ʼn Brand in die Noord-Kaap het na die Lohatla-weermagbasis versprei en die lewens van vyf mense geëis.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Hofsake oor ‘entstof-beserings’ hoop op
Van die eisers met wie Maroela Media gepraat het, is deur hul werkgewers gedwing om die Covid-19-entstof te kry, al het hulle aan gesondheidstoestande gely.
‘Mantashe moet Karpowership as voorkeur-bieër verwerp’
Ná skokkende bewerings van onregmatige invloed en ʼn quid pro quo-manipulasie om permitte en beheer van gasterminale te bekom, is Karpowership se posisie as ʼn voorkeur-bieër vir die RMIPPP nou wettiglik onhoudbaar.
Vrou ry glo drie keer oor Delmas-man
“Ek bid dat jy kan rus vind … Jy was ʼn goeie man, boer, pa, seun, boetie, oom en oupa.”
Só lyk beurtkrag oor die naweek
Só lyk die beurtkrag-vooruitsig vir die naweek.
Kinderverkragter-burgemeester uit party geskors
Jeffrey Donson se seun is ook geskors.
Bejaarde boer aan grenspaal vasgebind
Daar word vermoed dat die aanvallers van Zimbabwe die grens oorgesteek het en ná die aanval weer oor die grens na dié buurland gevlug het.
Vakansie ontaard in tragedie toe pa, verloofde verdrink
ʼn Gesin van Sasolburg in die Vrystaat se vakansie het in ʼn tragedie ontaard toe twee lede van die groep verdrink het.
Oudpolisieman lewenslank tronk toe vir moord op vriendin
ʼn Voormalige polisiebeampte is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy sy vriendin ten aanskoue van haar jong seun en ander familielede doodgeskiet het.
Polisie skiet vier vermeende transitorowers dood
Die polisie in KwaZulu-Natal het op vuurwapens, plofstof en talle nommerplate beslag gelê nadat daar op ʼn huis in KwaMashu toegeslaan en vier verdagtes doodgeskiet is.
‘Fear F*k*l’-advertensiebord: ‘Wysig of waai’
ʼn Advertensiebord op die N3-hoofweg in Johannesburg moet óf gewysig of verwyder word nadat daar bevind is dit kan skadelik vir kinders wees.
Wildtuin-drenkeling se liggaam gerepatrieer
“Dit is ʼn ongelukkige voorval. Die dokter op Skukuza en ander nooddienspersoneel is in kennis gestel en het alles in hul vermoë gedoen om sy lewe te red, maar was onsuksesvol.”
Geen borgtog ná moord op Rustenburg-sakeman
“Die staat het ook die feit beklemtoon dat die beskuldigde vrywillig die toneel uitgewys en ʼn bekentenis afgelê het, hoewel hy in die hof aangevoer het dit was onwillekeurig gedoen aangesien hy beweer die polisie het hom aangerand.”
Fase 2-beurtkrag tot verdere kennisgewing
Volgens Eskom is dit die gevolg nadat vier opwekkingseenhede onklaar geraak het, asook die behoefte om reserwes aan te vul ter voorbereiding vir die komende week.
Drie vas ná Musina-plaasaanval
Die verdagtes is die oggend (omstreeks 06:30) ná die misdaad aangekeer terwyl hulle by ʼn nabygeleë plaas geskuil het. Al drie is buitelanders.
Rentekoers styg November moontlik weer
Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, waarsku dat inflasie dalk verslap het, maar dat nog ʼn rentekoersverhoging vanjaar nie uitgesluit kan word nie.
Voëlgriep-krisis ‘kon verhoed gewees het’
Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling sleep boonop nou hul voete met die registrasie van ʼn entstof teen die nuwe variant wat boere op hul knieë het.
‘Plaasjapie’ se Dian gaan pa word
Ouerskap is ook nie ‘n nuutjie vir die 31-jarige kunstenaar van Pretoria en sy 29-jarige vrou nie. Dian en Michelle is albei geregistreerde pleegouers wat al pleegsorg aan kinders verskaf het.
NGV: Planne om Ramaphosa, ministers regstreeks aanspreeklik te hou
Solidariteit het reeds pres. Cyril Ramaphosa en ministers Enoch Godongwana en Joe Phaahla in kennis gestel dat sou hulle onderneem om met die NGV voort te gaan, die organisasie ʼn kostebevel teen hulle sal versoek.
Transnet se Siza Mzimela gooi ook handdoek in
Die grootkoppe in dié staatsbeheerde vervoerinstelling val nou een ná die ander op hul swaard terwyl verskeie krisisse die instelling teister.