Vir Neil Powell gaan dit die naweek in Las Vegas waarskynlik oor meer as om aan die Blitsbokke se voorsprong van agt punte in Wêreldrugby se sewesreeks te klou of daarop te verbeter.
Alles vir die maand Maart 2018
Rowers slaan helder oordag op plaas toe
“Die verdagtes het vuurwapens te voorskyn gebring en lukraak begin skote afvuur. Een van die werkers is gewond.”
Grondonteiening-praatjies se invloed op ekonomie
Ekonome sê die ANC se beoogde grondonteiening sonder vergoeding stuur af op ʼn ramp wat nie net voedselsekuriteit nie maar ook ekonomiese groei kan strem.
Video: Sjimpansee in vliegtuig steel harte
ʼn Video van ʼn skattige babasjimpansee wat tydens ʼn reddingspoging in ʼn ligte vliegtuig reis, het internetgebruikers wêreldwyd aan die koer.
Bakterieë ryloop dalk na Mars
Elon Musk, grootbaas van Space X, maak geen geheim daarvan nie dat hy kolonisasie van Mars in die oog het.
ʼn Stad met ʼn landelike hart
Met die wye Klein Karoo aan die een kant en die kuswoude van die Tuinroete aan die ander, is George ‘n unieke bestemming. Hier is ‘n paar gunsteling-gesinservarings in George – en glad nie teen ‘n plaas se prys nie!
EFF: ‘Keel sny-uitspraak was figuurlik’
Die EFF het Vrydag aangevoer sy leier, Julius Malema, se dreigement dat hulle Athol Trollip, die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, se keel sal afsny, was figuurlik bedoel.
Liggaam in kattebak dié van vermiste ma; verdagte vas
Die liggaam wat verlede week in ʼn uitgebrande BMW in Kaapstad gevind is, is dié van Gill Packham (57).
Pretoria se eie Spiderman draf binnekort tot in Lüderitz
Eric Nefdt (32) gaan binnekort die langpad van die Jakarandastad na Lüderitz, Namibië, te voet in sy Spiderman-pak aandurf.
Ouers verpletter oor dogter (9) se skielike dood
“Ons is stukkend – maar deur haar dood kon twee ander leef. Dis ál wat haar dood ʼn bietjie meer draaglik maak.”
Atul Gupta ‘word onregverdig behandel’
Die aansoekers het aan die hof gesê daar is geen bewyse voor die hof dat die eiendom wat onder bewaring geplaas is, op onwettige wyse bekom is nie.
Ivan en Donnalee se ‘Stroomop’: Hier is die akteurs
Die akteurspaar Ivan Botha en Donnalee Roberts se jongste fliek, Stroomop, gaan ʼn sterbelaaide samewerkingsprojek wees.
Rowers oorval Bloem-bejaarde in slaapkamer
“Toe hulle besef die 77-jarige vrou het geen geld in die huis nie, het hulle haar in haar kamer toegesluit terwyl hulle haar huis geplunder het.”
Foto’s: Deur Eden tot in Baviaans
Ek is seker met die helm gebore. ʼn Valhelm, om presies te wees. Niks bring vir my berusting, vrede en nadenke soos my uitsig deur die effe stowwerige skerm van ʼn valhelm nie, skryf Brian Cheyne.
Video: Food Lover’s tree op ná voorval
Food Lover’s Market het die senior bestuurspan by sy Lenasia-winkel met onmiddellike inwerkingtreding vervang ná ʼn voorval Sondag waarvan beeldmateriaal op sosiale media versprei word.
Video: Suzelle DIY se slim waterwenke
In hierdie episode gee die immergewilde selfdoen-guru Suzelle DIY-wenke oor waterbesparing.
Die agteruitgang van die sosiaal-demokratiese partye in Europa
In Swede was die sosiaal-demokrate vir die grootste deel van die 20ste eeu die bepalende party, in so ʼn mate dat hulle Swede in ʼn sosiaal-demokratiese modelstaat verander het. Hier is die agteruitgang nog nie so sterk nie omdat die welsynstaatmodel nog werk, maar ook hier is ʼn afwaartse tendens te bespeur.
Sakeman in hof ná vrou by lodge sterf
Herman van Tonder (50), die eienaar van ʼn bekende lodge buite Bela-Bela in Limpopo, het Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn waar hy aangekla word van die moord op sy vrou, Elrina.
Superrugby: Rassie sal langer moet wag
Rassie Erasmus gaan met die intrapslag as Springbokafrigter sy eerste voorsmaak van Nieu-Seelandse teenstand kry wanneer die Crusaders Saterdag in Christchurch in die Superrugbyreeks teen die Stormers speel.
Gebou om te veg, maar gebore om lief te hê
Ter viering van liefde wat werklik ʼn verskil maak, besluit my kinders se skool om vir Valentynsdag kos in te samel vir die behoeftige gesinne. Hulle kies Ferdinand die bul as tema en vra of ek met die kinders sal gesels oor hierdie mooi storie, skryf Lindie Strydom.