Rudie van Rensburg is terug met nog ʼn Kassie Kasselman-speurverhaal. Luister hier na Neels van Jaarsveld se voorlesing uit “Merk”.
Alles vir die sleutelwoord "NB-Uitgewers"
Boekvoorlesing: Anzil Kulsen lees voor uit ‘Reënboogmelodie’
Wat verg dit van jou om in jou huwelik te bly, en is dit noodwendig die beste vir almal? Anzil Kulsen ondersoek dié en ander huwelikskwessies in haar jongste boek, “Reënboogmelodie”.
Boek-uittreksel: Fanie Viljoen weef ʼn ‘Donker Web’
“Hallo, Oom Fanie. Ek is mal oor ‘Onderwêreld’. Gaan daar ʼn opvolg wees?” Na honderde sulke boodskappe van leerders, onderwysers en lesers het Fanie Viljoen besluit om dié verhaal uit te brei. Lees hier ʼn uittreksel uit “Donker Web”.
Boek-uittreksel: Die verlore seun vannie Gaatjie
“Welkom in die lewensveranderende verhaal van Ivor Swartz – energieke navolger van Jesus en kreatiewe storieverteller,” sê Stephan Joubert oor “Die verlore seun vannie Gaatjie.” Lees hier ʼn uittreksel uit die boek.
Annerle Barnard lees voor uit ‘Sindikaat’
Vakansie is sinoniem met ure lange pret met die jongste rekenaarspeletjies en fietsry in die straat. Maar vir Paul, Adriaan en Karlien ontaard die vakansie in ʼn nagmerrie. Luister hier na ʼn boekvoorlesing van “Sindikaat” deur Annerle Barnard.
Boek: Somtotaal
“Somtotaal” is Anchien Troskie se eerste roman in vyf jaar. Troskie se eerste boek “Dis ek, Anna” is in 2004 onder die skuilnaam Elbie Lötter, uitgegee.
Boek: Rivierplaas – Alba Bouwer-omnibus
Alba Bouwer sou in 2020 haar 100ste verjaardag vier. Dié omnibus bring hulde aan die stories van Alie en Rivierplaas se mense.
Boek: Wie’s jy, mnr Slym?
“Wie’s jy, mnr Slym?” is ’n kinderboek met ʼn boodskap oor vriendskap en jy kan boonop leer hoe om jou eie slym te maak. Dit is geskik vir kinders van die ouderdom nul tot ses jaar.
Armand Aucamp, ma lees vir kinders
In “Kaggels, kerse en kinderstories” raak Armand Aucamp en sy ma, Petra, nostalgies met ʼn paar voorlesings uit “My storiekis”. Dié ma-en-seun-geselligheid bied vermaak vir die hele gesin.
Boek-uittreksel: Mia – ‘n Ma se storie van verlies en hoop
’n Motorongeluk tydens ’n gewone gesinsvakansie verander die Robbertsgesin se lewe dramaties. Lees hier ʼn uittreksel uit “Mia – ‘n Ma se storie van verlies en hoop” deur Mariska Robberts.
Boek: Aanspreeklikheid
“Aanspreeklikheid” was in 2018 die naaswenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd. Dit is Fouché se eerste roman in sewe jaar.
Boek-uittreksel: Israel-reeks 11 – ‘Hooglied’
“Hooglied” is die elfde titel in Marzanne Leroux-Van der Boon se Israel-reeks. Sy lê gereeld besoek in Israel af en met haar diepgaande kennis van dié land skryf sy die Joodse leefwêreld vir haar lesers oop. Lees hier ʼn uittreksel.
Boek: Helene de Kock Keur 5
“Helene de Kock Keur 5” bevat vier ontroerende verhale wat lesers tot op die laaste bladsy sal boei.
Boek: Eisteddfod-pret 2
“Eisteddfod-pret 2” bied ʼn versameling gedigte, monoloë en samesprake wat geskik is vir laerskoolleerders.
Boek: Moenie met ’n prinses mors nie!
“Moenie met ’n prinses mors nie!” wys dat meisies alles kan doen wat seuns doen, en dalk nog beter.
Boek-uittreksel: Uit die Beek 2019: Beloftes
“Nou gaan Hy weg, sodat Hy dit vir hulle, vir óns, nog makliker kan maak om alles te glo wat Hy belowe het. In sy plek kom die beloofde Gawe van God: die Gees wat hulle sou oorweldig.” Lees dié spesiale uittreksel ter viering van Hemelvaart.
Boekvoorlesing: Ontdek God in die stories van mense
“Mag ons onthou dat God ons voorsiener is,” bemoedig Benescke Janse van Rensburg, skrywer van “Ontdek God in die stories van mense”.
Boekvoorlesing: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan
Kry ʼn koppie koffie en maak jouself tuis in die winterson, terwyl jy na Christine Barkhuizen-le Roux se voorlesing van haar roman “My naam is Prins, ek slaap met die lig aan” luister.
Boek: Trompie Omnibus 8
Topsy Smith se karakter Trompie was vir die jongmense van sy era ’n rolmodel. In die laaste omnibus in die reeks word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit.
Boekvoorlesing: Vroue van die Bybel 2
“Kyk op, kyk rond en besef dat hierdie lewe nie net oor jou en jou eie behoeftes gaan nie,” sê Esté Geldenhuys, skrywer van “Vroue van die Bybel 2”. Luister hier ʼn spesiale voorlesing en Moedersdag-boodskap.