Kallie Kriel sê mens sou opgewonde kon wees oor Panyaza Lesufi se belofte dat Afrikaanse skole veilig is, maar die probleem is dat baie mense in leiersposisies voorheen soortgelyke beloftes gemaak het wat uiteindelik niks meer as leë beloftes was nie.
Alles vir Woensdag 8 Junie 2016
Luister: 4Werke vertel oor hul jongste album
Die gewilde popgroep, 4Werke, het onlangs hul jongste album vrygestel en sê dié album se titel is nie verniet 4Warm nie.
Wen met jou nuwe woorde!
Taalgebruikers het met Varsgebek die geleentheid om nuwe woorde, vakterme, uitdrukkings, idiome of streektaal wat nog nie in woordeboeke of ander taalbronne opgeteken is nie, in te skryf.
Hofuitspraak hou ernstige gevolge vir gehalte-onderrig in
Die onlangse uitspraak in die Konstitusionele hof, wat die Gautengse onderwysdepartement die mag gee om oor skooltoelating te besluit, hou ernstige gevolge vir gehalte-onderrig in openbare skole in, meen Alet Rademeyer.
Vryheid van spraak is demokraties
Egte demokratiese verdraagsaamheid beteken jy moet ruimte maak vir menings wat jou teen die bors stuit – ja, selfs vir dié wat jou walg. Die Suid-Afrikaanse reg maak tereg slegs twee uitsonderings: laster (waarvoor die verdraagsaamheid in ons regspraak tans taamlik groot is) en haatspraak
12-jarige meisie doodgeskiet, pa gewond
ʼn 12-jarige meisie is doodgeskiet en haar pa gewond in hul huis in Bethelsdorp, buite Port Elizabeth in die Oos-Kaap.
Luiperdsliga: groot uitdaging wag op Warriors
`n Groot uitdaging wag Saterdag op die Rustenburg Warriors wanneer hy in sy laaste wedstryd in die Jaap Steynliga op die Hoërskool Rustenburg se veld teen Westonaria kragte meet.
Luister: Registreer nou vir Afrikaanse Onderwyserkongres
Afrikaanse onderwysers kan nou registreer vir ʼn jaarlikse kongres wat fokus op die bevordering van onderwysers se professionele ontwikkeling, met ʼn spesifieke fokus op Afrikaans Huistaal en Wiskunde.
Gedig: Die woedende brood
“Hulle wat brood eet, nie brood metafories nie, maar brood met olie en sout op, is nooit soos dan so heel nie…” Lees Sheila Cussons se gedig, “Die woedende brood”
Moot-moord: Skoonseun hoor dalk van borgtog
“Vir iemand om iemand anders 31 keer met ʼn mes te steek en vier keer te sny, kan aandui dat só ʼn persoon nie by sy volle bewussyn was nie. Hy kon geknak het en bewussyn verloor het.”
[Video] Jhb-vrou vertel van wrede aanranding
“Ons nasie is besig om kwater en kwater te word. Ek weet regtig nie waarom hulle my so erg moes slaan nie.”
Brand woed in Grahamstad
ʼn Groot brand woed in Grahamstad in die Oos-Kaap.
ToekomsVenster: Ek is meer as net ek
Geen mens is net ’n skoon bladsy waarop niks geskryf is nie. Selfs as jy as baba gebore word kom jy al klaar met “bagasie” die wêreld in. Dit wat jou ma geëet of gedrink het gedurende die swangerskap het ’n invloed op jou vorming. Sy kon hard gewerk het, baie gestres het en dit maak dat daar al klaar iets op jou bladsy geskryf staan. Soos wat jy ouer word, skryf mense op jou bladsy.
[Foto’s] ABBA sing weer saam ná 30 jaar
Aanhangers van die gewilde Sweedse popgroep, ABBA, moet liefs nie hul asems ophou nie – hoewel dié groep ʼn sosiale media-storm ontketen het toe hulle…
Picasso-werk in Kaapstad opgeveil
ʼn Skildery deur Pablo Picasso is Dinsdagaand vir die eerste keer in Suid-Afrika opgeveil.
Herrie oor SA-jagter se ‘seekoei-uitdunning’ in Zambië
ʼn Zambiese diereregte-aktivis het gewaarsku tot 2 000 seekoeie langs die Luangwarivier in Zambië kan oor die volgende vyf jaar deur ʼn Suid-Afrikaanse professionele jagter doodgemaak word.
Só word renosters se honger gestil
“Mens besef dit nie altyd nie, maar dis nie net beeste en ander wildsoorte wat as gevolg van die droogte honger ly nie.”
Nuuskommentaar: Waar het Zuma van “demokrasie” geleer?
Pres. Zuma het onlangs opnuut in ʼn toespraak laat blyk dat hy geen snars verstaan van wat die term “demokrasie” beteken nie. So bly hy skade aanrig aan die beeld van die land waarna kredietgraderingsagentskappe kyk wanneer hulle besin of Suid-Afrika rommelstatus moet kry, of steeds op die randjie daarvan moet huiwer.
[Resep] Vrugtebroodjie
As jy van vrugtekoek hou, sal dié broodjie jou hart baie bly maak…
OB kort R3 miljoen vir Gupta-ondersoek
Die openbare beskermer het Dinsdag haar versoek, dat sy ekstra geld benodig om ʼn ondersoek te doen oor ʼn moontlike staatsvergryp, herhaal.