My grootste wens en hoop vir my en jou vir 2021 is dat ons ons gesigmaskers kan laat sak. Dat ons ons tande in ’n vriendelike glimlag kan ontbloot, skryf Susan Coetzer.
Lees meerAlles vir Woensdag 30 Desember 2020
Eindig 2020 sterk vir ʼn goeie begin in 2021
Min mense sou verlede jaar kon dink dat 2020 so ʼn onstuimige jaar van uitdagings, veranderinge en teleurstellings sou wees. Gelukkig is die einde van hierdie jaar in sig en 2021 – ʼn kans vir ʼn nuwe begin – lê om die draai. Jy staan nou voor ʼn keuse: Gaan jy swig voor die uitdagings van 2020 of gaan jy opstaan en die jaar sterk eindig?
Dít is gewildste flieks wêreldwyd
Suid-Afrikaners het die biografiese rolprent ‘Hotel Rwanda’, met Don Cheadle, Joaquin Phoenix en Sophie Okonedo, as die land se topfliek aangewys met ʼn gradering van 8.1.
Vlak 3: Dié reservate in Pretoria oop
Terwyl alle ontspanningsoorde in Pretoria tot verdere kennisgewing gesluit sal wees, is sommige natuurreservate steeds tussen 09:00 en 18:00 oop vir die publiek.
Talle sterf in ontploffings by Jemen-lughawe
Die ontploffings by die Aden-lughawe in Jemen het plaasgevind oomblikke nadat lede van ʼn nuwe eenheidsregering daar aangekom het.
Aardskuddings ruk Kroasië na groot aardbewing
ʼn Dag nadat ʼn dodelike aardbewing Kroasië getref het, het nog aardskuddings inwoners Woensdagoggend skrik op die lyf gejaag.
Nuwejaarsboodskap: Onthou dié drie waarhede oor God in 2021
Wanneer die hele Bybelverhaal in ag geneem word, is daar drie dinge van God wat altyd waar is: Hy is mét ons, vír ons en vóór ons.
Foto’s: Daardie pad Kaap toe
Op ’n tyd kon ek die dorpe en stede langs die N1 vanaf Pretoria tot Kaapstad soos ’n rympie opsê: Kroonstad, Bloemfontein, Colesberg, Beaufort-Wes, Laingsburg. Wat sou ek nie opgee vir daardie ure in die kar as kleinsus ingeprop tussen drie ander nie? Dit is ʼn reis wat ek enige iemand gun.
Minister: ‘Dit is rede vir Beitbrug-chaos’
Volgens Motsoaledi kan die regering nie geblameer word vir die chaos wat by die Beitbrug-grenspos geheers het nie.
MTI voorlopig gelikwideer
Die Suid-Afrikaanse Bitcoin-handelaar, Mirror Trading International (MTI), is voorlopig gelikwideer.
Só sal sake by grensposte werk
Slegs reisigers met ʼn geldige PCR-toets sal toegelaat word om die land se grense binne te kom.
Petrolprys: Slegte nuus vir motoriste verwag
Brandstofpryse sal aan die begin van die nuwe jaar aansienlik styg.
2020: Die jaar waarin die wêreld byna tot stilstand gekom het
Dit het dekades laas gebeur dat een enkele wêreldgebeurtenis die politieke, ekonomiese en sosiale wêreldorde soveel versteur het, soos wat die Covid-19-pandemie in 2020 veroorsaak het.
Covid-19-entstof vir gebruik in Brittanje goedgekeur
“Dit is goed om die jaar op so ʼn hoopvolle noot te eindig,” het die Britse minister van gesondheid gesê.
Talle bekendes vanjaar verloof, getroud
Kupido het nie vanjaar op sy louere gerus nie en talle Suid-Afrikaanse bekendes het vanjaar die jawoord gegee en voor die kansel gestaan.
Resep: Eierballetjies
Jy het heel waarskynlik al die bestanddele reeds in jou huis!
Luister: Griekwagebed – Ere annie Jirre
“Loop sing dit oppie dyne,
skrou innie strate, sê virrie wêreld:
onse Jesus is nou hie!”
TLU SA: Toets veemedisyne vir Covid-19
Die regering moet alternatiewe oplossings in die stryd teen die Covid-19-pandemie ondersoek eerder as om die land eenvoudig na vlak drie van die inperking terug te vat en die ekonomie sodoende verder te skaad.
Lakmoestoets vir ANC
En intussen ly die hele Suid-Afrika – en dit in die grootste pandemie van die afgelope eeu – onder ’n hopeloos onbekwame en korrupte regering.
Bende van 15 slaan op geldwa toe
Die rowers het op die wa toegesak en dit met plofstof oopgeskiet.