Daar is groeiende teenkanting teen die voortgesette handhawing van die rampregulasies wat Suid-Afrikaners oënskynlik steeds met ʼn ystervuis probeer beheer.
Alles vir Dinsdag 15 Maart 2022
Wie’s baas en wie’s die hond?
ʼn Yslike groot hond bied emosionele ondersteuning vir ʼn kat.
Jong atlete klim na sukses
“Hulle oefen ongelooflik hard saam met hul afrigters om hul doelwit te bereik; hulle wil die beste in hul gekose sportsoort wees.”
Treinroete na Kaapse voorstad ná twee jaar hervat
Van Metrorail se treindienste is met die aanvang van die Covid-19-pandemie opgeskort.
Rhapsody’s Centurion, terug in volle glorie
“Of jy jou maat op ʼn afspraakaand wil trakteer met ʼn uitgekose reeks van internasionale wyne, of ʼn plek nodig het om daardie saketransaksie te sluit, Rhapsody’s Centurion is die plek wat aan al jou standaarde sal voldoen.”
Ramptoestand wéér verleng
Oproepe dat die nasionale ramptoestand opgehef word, het op dowe ore geval.
Sibanye-Stillwater laat werkers van Solidariteit, Uasa weer toe
Solidariteit en die vakbond Uasa het verlede week die arbeidshof op ʼn dringende grondslag genader om ʼn interdik teen die uitsluiting van sy lede by Sibanye-Stillwater te bekom.
Nuuskommentaar: ANC oorsaak van protesgeweld in Suid-Afrika
Die enkele kwessie wat die sterkste verwantskap met “diensleweringsbetogings” toon, is die ANC se interne politieke stryd. Elite magsbedinging, eerder as polities ekonomiese omstandighede, is die grootste bydraende faktor tot diensleweringsbetogings in Suid-Afrika.
VSA maak stem dik oor Chinese steun vir Rusland
“Ons sal nie toelaat dat enige land Rusland vir sy verliese vergoed nie.”
Boete gevra oor WhatsApp markoorheersing in SA ‘misbruik’
Die kommissie het die tribunaal gevra om die maksimum boete aan Meta Platforms, WhatsApp en Facebook in Suid-Afrika op te lê. Dié boete beloop 10% van hul gesamentlike omset.
Kurt wys land se mooistes uit op Top-20
Dié tipiese sokkieliedjie uit Kurt se pen betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20.
Foto’s: Heldeakker-begraafplaas word blinkgepoets
Grafte soos dié van dr. HF Verwoerd, pres. Paul Kruger, sy vrou, Gezina, en hulle kinders, asook Andries Pretorius, Eugène Marais, Willem Cornelis Janse van Rensburg en Jopie Fourie is skoongemaak.
Proteas besig om WB-momentum op te bou
“Ons beweeg beslis in die regte rigting,” het Marizanne Kapp ná haar spoggerige veelsydige vertoning teen Engeland gesê.
Al meer besoek Kaapstad weer
Minstens 25 000 mense reis nou daagliks deur die Kaapstadse Internasionale Lughawe.
Woordmal verruim Wordle-aanbod
Dié weergawe maak voorsiening vir skryftekens en kan in Afrikaans of Engels gespeel word.
Klassieke duo in Aardklop-uitvoering te sien
Alombekende werke vir viool en klavier deur Mozart en Franck word deur een van Suid-Afrika se gewildste klassieke musiekduo’s uitgevoer.
Pretoria-meisie jaag modeldrome in Groot Appel na
Oud-Affie Karmen van Veenhuyzen gaan vanjaar in New York aan een van die grootste talentkompetisies in die modelbedryf deelneem.
Daniil verloor; Novak weer wêreld se no. 1
“Dit is een van die sport se taaiste uitdagings – die vermoë om weekliks op só ’n hoë vlak te kan speel. Dit is egter iets wat Novak Djokovic, Rafael Nadal en Roger Federer regkry.”
Resep: Mieliepaptert
Maak hierdie heerlike paptert as bykos met jou volgende naweek- (of week-) braai.
Video: Pretdag by monument te danke aan flukse studente
Selfs die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, het sy formele pak klere vir ʼn stel oefenklere verruil terwyl hy die roete aangedurf het.