Adv. Gerrie Nel sê die betrokke gevalle bevat van die gruwelikste seksuele misdade teen kinders wat hy al in sy loopbaan teëgekom het.
Alles vir Donderdag 8 Julie 2021
Al hoe meer wil entstof hê
Suid-Afrika se versuim om inentings oor naweke vol te hou, pootjie egter die vinnige vooruitgang van die Covid-19-entstofprogram.
Kaapstad wil ál meer digitale nomades werf
Kaapstad is een van die beste stede ter wêreld vir werknemers wat nie kantoorgebonde is nie.
Gaan ons vir Roger weer op Wimbledon sien?
“Om eerlik te wees, ek weet nie of dit my laaste Wimbledon was nie.”
2 500 slaggate in Jhb herstel
Die Pothole Patrol-projek is amptelik in Mei vanjaar van stapel gestuur en meer as 10 000 gebreke in die pad, waaronder slaggate en slote, is sedertdien herstel.
Boekresensie: Kook en geniet (Volledig hersien)
Talle Suid-Afrikaners het ’n emosionele verbintenis met “Kook en geniet” omdat dit al geslagte lank deel van ons ryk koskultuur en -erfenis is.
Boek: Wat is ʼn Dingeth?
‘Dingeth’ – ʼn absolute wolhaarstorie deur David Williams. Dit is deur Kobus Geldenhuys na Afrikaans vertaal.
DA-LP oorlede ná stryd teen Covid-19
“Suid-Afrika het ʼn goeie staatsamptenaar verloor wat sy land met ywer en passie gedien het.”
Taalgebruik: film, rolprent
Wanneer gebruik ons “film”, “rolprent” en “fliek” in Afrikaans? Taaltoffie stel ondersoek in.
‘Die pad na selfbestuur’: Selfbestuur of ANC-bestuur?
Elkeen van ons se lewe is te belangrik om dit net aan die ANC se beskikking oor te laat.
Griekwas bederf WP se partytjie
Die Streeptruie klou steeds aan hul eerste plek op die Curriebeker-punteleer vas, terwyl Griekwas derde is ná hul heldedade in Kaapstad.
KI-kishoue kleur Wimbledon-aksie in
Die 2021-toernooi beloof om ons op nuwe maniere voor ons skerms vasgenael te hou, hetsy dit nou ʼn TV of ander digitale toestel is.
Dronk buffels blaas die fluitjie oor onwettige alkohol
Een van die mans het ʼn plaaslike veearts gekontak toe hul buffels “vreemd begin optree en skuim uit hul bekke gekom het”.
Skietvoorvalle in Moederstad eis twee
’n 16-jarige seun was een van die slagoffers in ’n skietery in Delft.
Exness skenk $50 000 aan SA projekte teen Covid-19
“Covid-19 is steeds besig om die Afrika-kontinent te teister en ons voel dit ons plig, as ’n maatskappy wat soveel klem plaas op teruggee aan die gemeenskap, om aan te hou om ’n impak te maak op enige manier wat ons kan.”
Meghan se kinderboek haal nie koninklike boekwinkel
Slegs 3 212 eksemplare van die boek is in Brittanje verkoop sedert sy eerste week van publikasie op 8 Junie.
Miami-gebou: Soektog na oorlewendes afgelas
Tropiese storm Elsa het Florida intussen getref, maar gelukkig in sterkte afgeneem.
Gestrande seeskilpad gered
“Hy was uitgeput en het min tot geen reaksie getoon nie, so toe los ons hom vir die aand in ʼn vlak swembad in die rehabilitasiesentrum om te rus.”
Besonderse sterrestelsel met MeerKAT-teleskoop ontdek
Wat dié ontdekking besonders maak, is die feit dat die teleskoop die sterrestelselgroep in die vroeë stadiums van sy vorming opgespoor het.
Vir vleis mag jy reis
Jagters wat wil skiet vir die pot word voortaan toegelaat om in en uit Gauteng te reis.