“Joshua na die Reën, Lizandra, Kaleidoskoop en Leon het saam met die orkes in Gauteng in Pierneefkraal, Pretoria, opgeneem. Die res van ons het in die Kaap in Jongensdal, Stilbaai, in ʼn skuur opgeneem.”
Alles vir Woensdag 2 September 2020
Woordsoorte: Hoekom?
Dit is altyd in ʼn leerproses nodig om te weet hoekom ʼn mens ʼn ding moet weet. Nie net gee dit ʼn mens die moed en die lus om deur te druk nie, dit maak die leerproses vir ʼn mens sinvol. En nuttig.
Verslag oor De Lille en Beitbrug-grensdraad lek uit
Volgens die verslag het De Lille op 16 Maart ʼn opdrag aan die direkteur-generaal van openbare werke gegee dat die hele tenderproses binne vier dae afgehandel moet word en dat sy weekliks op die hoogte gehou moet word. Dié opdrag is egter twee dae voordat die regulasies van die afsonderingstydperk in werking gestel is, gegee. Dit is dus onwettig.
Musiekster om dop te hou: Leandra
“Ek is so geseënd dat dit steeds goed gaan met my en dat ek die kans kon aangryp om my drome waar te maak.”
R5 miljoen vir boorgat sonder water
Toe die DA die perseel die eerste keer besoek het, was daar glad nie sprake van ʼn boorgat nie.
13 van Tshwane-metropolisie vas vir korrupsie
Skorsingsbriewe is in die derde week van Augustus aan al 13 lede uitgereik hangende verdere ondersoek.
Nuuskommentaar: Ons sal plaasmoorde sélf moet pak
Die regering het nie eens die vermoë om ʼn kwessie te takel wat hy onbeskaamd veroordeel nie – wat nog van ʼn saak soos plaasmoorde wat hy selde onbeskaamd veroordeel of pak. Selfs daar waar hy graag ʼn probleem wíl oplos, sukkel hy.
Nuwe selfoon-app om Covid-19-kontakte op te spoor
Wanneer ʼn gebruiker positief toets vir die koronavirus, word hulle gevra om die diagnose op die app aan te meld. Sodra dít gedoen word, word alle ander gebruikers met wie hulle die afgelope 14 dae in aanraking gekom het, dadelik in kennis gestel van die blootstelling.
Swaar vonnis vir taxibestuurder wat verkrag
Een van die slagoffers het die man gesmeek om haar nie voor haar seun te verkrag nie.
Plaaslike natuurdokkie oor SA kelpwoud, seekat op Netflix
“My Octopus Teacher” is ʼn trots Suid-Afrikaanse produksie en het reeds talle benoemings, en selfs ʼn paar pryse op rolprentfeeste ingeoes.
Faf tans ‘beste’ in wêreldrugby
“Joost het oor die X-faktor beskik, terwyl Faf weer baie hard werk en sy eie geluk op die veld skep,” sê ʼn voormalige Bloubulskrumskakel.
Waarnemende hoof van Staatsdrukkery van korrupsie verkla
Die aanklagte hou verband met bewerings van korrupsie, viktimisering en inmenging in die verskaffingsketting – kwessies wat onlangs deur ’n fluitjieblaser aan die lig gebring is.
Gautengse DA-leier bedank
Gerugte in politieke kringe is dat Moodey reguit op pad is na Action SA, die party van die voormalige Johannesburgse burgemeester, Herman Mashaba.
Gebrokehart-sindroom neem toe tydens Covid-19
Hier is raad om stres en angstigheid te beheer.
Amira Willighagen: ‘Ek sing nie vir die erkenning’
“Musiek kan mense bereik en hulle herinner dat daar ʼn Here is wat ons beskerm.”
Universiteit van Kaapstad beste in Afrika
“UK word ook onder die top-200 beste universiteite ter wêreld beskou.”
Vrou klou hele ent verbete aan gekaapte voertuig
Die bende het eers drie huise beroof en daarna twee motors gekaap waarna hulle spoorloos verdwyn het.
Eerste ANC-LP val in stryd teen staatskaping
Sommige ANC-lede het beweer Bongo is met verlof, maar die woordvoerder van die ANC se parlementêre koukus het gesê geen sodanige verlof is goedgekeur nie.
Video: Buurman se oulikste plan met ‘oortreder’
Toe die man sien dis ʼn driejarige wat elke aand sy sekuriteitskamera se sensor laat afgaan, het hy met ʼn blink plan vorendag gekom.
‘Mooimaak 3’ begin op kykNET
Clare Wiese-Wentzel vertel dat die derde seisoen baie nuwe dinge vir kykers inhou. Hoewel daar nog ’n groot fokus op voorkoms is, gaan dit baie verder as net gesig en vel.