“Ek verstaan nie hoe iemand so iets sal wil doen nie …” Boere in die Vrystaat veg ’n bittere stryd om brande in die gebied te verhoed en te bestry – teen groot en dikwels gevaarlike koste vir hulself.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Eskom, Transnet ‘leierloos en ontmagtig’
Die aanstelling en afdanking van uitvoerende hoofde by staastsbeheerde instellings berus by ʼn minister – en dít is waar staatsondernemings se wanfunksionering begin, sê die hoof van BLSA.
Weermag dankbaar vir hulp ná dodelike brande
“Ondanks die haglike finansiële situasie waarin die SANW hom bevind, werk ons hard om te verseker dat ons uitvoering gee aan ons pligte met betrekking tot logistieke ondersteuning aan ons troepe.”
Familie verpletter ná rowerkoeël op plaas sprankelseun eis
“Ons het die oproep omstreeks 15:40 ontvang. Ek weet nie wat om te sê nie. Dit is die seerste seer wat ons familie nog ooit moes deurmaak, dit is regtig bitter moeilik vir ons almal.”
Dupont hervat volle kontak-oefening voor Bok-stryd
Sedert hy weer by die span aangesluit het, het Dupont vinnig van fiets- en swemoefening na hardloopoefeninge oorgeskakel en Maandag se groen lig beteken die strydlustige skrumskakel sal weer volle kontak-oefening ook kan hervat.
Eers hittegolf; nou waarsku weerdiens teen storms, brande
Die weerdiens het ʼn geel vlak 2-waarskuwing vir Maandag uitgereik teen erge donderstorms in die oostelike dele van die Vrystaat en die sentrale en suidoostelike dele van Noordwes.
SA vra vir vrede in Gazastrook, maar…
Terwyl talle lande hul by Israel skaar, sê die ANC dié land is ʼn “blatante apartheidstaat wat metodies bevoorregting namens Joodse Israeli’s afdwing en teen Palestyne diskrimineer”.
Rugbywêreldbeker: Raai die telling en wen
Suid-Afrika kom op 15 Oktober 2023 te staan teen Frankryk in die kwarteindronde van die Rugbywêreldbeker. Raai die telling en staan die kans om ʼn midweek by ATKV-Oorde te wen.
Kleuter sterf in ongeluk met Leap-voertuig
Die kind het glo probeer om die pad oor te steek toe die bakkie hom getref het.
Lohatla-brand: Name bekend van ses soldate wat sterf
Die weermag het die name bekend gemaak van die ses weermaglede wat dood is nadat ʼn brand ʼn spoor van verwoesting by sy Lohatla-weermagbasis gelaat het.
Heldeakker opgeknap vir Krugerdag-viering
“Vir so lank was die Heldeakker nie toeganklik nie en ʼn oop buffet vir kwaaddoeners en het dit gereeld onder een of ander vorm van vandalisme gely.”
Die week in foto’s
Kyk saam na ʼn paar foto’s van wat dié week in die wêreld gebeur het.
14-jarige tydens plaasaanval doodgeskiet
ʼn 12-jarige seun is Saterdag tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe in Bapsfontein, Gauteng, geskiet. Hy het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.
Wêreld reageer op Israel/Gaza-oorlog
Verskeie wêreldleiers het reageer ná Hamas se verrassingsaanval op Israel.
Nuwe SA skaaphondkampioen gekroon
“Mac het so hard gewerk. Hy het nie ʼn voet verkeerd gesit nie. Ek het skoon hoendervleis gekry toe ek besef wat nou gebeur.”
Regering weet lankal van risiko’s vir voëlgriep
“Die regering weet al van 2017 ons stuur op ʼn krisis af, maar het geen stappe gedoen om dit te verhoed nie.”
Israel skort kragtoevoer na Gaza op
Verskeie lande het intussen Hamas se aanval op Israel veroordeel.
‘Staat van oorlog’ in Israel ná Hamas aanvalle loods
Eerste minister Benjamin Natanyahu het gesê “ons is in ʼn oorlog” en het erge weerwraak beloof ná hy opdrag gegee het vir die grootskaalse mobilisering van Israeliese weermagreserwes.
Vlugte by Kaapstad-lughawe vertraag
Passasiers het Saterdag groot frustrasie by Kaapstad- internasionale lughawe beleef toe vlugte vertraag is.
ACDP sluit ook by Veelpartyhandves aan
Kenneth Meshoe, president van die ACDP, sal ook by leiers van ander politieke partye aansluit op ʼn studiereis na Duitsland om inligting te bekom oor die vestiging van suksesvolle koalisies.