ‘onvriendelikste’ stad in die wêreld; Kaapstad een van die vriendelikste
Kaapstad is deur die reistydskrif, Condé Nast Traveler, as een van die vriendelikste stede in die wêreld aangewys terwyl Johannesburg met die titel van die onvriendelikste stad in die wêreld tevrede moes wees.
Vrou sê glo dit was haar man voor sy sterf
Die vrou wat ongeveer 50 keer met ‘n skerp voorwerp gesteek is en by ‘n kantoorpark in Bryanston, Johannesburg vir dood agtergelaat is, het glo kort voor haar dood gesê dit was haar man wat haar aangeval het.
Man word in JHB getoets vir ebola
ʼn 37-jarige man wat as ʼn gesondheid- en veiligheidsbeampte by ʼn myn in Liberië gewerk het, is Sondag in ʼn hospitaal in Johannesburg opgeneem om hom te toets vir ebola.
Tienerseun bely hy het sy ma vermoor
Die seun word vir brandwonde in die hospitaal behandel nadat sy ma glo kookwater oor hom uitgegooi het.
Pa en seun in Johannesburg geskiet
ʼn Man is dood en sy seun gewond toe twee mans in Marlboro, Johannesburg, op hulle motor geskiet het.
Seun glo deur skoonmaker by skool aangerand
Leon Strydom het ʼn klag van aanranding by die polisie aanhangig gemaak nadat ʼn skoonmaker Donderdagoggend glo sy seun by ʼn skool in Edenvale, Johannesburg, aangerand het.