Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n werker met lemoene doodgegooi het op ‘n plaas buite Tzaneen in Limpopo.
Alles vir die sleutelwoord "Limpopo"
Polisieman, sewe ander vas vir renosterstropery
‘n Polisiekonstabel van Hillbrow in Johannesburg en sewe ander verdagtes verskyn vandag in die Modimolle-landdroshof in Limpopo nadat hulle die naweek vir renosterstropery in hegtenis geneem is.
Limpopo-plaasmoord: “Hy was ‘n reus van ‘n man met die kleinste hart”
“Hy was ‘n reus van ‘n man met die kleinste hart.” Só beskryf Mariesa Van Wyk Coetzee haar pa wat die naweek op sy plaas in die Letsitele-gebied buite Tzaneen in Limpopo vermoor is.
Video: Kombers-rekordpoging
Verskeie inwoners van Polokwane (Pietersburg) in Limpopo het die afgelope ses maande hand bygesit om die wêreld se grootste kombers te hekel.
Boer in Limpopo vermoor
Piet van Wyk (55) is op sy plaas in die Letsitele-gebied buite Tzaneen in Limpopo vermoor.
Gevaarlike verdagte ontsnap met polisieuniform
Die polisie in Limpopo is steeds op soek na Tshilidzi Nelson Masindi wat Dinsdag uit aanhoudingselle in Thohoyandou ontsnap het.
Medunsa-kampus gesluit oor betogings
Die Universiteit van Limpopo het die akademiese jaar by sy Medunsa-kampus in Ga-Rankuwa onbepaald opgeskort en die studenteraad ontbind te midde van voortgesette betogings by die kampus.
‘Verkragter’ deur polisie doodgeskiet
Die polisie in Limpopo het ‘n vermeende reeksverkragter in Mankweng buite Polokwane doodgeskiet.
Renosterkarkas by Mapungubwe-wêrelderfenisterrein
ʼn Renosterkarkas is by die Mapungubwe-wêrelderfenisterrein in Limpopo opgespoor.
Vermeende reeksmoordenaar vasgetrek
Die polisie in Limpopo vermoed dat ‘n reeksmoordenaar in die Thohoyandou-area in Limpopo bedrywig was nadat die soveelste lyk naby die Universiteit van Venda gevind is.
Egpaar vas ná hulle baba in kar los
‘n Egpaar van Tzaneen in Limpopo is in hegtenis geneem nadat hulle hul twee maande oue baba in ‘n geparkeerde motor by ‘n winkelsentrum gelos het terwyl hulle gaan inkopies doen het.
Sewe sterf in Limpopo-botsing
Sewe mense is dood en nege mense is beseer in ‘n botsing reg voor op die R37 buite Polokwane, Limpopo.
Drie in hof na moord op polisieman
Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n polisiebeampte vermoor het, het in die Ritavi-landdroshof in Limpopo verskyn.
Vier vas oor lisensie-sindikaat
Vier mense is in Mpumalanga en Limpopo in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by ‘n sindikaat wat leerling- en bestuurslisensies verkoop.
Polisieman, vier ander in hof oor koperdiefstal
‘n Polisiebeampte en vier ander mense het Maandag in die Phalaborwa-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklagte wat met koperdiefstal verband hou.
Vierde verdagte vas na moord op polisieman
‘n Vierde persoon is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n polisiebeampte van Limpopo.
Boer op plaas in Limpopo vermoor
Rudolph Pretorius (54) is Maandagoggend dood nadat hy en sy vrou op hul plaas tussen Groblersdal en Dennilton in Limpopo aangeval is.
Vermiste bejaarde se liggaam gevind
Die liggaam van Sakkie Freidberg (86) is die naweek naby ‘n munisipale swembad in Polokwane, Limpopo gevind nadat hy vir twee dae vermis was.
Staking by Implats-myn in Limpopo
Nagenoeg 2 000 mynwerkers van Impala Platinum se Marula-myn in Limpopo het Vrydag begin staak, het Eyewitness News berig.
Sangoma vas oor rituele moord
Die polisie in Limpopo het twee verdagtes, waaronder ʼn sangoma, in hegtenis geneem in verband met ʼn rituele moord op ʼn 33-jarige vrou.