ʼn Klein groepie mense het by die Voortrekkermonument bymekaargekom in teenstand teen ʼn gedenkdiens wat hier vir prins Mangosuthu Buthelezi, afgestorwe voormalige IVP-leier en tradisionele premier van die Zoeloe-koninkryk, gehou is.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Man vas vir Rustenburg-sakeman se moord
Die verdagte is in hegtenis geneem nadat hy in die hof in Germiston verskyn het waar ʼn afsonderlike aanklag van gewapende roof hom in die gesig staar.
Buthelezi vergestalt ‘Zoeloe-Afrikaner-versoening’
Die Voortrekkermonument hou Vrydag vir prins Mangosuthu Buthelezi ʼn gedenkdiens, juis vanweë sy diepe respek vir en gesindheid teenoor die Afrikaner.
‘Parlement moet aandag gee aan plaasaanvalle’
Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het Donderdag ʼn mosie in die parlement voorgelê vir die stigting van ʼn parlementêre ad hoc-komitee om ʼn behoorlike ondersoek te doen na plaasaanvalle en -moorde.
Reeva Steenkamp se pa sterf
Barry Steenkamp, pa van die vermoorde Reeva Steenkamp, is Donderdagaand oorlede.
Wetswysigings oor mosies van wantroue ‘stap in regte rigting’
“Mosies kan tans onbeperk gebring word wat meestal lei tot groot ontwrigting en onsekerheid in die regering wat betrokke is, op welke vlak ook al. Soos male sonder tal gesien, veroorsaak dit groot ontwrigting wat dienslewering betref en belastingbetalers is die verloorders.”
Fase 5-beurtkrag geld nou onbepaald
Fase 5-beurtkrag is van 06:00 Vrydagoggend af onbepaald ingestel.
Hoë fases van beurtkrag net tydelik, hoor kabinet
Die DA bestempel die kabinet se terugvoer as “ʼn verstommende bewys van onverskilligheid oor wat Suid-Afrikaners tans moet deurmaak”.
‘Min’ wag nog op Sassa-geld, sê ministers
“Selfs wanneer ons jammer sê, is dit net nie genoeg nie. Ons is baie jammer vir wat gebeur het.”
G’n rede tot paniek oor ‘aardbewing’ by Kangogrotte
Die Oudtshoorn-munisipaliteit het Woensdag in ʼn plasing op Facebook bevestig dat die stemboodskap wat tans die ronde doen na ʼn noodoefening verwys.
Posbank se voorsitter, verskeie raadslede bedank glo
ʼn Bedankingsbrief gerig aan Mondli Gungubele, minister van kommunikasie, is op sosiale media gedeel en lui dat dié minister die rede vir die besluit is.
Bok-terugslag: Vurige Marx uit Wêreldbeker
“Malcolm het ongelooflik hard gewerk om op sy beste vir die toernooi te wees en dit is hartseer dat sy deelname op só ʼn manier tot ʼn einde moet kom.”
Rand Water bekommerd oor toenemende vraag na water
Volgens Lindela Mashigo, woordvoerder van die Tshwane-metroraad, ontvang Tshwane 79% van sy grootmaatwatervoorraad van Rand Water.
Tshwane-staking: Werkers aangerand; trokke, bakkie brand
’n Tshwane-bakkie, ’n watertenkwa, drie vragmotors van die departement water en sanitasie sowel as ’n A Re Yeng-bus, is in verskeie gewelddadige aanvalle in Pretoria se middestad beskadig.
Esterhuizen, Moodie terug teen Roemenië
Bongi Mbonambi sal die kapteinskapleisels van ʼn Springbok-span vasvat wat met vier skrumskakels in die wedstrydgroep spog, terwyl André Esterhuizen en Canan Moodie in die middeveld herenig is.
Eskom-netwerk onder uitsonderlike druk
Volgens Hermann is eenhede wat oor die naweek weer in werking gestel moes word, nie terug nie en is die dieselvoorraad tot so ʼn mate uitgeput dat oorblywende diesel vir noodsituasies gehou moet word.
Só sal ondersoek na Jhb-tragedie verloop
Panyaza Lesufi sê die ondersoek sal in twee fases gedoen word.
Oord betreur vrou se skietdood
Die eienaars van ʼn oord waar ʼn jong vrou die afgelope naweek geskiet is, sê die gebied gaan al geruime tyd gebuk onder misdaad, ondanks hul beste pogings om veiligheid te verseker.
Msimanga DA-premierskandidaat ‘wat Gauteng moet red’
Die DA hoop om ná die 2024-verkiesing in beheer van Gauteng te wees en Solly Msimanga sal dan aan stuur van sake in die provinsie staan.
Voormalige Mej. SA in Kaapse ongeluk beseer
“Soen jou geliefdes elke oggend en sê vir hulle jy is lief vir hulle. ʼn Vragmotor kan jou letterlik uit die bloute tref.”