“Naomi het onlangs vir my gesê dat ’n familielid aangevoer het dat sy nie goeie tennis op kleibane speel nie. By elke mediakonferensie moet sy hoor dat haar statistieke op kleibane nie vir goeie leesstof sorg nie.”
Alles vir die sleutelwoord "tennis"
Djokovic het hiér voete van klei
“Ek hou die minste daarvan om op dié soort baan te speel.”
Rafa en Roger kan swaarde in Parys kruis
“As daar nie iemand soos ’n Nadal was nie, is ek daarvan oortuig dat Federer teen hierdie tyd al seker vyf of ses Franse Ope-titels agter sy naam sou gehad het.”
Roger realisties ná Genève-nederlaag
“Wanneer ’n mens so min gespeel het en jy jou eie vermoë ken, hoe kan jy daaraan dink om die Franse Ope te wen?”
Serena sê Roger is die beste ooit
“’n Mens sukkel om nie van hom te hou nie; as ek maar net soos hy kon speel!”
10 uit 10 vir Nadal!
Die Spaanse tennisster het gister sy tiende titel in Rome verower – en nou lê die Franse Ope voor.
Franse Ope: Toeskouers moet bewys hulle is Covid-vry
’n Negatiewe toetsuitslag (nie ouer nie as 48 uur) of ’n inentingsertifikaat sal as bewys dien.
Nadal nog onseker oor Spele
“In ’n normale wêreld sou ek nooit daaraan gedink het om die Olimpiese Spele mis te loop nie. Maar in hierdie omstandighede…”
Novak steek Serena verby
Die Serwiese ster is nog 57 weke weg van Steffi Graf se algehele rekord vir die meeste weke as die wêreld se voorste tennisspeler.
Navratilova wil hê Rafa moet nooit uittree
“Ek het oneindige respek vir jou en ek is mal daaroor om jou te sien speel. Trouens, ek wens dat jy nooit sal uittree nie want dan kan jy dalk 30 titels op Roland Garros wen.”
Topspeler kies entstof bo toernooi
“Ek sal ongelukkig nie in Stuttgart kan deelneem nie omdat ek dan my eerste dosis van die entstof ontvang.”
Djokovic onoorwonne ná 10 wedstryde in 2021
“Hy is steeds honger vir sukses en vasbeslote om nog baie rekords agter sy naam te skryf. Ek dink nie hy gaan ophou totdat hy almal verbeter het nie.”
Franse Ope met ’n week uitgestel
Hoewel ’n speler soos Rafael Nadal waarskynlik nie veel deur veranderende bepalings gepla word nie, kan Roger Federer sy dagboek nader trek.
Roger, Rafa en Novak deel van Madrid-ope
Federer sal volgende maand sy eerste verskyning op ’n kleibaan in amper twee jaar maak.
Lloyd nou onder die 50 bestes
Daar was die oorwinnings teen Stan Wawrinka en Dominic Thiem, die Dubai-eindstryd en die eerste sege in ’n ATP 1000-toernooi in Miami. Nou het Suid-Afrika se Lloyd Harris nóg ’n lekker mylpaal bereik.
Spanjaard steeds Medvedev se tier
Naomi Osaka se onoorwonne rekord – wat oor 23 wedstryde strek – is ook beëindig.
Switserse natuurprag kry Federer-bemarkingskrag
“Dit is die perfekte kombinasie. Switserland en sy ongerepte natuur het ongetwyfeld tot Roger se ongelooflike tennisloopbaan bygedra.”
Roberto moet nie vir Lloyd onderskat
Harris se selfvertroue-beker loop deesdae oor. Voeg daarby sy talent en aanvoeling vir die spel en jy sit met ’n baie gevaarlike speler; iemand wat topgekeurdes nie ligtelik moet opneem nie.
Lloyd nou teen 19-jarige ná Murray besering
“Toe word ek om 03:00 wakker met ’n steekpyn in my lies en ek kon kwalik loop,” het die 33-jarige Andy Murray gesê.
Lloyd spring 29 plekke op ranglys
Die Suid-Afrikaner is volgende in die VSA in aksie waar hy Andy Murray in die eerste ronde in Miami die stryd aansê.