Met “Luistervink” maak Madré Marais haar debuut as kortverhaalskrywer. Luister hier na ’n voorlesing van “Soengroet”.
Alles vir die sleutelwoord "NB-Uitgewers"
Boek: Regte-egte rampe en raaisels
Het jy al ooit gewonder of vreemde vlieënde voorwerpe regtig bestaan en hoekom iets soos reuse-uitbarstings plaasvind? Dié interessanthede word in “Regte-egte raaisels” en “Regte-egte rampe” ondersoek. Dit is geskik vir kinders tussen nege en 12 jaar.
Boek-uittreksel: Die vlerke van naaldekokers
In “Die vlerke van naaldekokers” gaan Kylie saam met haar eksentrieke skrywer-oupa en sy aantreklike jong assistent, Lee, op ʼn onbeplande reis. Sy kry ʼn kans om te ontsnap. Lees hier ʼn uittreksel uit Cecilia Steyn se jongste jeugroman.
Boek-uittreksel: Gebede vir elke vrou
“Hoe meer ’n mens met iemand praat en hoe langer jy in daardie persoon se teenwoordigheid deurbring, hoe beter leer jy hom of haar ken. Dieselfde is waar van God.” Lees hier ʼn uittreksel uit Nina Smit se boek, “Gebede vir elke vrou”.
Boek: Saartjie Omnibus 8
In die laaste omnibus in die reeks verdedig Saartjie haar boetie wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet tussen haar boesemvriendin en ʼn koshuismeisie kies en sy neem deel aan ʼn groot kompetisie.
Boek-uittreksel: Vreugde vir Larissa
“Larissa het gedink sy het die gebeure lankal verwerk en vrede daarmee gemaak, maar sy besef nou sy het dit bloot onderdruk.” Lees hier ʼn uittreksel uit Elsa Winckler se jongste roman, “Vreugde vir Larissa”.
Boek: Vreugde vir Larissa
Nog ’n lekkerleesroman uit die pen van ATKV-Woordveertjie-wenner Elsa Winckler en die laaste in die gewilde McGregorreeks ná “’n Brief vir Reina” en “’n Belofte vir Bippie”.
Boekvoorlesing: Hans steek die Rubicon oor
Luister saam na ʼn voorlesing van Rudie van Rensburg se komiese boek “Hans steek die Rubicon oor”.
Boek: Vergeet my nie
Mardaleen Derks was die wenner van Huisgenoot en kykNET se tweede fliekkompetisie met haar vertelling van hoe haar en haar man, Hugo, se liefdespaadjie geloop het.
Boek: Kinders wat moor: Wie se skuld is dit?
Wat dryf ’n kind om moord te pleeg en wie se skuld is dit? André le Roux ondersoek dié en ander vrae in sy jongste boek “Kinders wat moor”.
Boek-uittreksel: Bekroonde illustreerder gesels oor sy prente vir kinders
Almal ken die welbekende kinderverhaal van Hasie wat sy stert verloor het. Dié storie is pas saam met 13 ander kinderverhale uitgegee. Chris Venter vertel meer oor die illustrasies van “Hasie, hoekom is jou stert so kort?”
Boek-uittreksel: Bitterbosbende (deel een): Die geheim van die nuwe hoof
“Moenie sê dis ons nuwe skoolhoof nie. ’n Vrou … en boonop een wat … ” Kurt sluk droog.
Boek: Bitterbosbende (deel een): Die geheim van die nuwe hoof
Toe Kurt-hulle se idee vir ʼn sonkrag-oondjie té goed werk en hulle ʼn mini-ontploffing in die vierkant veroorsaak, word hulle na die hoof se kantoor ontbied met verrassende gevolge …
Boek: Die koning se wingerd
FA Venter herskep in “Die koning se wingerd” die wêreld van Agab, Nabot en Johanan, die vroue in hul lewens, en die politieke strome wat hul omring het.
Boek: Best Books Eksamenhulp: Graad 12 Eksamenoefenboek vir Huistaal
Die “Best Books Eksamenoefenboek vir Graad 12 Huistaal” is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid taaloefeninge bevat om leerders met eksamenvoorbereiding te help.
Wen só met jou dagboekinskrywing
Is jy ʼn boekwurm en in graad 4 tot 6? NB-Uitgewers gee aan vyf gelukkige lesers boek een en twee in die “Dagboek van ʼn Dork”-reeks weg.
Boekvoorlesing: 40 dae tot hoop
“40 dae tot hoop” help lesers om ’n deurdagte pelgrim te wees deur te weet waar hulle vandaan kom en waarheen hulle op pad is. Luister hier na ‘n voorlesing deur Ronell Bezuidenhout.
Pierre se Paasfeesboodskap: ‘Maak die tafels groter’
Pierre du Plessis, skrywer van “Boomwortels in die hemel”, se Paasfeesboodskap moedig kinders van God aan om die tafels groter te maak en nie die mure hoër te bou nie.
Resep: Rudi se lasagne
Rudi Swanepoel se lasagneresep neem lesers op ʼn intieme kookervaring. Dit het in sy boek “Kom sit aan” verskyn en is geskik vir lesers wat die kuns van kosmaak waardeer.
Boekvoorlesing: Uit die Beek 2020
“Ek en jy en ons enigste troos in lewe en in sterwe is die rede vir die betekenisvolste Vrydag tot nog toe,” verkondig dr. Barend Vos. Luister hier na sy boodskap vir Paasfees.