Dr. Levy Choene Makgatho (39) wat gesoek is deur die Valke omdat hy nie aan ʼn hofbevel ná skuldigbevinding voldoen het nie, is weer in hegtenis geneem.
SAID verwelkom nuwe taksbaas
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Woensdag formeel Edward Kieswetter verwelkom in sy nuwe rol as kommissaris.
Betoging op Limpopo-boer se grond
Meer as 600 mense het Woensdag op Rudo van Vuuren se plaas in Tomburke, Limpopo saamgedrom.
Aanvangs van Go George-busdiens opgeskort
Die George-gemeenskapsforum in die Wes-Kap verwelkom die besluit van die nasionale minister van vervoer, Blade Nzimande, om die inwerkingstelling van die Go George-snelbusvervoerdiens op te skort.
Aansoeke nou oop vir gratis katarakchirurgie
Solidariteit Helpende Hand se aansoeke het oopgemaak vir behoeftige bejaardes om gratis katarakchirurgie in Pretoria te ontvang.
Man sterf toe voertuig bees tref
Een persoon is dood en twee in ʼn kritieke toestand ná hul voertuig ʼn bees in Midvaal, Gauteng gestamp het.
Só beslis hof oor Caster
Die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) het Woensdag uitspraak gelewer in Caster Semenya se saak teen die nuwe reëls van die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF) oor testosteroonvlakke in die liggaam.
Limpopo-polisie keer 46 aan oor openbare geweld
Altesaam 46 persone, tussen 19 en 49 jaar oud, is in Limpopo in hegtenis geneem in verband met gewelddadige betogings vandeesweek in die Lebowakgomo- en Modjadjiskloof-polisiëringsdistrikte.
42 in Brits vas oor openbare geweld
Altesaam 42 verdagtes sal Donderdag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van openbare geweld.
11 dood ná vloede in Oos-Kaap
Die Oos-Kaapse regering het bevestig elf persone is dood en twee word nog vermis as gevolg van onlangse vloede in die provinsie.
Steve ‘teleurgesteld’ oor MultiChoice se besluit
Die sanger Steve Hofmeyr het gesê hy is teleurgesteld oor MultiChoice se besluit om nie meer enige blootstelling aan hom te gee nie.
Haatspraaksaak teen BLF uitgestel
Die saak tussen die burgerregteorganisasie AfriForum en Black First Land First (BLF) is Dinsdag in die gelykheidshof in Johannesburg uitgestel.
Nuuskommentaar: Teleurstellings (en ‘bloopers’) van verkiesingsveldtog
Is kiesers bloot dom stemvee wat deur politieke partye maklik ’n gat in die kop gepraat kan word om vir hulle te stem? Ongelukkig lyk dit net te dikwels of dit só is. Veral sekere aspekte word te maklik deur voornemende kiesers vir soetkoek opgevreet.
Man gevonnis oor student se moord
Zolile Mfeketho (20) is Dinsdag in die Port Elizabeth-streekhof gevonnis in verband met die moord op ʼn student aan die Nelson Mandela-Universiteit.
Pretoria-polisie op soek na dié moordverdagte
Die polisie in Sunnyside in Pretoria het Dinsdag ʼn foto vrygestel van die 37-jarige moordverdagte Obienna Greg Ofdegbuliwe.
Perlemoenstropery in Kaapstad afgeweer
Die Stad Kaapstad se mariene wetstoepassers kon perlemoenstroperbedrywighede aan die stad se kuslyn afweer en het tydens die proses beslag gelê op meer as 1 000 gestroopte perlemoen.
Sibanye-werkers veilig na oppervlak gebring
Ongeveer 1 800 myners by Sibanye-Stillwater se Thembelani-skag in Rustenburg is veilig na die oppervlak gebring.
Kollegas ondersteun ginekoloog ná skuldigbevinding
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Verloskunde en Ginekologie (Sasog) het Dinsdag hul misnoeë te kenne gegee met ʼn uitspraak in die hooggeregshof waar die skuldigbevinding en vyfjaartronkstraf van dr. Danie van der Walt bevestig is.
Man gevonnis oor swanger vrou se verkragting
ʼn 49-jarige man is in ʼn hof in die Vrystaat gevonnis in verband met die verkragting van ʼn vrou wat in daardie stadium ses maande swanger was.
1 800 werkers steeds ondergrond by Sibanye-Stillwater
Sibanye-Stillwater het Dinsdagaand bevestig ongeveer 1 800 van sy werknemers is steeds ondergrond en wag om na die oppervlak gebring te word.