“Ons as mammas is nie perfek nie, maar moet streef daarna in God se genade om deur ons gebrokenheid ons dogters goed groot te maak.”
Gedagte vir die dag: Onthou aan Wie jy behoort
Onthou aan Wie jy behoort. Dan sál jou hart nie vergeet om van blydskap oor te loop nie.
Gedagte vir die dag: Bied weerstand teen die Bose
Bied elke dag weerstand teen die magte van die Bose, stry teen die sonde en bid dat God jou styf sal vashou.
Gedagte vir die dag: Gaan leef die liefde
Leef so teenoor ander dat hulle sal weet dat jou liefde – soos Christus s’n – elke dag nuut is.
ToekomsVenster: Kinders bly ons verantwoordelikheid
Suid-Afrika se kinders is ons gesamentlike verantwoordelikheid. Ons mag hulle nie versaak nie.
Gedagte vir die dag: Leef elke dag nuut
God begin elke oggend voor met ons. Kniel vandag opnuut in dankbaarheid voor dié God wat jou met sy lewe liefhet.
ToekomsVenster: God roep ons die diep see in
Die seën lê in die diep water van geloofsvertroue.
Gedagte vir die dag: Leef met selfbeheersing
Ons bly immers feilbare mense. Tog kan ons met die genade van ons Vader altyd weer die skade regmaak, vergifnis vra en ontvang en wéér probeer om Geesvervuld te leef.
ToekomsVenster: Wie se standaard handhaaf jy?
Onthou, jy is ‘n beelddraer van die lewende God self.
Gedagte vir die dag: Ervaar God se liefde
Hy het jou onuitspreeklik lief!
ToekomsVenster: Gister is verby
Leef voluit. Ons het vandag!
Gedagte vir die dag: Geniet God se goedheid
Wees gehoorsaam aan God se stem en jy sal verras wees oor die heerlike vuurtjies-van-genade wat Hy in jou lewe laat brand.
ToekomsVenster: Die son vat dooierus op die horison
Kom Son van geregtigheid, ek buig voor U, Heer.
Gedagte vir die dag: Geniet jou werk
God wil hê dat jy jou werk sal geniet. Vra Hom hóé.
As ’n ma haar dogters leer
Elke moederhart wens dat haar dogters gelukkig sal wees. Die Skrif gee op verskeie plekke praktiese wenke en wonderlike voorbeelde om ons te help in hierdie opvoedingsproses. Om egter altyd reg op te tree en altyd die regte antwoord te ken is nie so maklik nie.
Gedagte vir die dag: Daardie klein jakkalsies
Bid vandag vir onverpoosde Geesvervulling. Hy sal die stille krag wees wat ook jou klein jakkalsies onder beheer hou.
Gedagte vir die dag: Los jou kommer by Hom
“Neem al die dinge waaroor julle julle bekommer of wat julle omkrap na God toe, want Hy self is die Een wat vir julle sorg” (1 Petrus 5:7).
ToekomsVenster: ʼn Plek vir almal
Dis tyd dat ons mekaar spasie onder God se son gun. Ons mag nie ons eie beeld bou deur van ander mense ʼn karikatuur te maak nie.
Gedagte vir die dag: Gee ons tog goeie leiers
“Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees” (Matteus 20:26-27).
ToekomsVenster: Elkeen se verantwoordelikheid
As elkeen van ons respek vir onsself, ander en die omgewing, God se handewerk betoon, sal Suid-Afrika anders daaruitsien.