Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand gesê die land sal vanaf 20 September 2020 skuif na vlak 1 van die regulasies om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.
Lees meerAlles vir Woensdag 16 September 2020
Video: Kyk pres. Ramaphosa se toespraak hier
Kyk pres. Cyril Ramaphosa se toespraak regstreeks op Maroela Media.
Wetsontwerp lei tot ʼn beperking van ondersteuning aan slagoffers
“Maatskaplike werkers en ander persone wat ondersteuningsdienste bied soos beraders, predikante en dokters, moet reeds almal aan sekere statutêre vereistes voldoen. Hierdie wetsontwerp gaan net groter druk op hierdie beroepe plaas.”
DA gaan klagtes lê oor Zim-vliegtuig
Die Demokratiese Alliansie het Woensdag gesê hy gaan strafregtelike aanklagte aanhangig maak teen die ANC ná senior lede ʼn straler van die Suid-Afrikaanse Lugmag gebruik het om na Zimbabwe te reis vir ʼn vergadering met dié land se Zanu-PF.
Man in hof wat kollega glo omry, voertuie beskadig
ʼn 36-jarige werknemer van die Polokwane-munisipaliteit het Woensdag in die hof verskyn op aanklag dat hy ʼn wetstoepasser omgery en sewe motors beskadig het.
Dwelmmiddels in toiletsitplekke, speelgoed versteek
Twee groot dwelmklopjagte is vandeesweek by die OR Tambo- internasionale lughawe uitgevoer.
ToekomsVenster: Dink anders
Dink vir ʼn oomblik na oor die dinge wat deur jou “kop” gaan. Miskien is dit tyd om God ‘n kans te gee om saam met jou die negatiewe gedagtes vas te vat.
Uitspraak voorbehou in saak oor onteiening
Die Kaapse hooggeregshof het Woensdag uitspraak voorbehou in ‘n hofsaak oor onteiening sonder vergoeding wat verskeie belangrike regspunte insluit.
#OnsSalSelf: Solidariteit stel grootste werkherstelprogram bekend
Die Werkherstelprogram is Solidariteit se unieke oplossing wat tot ʼn volhoubare toekoms sal lei.
Skokvideo uit Mosambiek glo ‘gedokter’
“Kwaadwillige mense” is glo verantwoordelik vir die video.
Werkers, wag se borgtog dán aangehoor
Die verdagtes se borgtogaansoek het vandag in die hof begin.
Buitelanders tronk toe vir diefstal van selfoontoringbatterye
Die gesteelde batterye het ʼn waarde van R160 000.
Die wêreld in foto’s – 16 September 2020
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Pasgebore baba uit vlak graf gered
Die baba se naelstring was nog aan haar.
Tronkstraf vir vragmotorkaper wat polisie lank ontduik
Die eienaar van die vragmotor was op dieselfde roete, het die vragmotor voorgekeer en die kaper self in hegtenis geneem.
Djokovic wen eerste wedstryd ná lynregter-sage
Djokovic het ’n loslootjie in die eerste ronde van die Italiaanse toernooi getrek nadat hy op omstrede wyse die aftog in New York moes blaas.
Luister in 3 minute: Navorsingsgroep meen SA stuur af op ‘mislukte staat’
In hierdie week se “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, ʼn navorsingsgroep se vooruitskatting dat Suid-Afrika afstuur op ʼn mislukte staat indien ekonomiese beleid nie verander nie.
Weermaglid wat vrou glo doelbewus met MIV besmet dán verhoor
Die saak sloer nou al langer as drie jaar en AfriForum het gesê hy verwelkom die vasstelling van ’n verhoordatum.
#JongStemme – ʼn Jaar weg van Suid-Afrika
Ek kan nie glo dis al amper ’n jaar wat ek hier in Nederland werk nie. Was dit die moeite werd om vir een jaar my tasse te pak en na ’n volksvreemde land te vlug waar ek kinders sou oppas?
Skopbokser glo deur polisie aangerand
“Beamptes het vir my gesê as ek my kop oplig, sal hulle my skiet.”