Hierdie week vertel Wiele2Wiele jou van hul reis saam met Suzuki SA deur die land op die 2 500 km ‘WesBank Fuel Economy Tour’ om vir jou realistiese brandsofverbruik-syfers te gee.
Alles vir Dinsdag 19 November 2019
Miljoene om skole te bou nié bestee
Die Gautengse departement van onderwys het wéér versuim om sy jaarlikse begroting vir infrastruktuurontwikkeling te bestee.
Gewilde spanbestuurder se hart klop warm vir geliefde Pumas
“Wanneer die ouens oor ’n naweek wen, dan voel dit asof ek deel van die sege gehad het.”
Vreemde wesens in die solder …
Niemand sal jou kwalik neem as jy dié video kyk en oortuig is dat dit beeldmateriaal van ruimtemannetjies is nie.
Advokaat sterf ná skoot in hof
ʼn Senior staatsadvokaat van KwaZulu-Natal is Maandag dood toe ʼn skoot per ongeluk in die hof afgevuur is.
Boere dreig met hofstappe oor veilingverbod
“Dis bitter onregverdig.”
Geloftedag: moet ek of wil ek?
Is dit regtig nodig om Geloftedag te herdenk? Is dit regtig nodig om in die warm son na dieselfde geskiedenis te gaan luister wat ons verlede jaar en die jaar voor dit gehoor het?
Kenners krap kop oor Eskom-aanstelling
Kenners wonder of André de Ruyter, nuwe uitvoerende hoof van Eskom, die beste kandidaat vir die pos is.
Lomu-boek: Ellispark was een van sy grootste oomblikke
“All Blacks huil nie, maar op daardie dag het die All Blacks gehuil.”
Tarryn Lamb gee terug dié Kersseisoen
“Dit is goed om ʼn mens se platform te gebruik, nie om meer fokus op onsself te plaas nie, maar om die lig te laat skyn op ander.”
Welkom-polisieman swaar gestraf vir moord op familielede
ʼn Voormalige polisieman het verlof geneem om sy familielede te vermoor.
Boete vir plaaseienaar wat 32 honde mishandel
Die NDBV se spesiale ondersoekeenheid, in samewerking met die Roodepoort-DBV, het die plaas aanvanklik in Januarie 2017 geïnspekteer.
Refentse betree Top-20 met ‘What a boytjie’
Kyk na “What a boytjie” se musiekvideo hier!
Nuuskommentaar: Is kritiek op howe vir ‘ongrondwetlike uitsprake’ geregverdig of minagting van die hof?
Kritiek op die howe in Suid-Afrika is nie nuut nie, en ongelukkig dikwels behoorlik geregverdig.
Resep: Cappuchino-muffins
Die lekkerste ontbyt!
Vandag se sportnuus
Krieket Australië wil die strop nouer trek om spelers wat hulself skuldig maak aan veral homofobiese uitsprake op die veld.
SAL hervat Afrika-vlugte
Die staatsredery het Vrydag plaalike en streeksvlugte opgeskort nadat duisende werkers verbonde aan die National Union of Metalworkers (Numsa) en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Kajuitpersoneel (Sacca) begin staak het.
Rooikruis pleit vir hulp ná KZN-tornado
“Die situasie is hartverskeurend.”
Tshwane skort busdienste op
Tshwane se openbare busvervoerstelsel het wéér tot stilstand geknars.
ANC-koukus rebelleer dalk teen Ramaphosa
Indien die ontevredenes Donderdag slaag in hul doel kan dit drie potensieel lotsbepalende gevolge hê vir die president, die twee ministers, die ANC en belangriker, die welvaart van elke landsburger.