Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Woensdag bevind die staat se verkrygingsprosesse vir sy kernkragbouprogram is onwettig en ongrondwetlik.
Alles vir die sleutelwoord "kernkrag"
Kernkragplan is ʼn ramp in wording
Dit gaan ʼn mens se verstand te bowe dat ʼn regering so met die sekerheid en bekostigbaarheid van die land se toekomstige energiebehoeftes kan dobbel.
Tesourie ontken kernkraggerugte
Die nasionale tesourie het Sondag gerugte dat kontrakte vir Eskom se kernkragbouprogram onderteken is ten sterkste ontken.
Die presidensie ʼn strategiese magsentrum?
ʼn Mens wonder hoekom die president nog enigsins die moeite doen om die magsentrum waaroor hy reeds beskik, amptelik te maak. Of is daar ander sogenaamde prioriteite ingevolge die Nasionale Ontwikkelingsplan waarvan ons nie weet nie – soos ʼn Russiese kernkragstasie op eie bodem?
‘Geen kernkrag voor geloofwaardige kragplan’
“As die minister nie gehoor gee aan ons versoek nie, mag sy daarvan beskuldig word dat sy haar pligte en verantwoordelikhede teenoor Suid-Afrika versuim.”
Die mistieke Noord-Koreane en die Kim-dinastie
Noord-Korea se aanspraak dat hy vroeg in Januarie 2016 ʼn waterstofbom laat ontplof het, het die wêreld weer laat regop sit. Noord-Korea, ook bekend as die Demokratiese Volksrepubliek van Korea (DVRK), is die een land in die wêreld wat steeds vierkantig vasgevang is in die Koue Oorlog.
DA soek dokumente oor kernkragprogram
Die DA het ʼn brief aan Nhlanhla Nene, minister van finansies, gerig waarin hul afskrifte eis van die beplanningsdokumente waarin die regering die finansiering en uitvoerbaarheid van sy kernkrag-uitbreidingsprogram uiteensit.
[Video] Kernkrag is ʼn Trojaanse perd
Die omgewingsorganisasie, Greenpeace, eis dat die Suid-Afrikaanse regering meer deursigtig moet optree in sy onderhandeling oor kernkrag.
Joemat-Pettersson stel taakspanne aan
Tina Joemat-Pettersson, minister van energie, het taakspanne aangestel om bewerings teen die Suid-Afrikaanse Kernkragkorporasie (Necsa) en die nasionale radioaktiewe afvalverwyderingsinstituut (NRWDI) te ondersoek.
Video: Greenpeace kap regering oor kernkragplan
Greenpeace meen die regering se planne om miljarde rand aan kernkrag te bestee is nie die antwoord op Suid-Afrika se elektrisiteitskrisis nie.
Guptas wil energiemaatskappy op aandelebeurs noteer
Die Gupta-familie is van plan om ʼn uraanmyn op die JSE te noteer om R800 miljoen van beleggers in te vorder, het Beeld Saterdag berig.
Kommer oor Rusland se afwesigheid by kern-vergadering
Kommer bestaan dat die vordering wat die afgelope 20 jaar in gesprekke tussen die VSA en Rusland oor kernwapens gemaak is, deels ongedaan gemaak kan wees nadat Rusland nie by ’n belangrike vergadering opgedaag het nie.
Franse-kernkragooreenkoms sal onderteken word
President Jacob Zuma het Vrydag aan Tina Joemat-Pettersson, minister van energie, die groenlig gegee om ʼn kernkragooreenkoms met Frankryk te onderteken.
Zuma neem glo beheer met kernkrag-ooreenkoms
Die departement van energie wou nie Vrydag kommentaar lewer op berigte dat president Jacob Zuma direk met Rusland se president Wladimir Poetin onderhandel het vir ʼn kernkrag-ooreenkoms tussen die twee lande nie.
Vingers word gewys oor kernooreenkoms
Rosatom, Rusland, of die media kan nie verkwalik word vir ’n “voortydige” gevolgtrekking oor ‘n kernkragooreenkoms tussen Suid-Afrika en Rusland nie, skryf Herman Toerien.
“Nog geen kernkrag-kontrak nie”
Die Suid-Afrikaanse regering het Dinsdag ontken dat hy ʼn kernkrag-kontrak ter waarde van $50 miljard aan Rusland toegeken het, en gesê die lande het slegs ʼn samewerkingsooreenkoms onderteken.
Nuuskommentaar: Russiese kernreaktors: Hier is die KERN van die probleem
Suid-Afrika en Rusland het onverwags ‘n ooreenkoms gesluit waarvolgens Suid-Afrika na beraming meer as R500 miljard gaan opdok vir agt kernreaktors. Die ooreenkoms sluit Russiese finansiering in. Is dit goeie nuus of gaan ons die e-tol-sage in ’n ander gedaante herleef?
SA sluit ooreenkoms met Rusland vir kernreaktors
Rosatom, Rusland se kernkragprodusent, het aangekondig dat hy teen 2023 agt kernreaktors aan Suid-Afrika sal verskaf as deel van ʼn strategiese vennootskap tussen die twee lande ter waarde van $50 miljard (nagenoeg R560 miljard).
DA wil Koeberg-kontrak sien
Die DA het Dinsdag geëis om al die dokumente te sien wat verband hou met Eskom se toekenning van ʼn tender ter waarde van R4 miljard om stoomkragopwekkers by Koeberg-kernkragstasie te vervang.
“Dawid” pak “Goliats” oor versuim om te ontwapen
Die Marshall-eilande het die wêreld se kernlande voor die Internasionale Geregshof in Den Haag gesleep.