Hierdie 10 artikels is in 2019 die meeste gelees op Maroela Media se goeienuus-afdeling.
Lees meerAlles vir Woensdag 25 Desember 2019
Notre Dame kan dalk nie gered word nie
Die rektor van die Notre Dame-katedraal het gesê dié baken in Parys is nog steeds só broos dat daar ʼn 50% kans bestaan dat die struktuur nie in sy geheel gered kan word nie.
Effense verligting tydens veldbrande in Australië
Dele van Australië wat deur verwoestende veldbrande geruk is, het Woensdag tydelike verligting ervaar danksy koel en klam toestande op Kersdag.
Veteraan-politikus waarsku oor Gauteng en NGV
Die veteraanpolitikus Jack Bloom het gewaarsku dat daar geen manier is dat Gauteng gereed is om enigiets anders as ‘n totale mislukking van Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te maak nie.
Sorg vir dié wat eens vir ons gesorg het
Alhoewel armoede onder bejaardes nie noodwendig voorkom of verbreek kan word nie, kan die geestelike en emosionele armoede van bejaardes beslis aandag kry.
Tert se Kersfeesstorie
Ek en Lien het na mekaar gekyk. Trane het in Lien se oë geblink. Ons het op heilige grond gestaan. Ons gebed is verhoor. Die Here het vir ons gegee presiés wat ons van Hom gevra het.
Eerste handelsvlug van SAL se A350
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het die eerste plaaslike handelsvlug onderneem met sy Airbus A350-900.
Man vas oor ‘Geseënde Kersfees’-rooftog
Volgens ʼn ooggetuie het die rower buite die bank, ná die rooftog, die geld in die lug gegooi en geskree “Geseënde Kersfees!”
Foto’s: Kersfees op die Platteland
Behalwe vir die hartroerende en verrykende viering van Christus se geboorte tydens die Kersseisoen op die platteland, heers hier groot kameraderie en dekade lange vriendskappe waarop voortgebou word sodat Bredasdorp beslís nie net nóg ’n dorp is nie.
Video: Die Kersfees-avonture van Simon se kat
Feestelike avonture saam met Simon se bekende kat!
Gedig: Somerkersfees
“Skenk ons ‘n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer…”
Man vas oor tenderbedrog van R6,6 miljoen
Willem Roos (44) het Dinsdag in die Ventersdorp-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van bedrog van R6,6 miljoen.
Jhb-buurte in donkerte gehul ná brand by substasie
“Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak word, veral op Kersdag.”
Namibië geseën met Kersfeesreën
“Wat ‘n Kersgeskenk is dit om so baie water te kry!”
Man gevonnis wat Gereformeerde Kerk besteel
Mohamed Luqman Aladi Bello (50) is skuldig bevind op aanklag van bedrog van R1,6 miljoen van die Gereformeerde Kerk in Mokopane (Potgietersrus).
Die EFF: ‘n Kritiese bestekopname
Die pas afgelope nasionale kongres van die EFF het ‘n goeie aanduiding gegee van die dinamika, die denkprosesse, die suksesse, mislukkings en tekortkominge van die party, asook wat om in die toekoms van hulle te verwag.
Regering wil glo sport nasionaliseer
“Regeringsinmenging sal onafwendbaar daartoe lei dat Suid-Afrikaanse atlete en sportspanne se deelname aan internasionale kompetisies soos die Olimpiese Spele bedreig word.”
Twee vas oor piramideskema van R500 miljoen
Sandile Sibiya (29), stigter en direkteur van die beleggingsmaatskappy Supreme National Stock Holdings, en Nomalizo Sibiya (37) het Maandag vlugtig in die Pietermaritzburg-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn op aanklag van bedrog en die oortreding van die Bankwet.
Stapper deur pofadder gepik
ʼn Vrou is met ʼn helikopter na ʼn spesialisfasiliteit geneem ná sy op Oukersdag in New Hanover in die KwaZulu-Natalse Middelland deur ʼn pofadder gepik is.
Gedagte vir die dag: Die bekendste verhaal
Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! (Lukas 2:11)