Suid-Afrika het ʼn sterk teenwoordigheid gehad tydens die 66ste Grammy-toekennings, wat Sondagaand in Los Angeles, Kalifornië, uitgedeel is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "toekenning"
Radiostemme vereer met gesogte pryse
“Ons kan nooit ons waarde meet aan toekennings nie, want elke oggend wanneer daai mikrofoon aangaan, is die luisteraar jou beste vriend.”
Boek sonder paragraafonderbrekings wen Booker-prys
“Dit was nie ’n maklike boek om te skryf nie.”
Koordirigent sê Sama-prys is inspirasie vir toekoms
“Hierdie toekenning bind die koor nog meer en skep ʼn gevoel van gemeenskap.”
SA kookboek wen gesogte internasionale prys
Die gesogte Gourmand-toekennings vereer jaarliks die heel beste kos- en wynboeke.
Hennie Koortzen met radioprys vereer
“As kind van die verre Noord-Kaap, in Kakamas se wêreld, was dit altyd my droom om by die uitsaaiwese betrokke te raak.”
Von Trapp-kinders ‘Do-Re-Mi’ weer saam met Julie Andrews
Vyf van die akteurs wat as kinders teenoor Julie Andrews in “The Sound of Music” gespeel het, het haar onlangs tydens ʼn toekenningsgeleentheid verras.
Video: FAK-prys vir Afrikaanse treffermaker
“Jy was ʼn superster en dit is jy nog. Behalwe dat jy omtrent vyf foute op die klavier gemaak het, is daar niks met daai stem verkeerd nie,” het Pretorius met Herholdt geskerts.
Messi maak Ballon d’Or-geskiedenis
Messi (34) het sy span gehelp om die Copa America-toernooi te wen en het meer as 40 doele in 2021 aangeteken.
Tony-toekennings in New York uitgedeel
Lois Smith het op 90-jarige ouderdom die oudste Tony-wenner vir toneelspel geword.
Eerste SA teaterhoof ontvang gesogte internasionale toekenning
“Ek aanvaar die toekenning namens al die gemarginaliseerde individue, die stemloses en veral diegene met gestremdhede wat steeds sonder hulpbronne en deursigtig vir die wêreld is.”
Groot opgraderings by Kaapstadse lughawe op pad
Opknappingswerk van R7 miljard word by die Kaapstadse Internasionale Lughawe beplan. Dit sluit in die vernuwing van die binnelandse aankomssaal en die uitbreiding van die buitelandse terminaal. ʼn Hergroepering van die aanloopbane beloop nagenoeg R3,93 miljard en sal beteken aankoms- en vertreksale kan in die toekoms verder uitgebrei word, het die Stad Kaapstad gesê.
Twee van SA onder top-50 onnies ter wêreld
Die Global Teachers Award word jaarliks aan ʼn merkwaardige onderwyser gegee wat ʼn uitnemende bydrae tot hul beroep gemaak het. Die wenner stap met $1 miljoen se prysgeld weg.
SA kaas aangewys as een van die beste ter wêreld
Meer as 3 000 kase is op een dag geproe, geruik en beoordeel by die 30ste jaarlikse Wêreldkaastoekenningsgeleentheid by die Taste-fees in Londen.
Trevor Noah kry gesogte toekenning
Die komediant, wat deesdae in die gesogte Stella Tower in New York woon, het die toekenning aan sy ma opgedra.
Radio Kalahari Orkes vereer vir bevordering van volksmusiek
Die Radio Kalahari Orkes is Donderdagaand deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) by die Pierneefteater in Pretoria vereer met ’n FAK-Prestigetoekenning vir die uitnemende bevordering van Afrikaanse volksmusiek deur die liedjies van David de Lange.
Agter die skadu van die liedjieboer se rooi Ray Ban’s
Hy was seker 17 jaar oud toe die skoolsielkundige vir hom gesê het hy moet liefs ʼn musiekloopbaan vaarwel toeroep. Die sielkundige het gesê dis net “groot name” wat ʼn bestaan in die musiekbedryf kan maak – en hy, ʼn jong bogsnuiter, het gʼn kat se kans nie.
Media24 Boeke wys literêre pryse vir 2016 aan
Media24 Boeke se literêre pryswenners vir 2016 is Woensdagaand in Kaapstad aangekondig. Meer as 50 boeke wat in 2015 by uitgewerye in die Media24-stal verskyn het, is ingeskryf vir dié pryse met ’n gesamentlike prysgeld van meer as R200 000.
Laurika Rauch vereer met presidensiële orde
Die bekroonde sanger Laurika Rauch word op 28 April met die presidensiële Orde van Ikhamanga (brons) vereer. Dit is een van die hoogste toekennings in Suid-Afrika wat die sanger se bydrae tot die kunste vereer.
Wenner van eerste Jan H. Maraisprys aangewys
Prof. Hermann Giliomee, historikus en kenner van die Suid-Afrikaanse politiek, is vandeesweek aangekondig as die eerste ontvanger van die Jan H. Maraisprys vir ʼn uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskaptaal.