Die president van die Liberty Fighters Network (LFN), Reyno de Beer, het die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, tot die einde van Maandag gegee om op sy navrae oor die Covid-19-krisis te reageer en sodoende regsaksie te vermy.
Lees meerAlles vir Dinsdag 29 Desember 2020
Foto’s: Liefde blom vir dié ‘Bachelor SA’-deelnemers
Al het hulle nie die finale roos gekry nie, het hulle liefde gevind, en die keer nié op ʼn realiteitsprogram nie.
Airlink pas vlugskedule aan weens aandklokreël
Die private streekslugdiens verbind hom daartoe om passasiers voor die aandklokreël in werking tree veilig by hul bestemmings te kry.
Saptu vies oor laat verskaffing van entstof
Die DA het intussen gesê hy neem met kommer kennis van ʼn voorstel dat van die eerste mense wat moontlik entstof teen Covid-19 in Suid-Afrika kan ontvang, veroordeelde gevangenes is.
Franse mode-ontwerper Pierre Cardin sterf
“Daar is nie meer ʼn Pierre Cardin nie.”
Nuwejaarsboodskap: Onder Sy Hand word ons verskilmakers
’n Mens kan nie help om te vra wat sou 2021 vir ons inhou nie? As ons ʼn verhouding soos Moses met ons Skepper kan bou, kan ons onder Sy Hand verskilmakers word.
Beurtkrag vanaand kort ná aandklokreël ingestel
Beurtkrag skop vir die volgende twee aande kort ná die aandklokreël in.
Só lyk vanjaar se Top-40 Afrikaanse liedjies
Watter een is vanjaar dié gewildste Afrikaanse liedjie?
Gauteng glo binnekort gebuk onder tweede virusgolf
Die departement van gesondheid is bekommerd dat die tweede golf van die koronavirus teen volgende week die ergste in Gauteng gaan wees.
Namakwastories: ‘Xau, Xjei en hulle verlamde ouma’
Luister hier na Johny Klein se vertelling van “Xau, Xjei en hulle verlamde ouma” deur Jan C van Wyk. Dit verskyn in “Vertel da’ vir my ʼn storie van Namakwaland”.
Hoofsekretaris van HNP dood weens Covid-19
“ʼn Groot steunpilaar het ontval.”
Proteas klop mank besoekers op drafstap
Toegegee, Sri Lanka was hoegenaamd nie op hul beste nie en die beseringspook het amok onder hul boulers en kolwers gemaak. Tog het Mark Boucher en Quinton de Kock darem weer iets – altans wat vertonings betref – om oor te glimlag.
Epstein se vriendin borgtog van miljoene geweier
Ghislaine Maxwell word daarvan beskuldig dat sy betrokke was by die Amerikaanse miljardêr en finansierder Jeffrey Epstein se sekshandel van minderjarige meisies. Sy ontken skuld.
Dokumentêre reeks gee blik op Kaapse blommeverkopers
In ‘Blomdraers’ word die geskiedenis van die blommeverkopers in die Kaap verken en is die fokus veral op die 150 jaar oue blommemark in Adderleystraat.
Luister: Onteiening, uitsettings en grondgrype – insigte in SA se grondkwessie
Karl Kemp het van die tuinbougebied Philippi, diep in die hartjie van Kaapstad se bendegebied, tot by die veselperske-plantasies van Tzaneen gereis om met mense oor die kwessie van grondbesit te gesels.
Covid-19: Groot kommer oor talle onderwysers wat sterf
“Teen hierdie tempo van sterftes gaan ons ʼn groot probleem hê wanneer skole heropen. Skole gaan moontlik weens Covid-19 nie genoeg onderwysers hê nie.”
Ministers sê oor jongste afsonderingsregulasies
Jou vrae oor die jongste afsonderingsregulasies beantwoord.
SANParke steeds oop op vlak 3
SANParke sê hy doen alles moontlik om te verseker sy bedrywighede gaan voort onder streng gesondheidsprotokolle wat werkers en gaste beskerm.
Erger pandemies dalk nog wêreld se voorland – WGO
Die pandemie het wêreldwyd ongelooflik vinnig versprei en het elke uithoek van die planeet geraak, maar die organisasie waarsku dis nie noodwendig die grootste krisis nie.
Eienaar van kuierplek vas weens oortreding van afsonderingregulasies
“Die plek was vol mense met geen inagneming van die Covid-19-gesondheidsprotokolle nie.”