In reaksie op kritiek van opposisiepartye dat die regering bemagtigingskriteria gebruik om hulp aan ondernemings te verleen, het hy gesê dit stem ooreen met standaardregeringsbeleid.
Alles vir die sleutelwoord "koronavirus"
Covid-19-statistieke: SA steek 20 000-kerf verby
Die Wes-Kaap het intussen meer as R1 miljard beskikbaar gestel in sy stryd teen die Covid-19-pandemie.
Gestrand in SA: Regsaksie begin teen regering
“Wat vir my verbysterend is, is hoe iemand met dubbele burgerskap die land kan verlaat, maar nie burgers met wettige Suid-Afrikaanse paspoorte wat oor waardige werkspermitte beskik nie.”
Regstreekse gesprek: Die skole heropen… wat nou?
Die minister van basiese onderwys het Dinsdagaand aangekondig dat skole nou beslis op 1 Junie heropen vir leerders in gr. 7 en gr. 12, terwyl ander grade se terugkeer skool toe later aangekondig word. Elaine Krige gesels met Carien Bloem en prof. Rika Joubert hieroor.
Kaapse Vlakte brand oor afsonderingsregulasies
Betogings teen die Covid-19-afsonderingsregulasies en onderbrekings in dienslewering op die Kaapse Vlakte duur nou al weke lank.
#JongStemme: Covid 19 – die hemel én die hel van ons matriekjaar
Uit my persoonlike oogpunt is die grendeltyd eerder goed as sleg, skryf Nicolas Rust, ‘n matriekleerling aan die Paul Roos Gimnasium.
Gestrande seevaarders pleit om terug te kom
“My grootste vrees as seevaarder is om my werk te verloor.”
Stigting hoogste hof toe oor NDZ se mag
Die stigting voer aan die parlement en uitvoerende gesag moes ná afloop van die afkondiging van ʼn ramptoestand aktief stappe gedoen het om hul grondwetlike pligte terug te neem.
Nóg tronkbeamptes kry Covid-19 in Wes-Kaap
Die departement van korrektiewe dienste het bekend gemaak dat die getal Covid-19-gevalle onder gevangenes en beamptes tot 700 gestyg het.
Covid-19-samevatting: Nooddienswerker blootgestel op ongelukstoneel
Nog ʼn Kaapse vullisdepot is intussen tydelik gesluit weens Covid-19.
Covid-19-statistieke: SA nader die 20 000-kerf
Die grootste toename in gevalle is in die Wes-Kaap en die Oos-Kaap aangemeld.
Solidariteit-lede betoog teen afsonderingsregulasies
Dié lede het Donderdag uit protes teen die afsonderingsregulasies by die werk opgedaag.
Koronavirus-kenner sterf
“Ons betreur die verlies van hierdie talentvolle held wat sy lewe daaraan gewy het om ander se lewens te red.”
Covid-19: Ingenieurs maak plan met siftingstoetse by skole
Honderde leerders sal by sommige skole by die skoolhekke vir die virus nagegaan moet word, wat tot opeenhopings kan lei.
Covid-19: Mkhize kap terug ná kritiek op regering se hantering van pandemie
Die minister van gesondheid het verskeie stellings deur prof. Glenda Gray nou weerlê.
Tydkapsuleprojek wil herinneringe van pandemietydperk bewaar
Die Vault 2120-tydkapsuleprojek wil artefakte soos kunswerke, foto’s, handgeskrewe kortverhale, maskers en handskoene wat met die Covid-19-pandemie verband hou vir nageslagte bewaar. Lees hier hoe jy ʼn bydrae kan lewer.
Vyf maniere om jou kinders op koers te hou in die pandemie
Hier is vyf wenke aan ouers om hul kinders se onderwys en basiese opvoeding op koers te hou terwyl hulle tuis bly.
Covid-19-statistieke: Eerste babasterfte aangemeld
“Dit is belangrik om die impak van die onderliggende toestand, dat die baba vroeggebore is, in ag te neem.”
Covid-19-samevatting: Brasilië meld meeste nuwe gevalle nóg aan
Pres. Donald Trump het intussen gesê hy beskou dit as ʼn erewapen dat die VSA die derde meeste Covid-19-gevalle ter wêreld het.
SA’ners op vasteland gestrand weens vertraagde repatriasievlug
“Die onsekerheid is geweldig frustrerend. Hulle is nie besig om ons ʼn guns te doen nie. Hierdie is ʼn saketransaksie wat hulle moet nakom.”