Die spanningsverhaalskrywer Peet Venter se jongste boek, Lem, is ʼn donker roman waarin verraad en politieke korrupsie hoogty vier. Hy stel vrae oor wat ʼn persoon te doen staan as hy (of sy) man- of vroualleen teen die hele samelewing te staan kom. Die groot vraag is wie gaan oorleef?
Alles vir die sleutelwoord "roman"
Boek: Aspoesterskoene
Daar wás ’n tyd toe sy op hoëhakskoene tussen die slaggate op haar lewenspad rondgetrippel het. En almal haar mooi bene bewonder het. Toe kom die uitnodiging na die reünie op Doringbaai en haar lewe neem ’n wending wat sy nie in haar wildste drome verwag het nie.
Luister: Debbie Loots gesels oor debuutroman
Debbie Loots se eerste boek, Split, speel af in die 70’s en 80’s en dit volg die Barnard-gesin wat rondtrek van die een plek na die ander. Debbie het met Esté Meyer Jansen gesels oor die temas van die boek en hoe dit voel om jou eerste roman in jou hande te hou.
Boek: Solitaire
Wanneer Donna de Villiers en haar man Divan skei, moet hulle die suksesvolle juweliersonderneming en die huis in Tamboerskloof verkoop sodat hulle bates verdeel kan word. Haar selfbeeld is aan skerwe weens Divan se verraad. Die eens suksesvolle juwelier, wat pryse vir haar werk losgeslaan het, se skeppingsdrang is daarmee heen.
Boek: Skuldig
Ná sy baie goeie debuut, is Martin Steyn terug met nog ’n krimi. Hierdie keer ondersoek Adjudant Colin Menck ’n baie professionele reeksmoordenaar.
Boek: Gelyke kans
Gelyke kans is ’n eerlike boek oor ’n vrou wat eers met haarself moet vrede maak, maar wat ook eerlik genoeg is om te weet dat sy nie haarself die waarde van ’n maat moet ontneem bloot om sterk te wil voorkom nie.
Luister: Bets Smith bespreek die liefde, geskiedenis en ‘n roman
Bets Smith, die skrywer van “Onder ‘n Sterrehemel”, praat met Esté Meyer Jansen uit Witrivier oor dié roman, geskiedenis en haar liefde vir skryf.
Boek: Siobhán van die sirkus
Siobhán verras (en skok) haar ouers toe sy besluit om die skoolvakansie by ’n sirkusskool aan te sluit “om net ’n slag iets anders in haar lewe te doen en te ervaar – en dalk help dit vir die dramaklasse wat sy ná matriek wil neem”.
Boek: Die tuiskoms
Liz Aucamp het tien jaar gelede haar geboortedorp as banneling verlaat. Vandag is sy ʼn onkoloog wat op die drumpel van ʼn briljante akademiese loopbaan staan, maar omstandighede dwing haar terug Groblersdorp toe, waar die skindertonge maar te gretig wag om haar te verslind.
Boek: Vuurklip
“Vuurklip” is ‘n magiese verhaal oor die lotgevalle van die Land- en die Seestamme aan die suidkus van Afrika 100 000 jaar gelede. Dis die storie van Ama, jongvrou wat wil Storievrou en Moetievrou word, maar eers moet sy vróú word.
Moord in die beloofde land
Francois Bloemhof se nuwe spanningsvolle roman oor ‘n man in wie ‘n onbekende mag stadig die oorhand kry.
Koljander
In hierdie roman word die leser geneem op ‘n reis na die binnewêreld van die kunssinnige Karen en van haar siniese fisikuspa.
Nuwe boek: Diva
Diva is een van die spanningsromans van die jaar by LAPA.
Nuwe boek: As die wind kom draai
Soos in sy roman Die pad na Skuilhoek loop Hans du Plessis met As die wind kom draai op die spore van die vroeë Voortrekkers die onverkende tegemoet, en bring ‘n verhaal wat soos rosyntjiebos opspruit uit hierdie land se harde grond.
Nuwe boek: Skadu’s van gister
Hierdie tweeluik, ‘n gesamentlike heruitgawe van Klaprose teen die wind en Soos honde van die hemel, bied ‘n boeiende dubbeldoor-leservaring.
Nuwe boek: Vis en Tjips
Watter soort ou breek by ‘n akwarium in? En verf grafitti teen die muur? Of gooi bottels en ander gemors in die dolfyntenk? Kevin Pieterse, dis wie. Maar dan ontmoet Kevin vir Ginger die dolfyn. En dit is liefde met die eerste oog op slag…
Galgmeisie
Die veertienjarige dief en inbreker Gitte Niemandsdogter word deur ’n stadswagter gearresteer, en sy word ter dood veroordeel. Sy ontsnap net-net aan die galg deur die onderbalju daarvan te oortuig dat haar pa ’n Spaanse hertog is…
Seisoen van vergifnis
Seisoen van vergifnis is die vyfde boek in die Geur- en Seisoen-reeks. Lesers wat vertroud is met karakters uit die vorige vier romans sal hulle in hierdie roman terugvind.
Al die meisies hou van Divan Louw
Om Divan Louw aantreklik te noem, is soos om te sê Mount Everest is hoog of Antarktika is koud – dis waar, maar dit vertel nie naastenby die hele storie nie…
Werfsonde
Werfsonde sit die verhaal voort van die laaste wit man in Yeoville. Die hoofkarakter, ‘n Afrikanerman, woon saam met sy Zoeloe-vrou Lungi en haar seun Jomo in ‘n grinterige en snelveranderde Johannesburg, tussen die stad se nuwe inwoners van regoor Afrika.