Die polisie ondersoek gerugte van ʼn ouer en twee kinders wat vermis word ná ʼn vermeende kaping Woensdagaand in Centurion.
Alles vir die maand Februarie 2015
Swaardmoord: Seun in hof
ʼn Tienerseun wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouma met ʼn swaard doodgekap het, het Woensdag in die Roodepoort-landdroshof verskyn, het Beeld berig.
Woord: kwasterig
Het jy geweet ‘n “kwasterige” persoon verwys na iemand wat “nukkerig” is? Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting oor dié woord.
Nuuskommentaar: Ompad voor (weens gewelddadige betogings)
As daar nie ʼn behoorlike wil by die regering kom om munisipale administrasies skoon te maak nie, gaan die ompaaie om gewelddadige betogings tot cul de sacs lei, skryf Herman Toerien.
Man sterf ná hy koei op snelweg tref
ʼn 32-jarige man is Donderdagoggend dood nadat sy motor ʼn koei op die N1-snelweg sowat 60 km buite Bloemfontein in die Vrystaat getref het.
Foto’s: Mugabe se val ʼn internetsensasie
Twitter-gebruikers het nie op hulle laat wag nadat pres. Robert Mugabe (90) van Zimbabwe Woensdag geval het tydens sy terugkeer van die Afrika-Unie spitsberaad nie.
Boek: Snuit jou neus, wilde, woeste Wolf
Kinders leer hoe kieme versprei en waarom ’n gesonde lewenstyl belangrik is, in hierdie skreeusnaakse storie.
Engen-skieter weer in hof
Dave Forbes, wat glo ʼn man wat kaartjies op die swartmark verkoop by ʼn vulstasie in Kaapstad doodgeskiet het, verskyn Donderdag weer in die Kaapstad-landdroshof.
AfriForum koop “moedertaal” as verjaarsdaggeskenk vir Afrikaans
Die burgerregte-organisasie AfriForum het onlangs die woorde “amptelike taal” en “moedertaal” eksklusief aangekoop as deel van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se fondswerwingsprojek, “Borg ʼn Woord”.
Foto: Vrou sterf in DBN-ongeluk
ʼn Vrou is dood en 17 mense beseer nadat ʼn minibustaxi Donderdagoggend in Mount Edgecombe, noord van Durban in KwaZulu-Natal gerol het.
Resensie: As jy hier is – Arno Jordaan
Arno se aanhangers moes lank wag vir sy nuuste album, maar dit was die moeite werd meen Daantjie Dinamiet.
Luister: Die verskil van tuisonderrig en hoofstroomonderwys in die grondslagfase
Die kenners van Impak Onderwys bespreek die verskil tussen tuisonderrig en hoofstroomonderwys in die grondslagfase.
Beurtkrag Donderdag langer toegepas
Eskom het aangekondig dat hy van 08:00 Donderdagoggend af fase 2–beurtkrag sal toepas.
Rea Vaya-busdiens steeds opgeskort
Die Rea Vaya-busdiens is steeds opgeskort, het die stad Johannesburg Woensdagaand gesê.
DA: ‘Beëindig Eskom se monopolie’
Die DA het Woensdag gesê die regering moet ander elektrisiteitsprodusente toelaat om mee te ding en Eskom se monopolie beëindig.
Gedagte vir die dag: Absolute getrouheid
As God die gras van die veld, wat van dag nog daar is en môre in die vuur gegooi word, só mooi maak, hoeveel te meer sal Hy julle versorg, julle kleingelowiges! Beywer julle vir sy koninkryk, dan sal Hy julle ook hierdie dinge gee. (Luk 12:28, 31)
Twee doodgeskiet in Kaapstad
Twee mense is Woensdag in twee afsonderlike skietvoorvalle in Kaapstad dood, het die Wes-Kaapse polisie gesê.
‘EFF te blameer vir Randfontein-betoging’
Jacob Mamabolo, LUR vir samewerkende regering in Gauteng, het Woensdag gesê dit was EFF-lede wat munisipale geboue aan die brand gesteek het tydens ʼn betoging in Mohlakeng buite Randfontein.
Betogers met rubberkoeëls geskiet naby Mooinooi
Die polisie het Woensdag met rubberkoeëls op betogers in Majakaneng, naby Mooinooi in Noordwes, losgebrand.
News24-werknemer twiet F-bom na Taiwan-vliegongeluk
ʼn Werknemer van News24 het Woensdag gedink sy stuur ʼn godslasterlike twiet vol vloekwoorde aan haar volgelinge op Twitter maar het dit toe per ongeluk aan News24 se meer as een miljoen volgelinge gestuur.