“Dit is belangrik om erkenning te gee vir die manjifieke werk wat op innoverende maniere steeds op verhoë en aanlyn aangebied is.”
Alles vir Maandag 8 Februarie 2021
‘Talle skole nie gereed om te heropen’ – DA
Die DA meen skole moet slegs oopmaak indien hulle dit veilig kan doen.
Patricia de Lille se man sterf
Die egpaar was vir 49 jaar lank getroud en het een kind.
Talle sterf ná gletser in Indië afbreek
Honderde mense word in dié stadium nog vermis.
Nuuskommentaar: Kop in een (tee)mus
Waarom moet dié klomp nou skielik oor tee vergader? Ook nog op so ʼn openbare manier – asof hulle ʼn boodskap wil oordra.
Kolfwerk-ineenstorting kelder Proteas wéér
Van 241/3 tot 274/10. Sodoende het die Suid-Afrikaners die laaste toets teen Pakistan met 95 lopies verloor om die reeks met 2 – 0 vir die tuisspan op ’n skinkbord te gee.
Gemeenskap spook ure om kinders uit spruit te red
“Ten spyte van die sterk stroom het almal ingespring en alles in hul vermoë gedoen om die insittendes van die motor te red.”
Woord: negosiewinkel
Besoek jy soms ʼn negosiewinkel? Taaltoffie ondersoek die herkoms en gebruik van dié interessante woord.
Ongelukke in Noordwes eis lewe van 14
Altesaam 14 mense, onder wie twee jong kinders, is Sondagaand dood in twee verskillende ongelukke op die N12 in Noordwes.
Keegan en Samier: ‘Die strokiesprent-kompetisie’, ‘Die nuwe vriend’
André Trantraal roep in sy ‘Keegan en Samier’-reeks die wêreld van die Kaapse Vlakte op en skep kinderboeke soos daar nog nie in Afrikaans verskyn het nie.
Ongevalle toe ná sy gom in plaas van haarsproei gebruik
Die vrou het nou ‘n permanente haarstyl nadat sy sterk gom in plaas van haarsproei gebruik het.
Stapper val na sy dood op Leeukop
Die man se medestappers het paniekerig geraak toe hulle hom nie meer kon sien nie.
Vermeende bloulig-kapers vas
Die verdagtes kan moontlik binnekort met nóg ernstige misdade verbind word.
Man ernstig beseer toe domkrag ingee
Die man was besig om die vragmotor se wiel te ruil toe die domkrag ingegee het.
Resep: Perske-en-appel-kluitjiepoeding
Hierdie poeding is heerlik saam met roomys, room of vla.
Britse en Ierse Leeus: Toerbarometer
Daar sal binnekort ʼn besluit oor die komende Britse en Ierse Leeus se rugbytoer in Julie na Suid-Afrika geneem moet word, maar intussen is die Sesnasiesreeks soos manna uit die hemel vir Warren Gatland en sy afrigtingspan, want vir beter proewe kon hulle nie gevra het nie.
Dubbele terugslag tref Proteas
Rassie en Faf terug in die kleedkamer.
Ramaphosa oor Covid-19-korrupsie: ‘Net span stywer’
Die land se ervaring rakende die verkryging van noodsaaklike voorrade en dienste tydens die nasionale ramptoestand is ʼn skandelike hoofstuk wat deeglik moet afgesluit word, het Ramaphosa gesê.
Inenting met AstraZeneca-entstof tydelik opgeskort
Die eerste fase van Suid-Afrika se inentingsprogram teen Covid-19 is tydelik opgeskort nog voordat dit kon begin
Sewe sterf toe motor van brug spoel
“Dit is so hartseer vir enige ouer om ʼn kind op hierdie manier te verloor.”