Verskeie instansies, organisasies en politieke partye het reeds daarteen gewaarsku, maar daar is ook diegene wat waarskuwings daarteen as bangpratery afmaak.
Alles vir Dinsdag 6 Julie 2021
Liefdespaadjie skei vir Richann, René van BSV
Dié twee het kort na hulle deelname aan “Boer soek ʼn vrou” ʼn sanggroep begin en groot hoogtes met hulle eerste enkelsnit bereik.
Appel, Riaan Benadé wedywer om kroon op top-20
“Vat ’n bietjie” se musiekvideo is sowat drie weke gelede uitgereik en het reeds byna 215 000 kykbeurte op YouTube.
Proteas se Ierse avontuur begin binnekort
Juis daarom is die komende witbalkrieketreekse teen Ierland van soveel belang vir Mark Boucher: Om vóór die T20-Wêreldbekertoernooi die antwoorde op ’n paar tergende vrae te vind.
Aarde bewe in die Noord-Kaap
Geoloë beskryf die aardskudding, wat in die omgewing van Springbok plaasgevind het, as “uitsonderlik”.
ANC gaan optree teen Nkandla-oortreders
Die NUK het ook besluit om die ontbinding van Umkhonto weSizwe se veteranevereniging sowel as die MK-raad te bekragtig.
Reën sak uit in Mpumalanga, KZN
Dele van die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal kan in die volgende week nóg koue en reën verwag.
Kampioen verorber 76 warmbrakke binne 10 minute
Hy het sy eie rekord verbeter.
Courier Guy nié gepos ná lasterklag
Die Advertensiebeheerraad (ARB) het die afgelope week beslis dat die betrokke advertensie niks met godsdiens te doen het nie.
Wen groot met HelpJag
Met R100 kan jy nie net help om ʼn behoeftige kleuter kos te gee nie, jy staan ook die kans om lekker pryse te wen wat enige jagliefhebber se hart vinnig sal laat klop.
Herrie oor swemkappie vir afro-kapsels
Die internasionale swembeheerliggaam se besluit om nie ’n swemkappie wat spesiaal ontwerp is vir swemmers met “dik en welige hare” by internasionale kompetisies toe te laat nie, kan heroorweeg word.
Werker sterf in Paarl-silo
Die man is met ʼn hystoestel in die silo laat afsak om van die vismeel van die muur af te krap.
Kuberaanval raak 1 500 ondernemings wêreldwyd
Die aanval, wat moontlik deur ʼn Russiese kuberbende uitgevoer is, het ook Suid-Afrikaanse ondernemings geraak.
Sisulu ‘mislei’ publiek; besluit oor Kubane ‘onwettig’
Solidariteit voer in hofstukke aan die Kubaanse werkers word uitgebuit sodat die regering “ou politieke skuld”, wat hoofsaaklik deur die ANC aangegaan is, kan terugbetaal.
Munisipale skurke moet vir wangedrag boet
Die OG se bevindinge kan nie net keer op keer tot ’n voetnota versag word bloot omdat die gewone en grootliks uitgediende oplossings nie meer van toepassing is nie.
Engeland wil afsonderingsmaatreëls eersdaags ophef
Boris Johnson wou verlede maand reeds die afsonderingsregulasies ophef, maar was verplig om dié plan uit te stel weens ʼn toename in gevalle van die Delta-variant.
Nog ʼn beroep vir prioritisering van landbou met inentings
“Hierdie belangrike rolspelers woon hoofsaaklik in landelike gebiede waar hulle die kwesbaarste vir die virus is en nie naby spesialisbehandelingsfasiliteite is nie.”
Minister, polisiehoof wag vir hofbesluit oor Zuma
Die staatsprokureur sê in die brief sy kliënte besef die huidige regsproses kan nie as ʼn gewone appèlproses beskou word wat gewoonlik ʼn uitwerking op die uitvoering van ʼn hofbevel sou gehad het nie.
150 sterf in 400 skietvoorvalle in VSA
Onder die honderde mense wat die afgelope naweek tydens onafhanklikheidsvieringe gewond is, is vyf kinders.
Zverev loop sy rieme teen 20-jarige styf
Zverev, wat vierde in die toernooi gekeur is, het die een afslaan-flater na die ander gemaak om uiteindelik in vyf stelle met 6-4, 7-6, 3-6, 3-6 en 6-4 teen Felix Auger-Aliassime te verloor.